Oorsprong oorsig en doel van die werkloosheidsfonds

Artikel verskaf deur Narike Kachelhoffer, Evimeria Accounting and Labour Assist

Die werkloosheidsfonds het tot stand gekom op 1 April 2002. Die fonds word gereguleer deur die Wet op Werkloosheidsversekering 2001 en die Wet op Werkloosheidsversekeringbydraes 2002.
Die fonds verskaf tydelike geldelike bystand vir werkers wat om spesifieke redes nie meer ‘n inkomste in die ekonomie kan verdien uit indiensneming nie. Die verskillende senarios waarin ‘n werker werkloosheidsversekering kan eis, is omstrede en word gemeet aan die tydperk wat die werker wel ‘n bekende bydrae gelewer het aan die fonds. Buiten die senarios waarin ‘n werker kan eis, is daar ook senarios waar die werker wel nie kan eis nie, soos byvoorbeeld bedanking.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die toepassing van die werkloosheidsfonds

Alhoewel daar baie omstrede redes bestaan waar werkgewers en werknemers mekaar nie altyd tegemoet kom wanneer dit by die fonds kom nie, is een ding vir seker – geen werkgewer mag kies om dit nie te verhaal nie en geen werker is ontsien daarvan om ‘n bydrae te lewer nie, gesien dat die werker in beide gevalle meer as 24 uur per maand werk, ‘n basiese salaris verdien, nie ‘n immigrant op kontrak is, of ‘n student in diens is nie. Dit is dus ‘n verpligte aftrekking, wat verklaar en oorbetaal moet word aan die werkloosheidsfonds.

Die wetlike bydrae verpligting teenoor die werkloosheidsfonds

Die werkloosheidsfondsbydrae word bereken op 1% van die werker se verdienste en 1% bydrae vanaf die werkgewer op die werker se verdienste. Dus ‘n 2% bydrae gereken tot verdienste en wat baie billik is gesien in die lig dat die uitbetaling wat werkers kan ontvang, meer is as die bydrae gelewer.

Die werkgewer en die werkloosheidsfonds

Buiten die verpligting om jou werkers se 1% bydrae van hulle verdienstes te verhaal, moet dit tesame met die besigheid se statutêre verklarings, verklaar en oorbetaal word aan die fonds. Die Suid-Afrikaanse Inkomstebelastingdiens is slegs ‘n betaalopsie ten opsigte van die fonds. Dit is nie ‘n verklaring aan die fonds nie. Dus moet die verklarings van bydraes deur die werkgewer maandeliks bygehou word deur middel van die Werkloosheidfonds se platform by www.uif.co.za.

Die verklarings ten opsigte van verdienstes in besighede (EMP501) is nie ‘n verklaring nie en steeds moet die verklarings aan die fonds self geskied. Eienaars van besighede kan swaar boetes opgelê word indien dit nagelaat word of versuim was om die nodige aftrekkings, verklarings en betalings te doen aan die fonds.

Die werker en die werkloosheidsfonds

Dis nie alle werkers wat in die diens van besighede staan wat ‘n verpligte bydrae hoef te maak nie
  • Studente in diens van besighede ten opsigte van hulle studies (studente wat wel in diens geneem word en heeltemal onafhanklik studeer word gesien as normale werkers)
  • Werkers wat kommissie verdien en geen basiese salaris nie
  • Werkers op leerprogramme wat deur die besigheid ondersteun word
  • Immigrante werkers wat in diens geneem is op kontrak
  • Staatsinstansie werknemers bv. munisipale werkers
  • Werkers wat minder as 24 uur per maand werk

Die volgende gevalle is verskoon van die verpligte bydraes:

Die volgende gevalle is verskoon van die verpligte bydraes:

  • Studente in diens van besighede ten opsigte van hulle studies (studente wat wel in diens geneem word en heeltemal onafhanklik studeer word gesien as normale werkers)
  • Werkers wat kommissie verdien en geen basiese salaris nie
  • Werkers op leerprogramme wat deur die besigheid ondersteun word
  • Immigrante werkers wat in diens geneem is op kontrak
  • Staatsinstansie werknemers bv. munisipale werkers
  • Werkers wat minder as 24 uur per maand werk

Daar is ook ‘n sterftevoordeel beskikbaar vir die oorlewendes van ‘n afgestorwe werker wat bydraes tot die fonds gemaak het.

Wanneer kan die werker nie teen die fonds eis nie?
  • Bedanking
  • Werker wat dros (wanneer ‘n werknemer afwesig is van die werksplek sonder die voorneme om terug te keer werk toe) verbonde aan gevallestudies
  • As geen bydrae na die fonds verhaal of gemaak was gedurende indiensnemingstydperk nie
  • Tydelike skorsing hangende ‘n verhoor

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.