20 Wenke vir werkgewers

Wenke om aan arbeidsreg te voldoen – nie-nakoming hou ‘n ernstige besigheidsrisiko in vir werkgewers, wat dikwels onderskat word en onaangespreek gelaat word… Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen, ongeag die aantal werknemers. Werkgewers moet die kopskuif maak om nie net aan arbeidswetgewing te voldoen nie, maar om dit te gebruik om hul besighede en hul regte as werkgewers te beskerm.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

20 wenke waaraan werkgewers aandag moet skenk:

  1. Maak seker jy het ‘n dienskontrak in plek met elke werknemer – die dienskontrak is die heel belangrikste dokument in die werksplek en vorm die basis van die verhouding tussen die werkgewer en werknemer. Hierdie is een van die top wenke om jou regte as werkgewer te beskerm. Maak egter seker dat jy nie net ‘n generiese dienskontrak aanvaar nie, maar eerder ‘n doelontwerpte een volgens jou besigheid kies.

  2. Gebruik vastetermynkontrakte versigtig en in ooreenstemming met wetgewing – werkgewers moet duidelik verstaan dat dit onwettig is om permanente indiensname te probeer verdoesel in die vorm van ‘n vastetermynkontrak.

  3. Maak voorsiening vir aftrekkings in die dienskontrak – geen aftrekkings, behalwe vir statutêre aftrekkings, kan sonder die werknemer se toestemming gemaak word nie.

  4. Spreek tydsperiodes aan in die dienskontrak met betrekking tot korttyd, rusperiodes, saamgeperste werksweke, ens.

  5. Implementeer ‘n formele aftree-ouderdom.

  6. Maak seker dat elke werknemer ‘n posbeskrywing het met haalbare doelwitte. Werknemers moet weet wat van hulle verwag word en op watter standaard hulle werk moet wees. Deurlopende evaluering en opleiding is noodsaaklik om werksprestasie te beoordeel. Gee erkenning aan werknemers wat doelwitte bereik en presteer.

  7. Betaal ten minste die nasionale minimum loon.

  8. Hou ‘n afskrif van die Sektorale Vasstelling of Hoof Kollektiewe Ooreenkoms (indien van toepassing op jou besigheidsindustrie) in die werksplek en stel dit beskikbaar aan werknemers.

  9. Vertoon die plakkate van wetgewende opsommings in die werksplek – Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Billike Werksgeleenthede en Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid.

  10. Gebruik die dissiplinêre kode om die gebruik van persoonlike beskermende toerusting af te dwing.

  11. Verifieer of jy geag word as ‘n “aangewese werkgewer” ingevolge die Wet op Billike Werksgeleenthede en aan sekere vereistes moet voldoen.

  12. Maak seker jou dissiplinêre kode is relevant en op datum – elke werksplek moet ‘n toepaslike dissiplinêre kode hê. Die dissiplinêre kode is belangrik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is wat werknemers moet volg. Wanneer hierdie reëls oortree word, kan die werkgewer dissipline toepas in ooreenstemming met die toepaslike sanksies wat in die kode gelys word.

  13. Elke besigheid is uniek – implementeer beleide wat regverdig is, om spesifieke kwessies in jou omgewing aan te spreek.

  14. Hou gereelde konsultasies met werknemers – effektiewe kommunikasie skep ‘n omgewing wat ontvanklik is vir groei. Dit skep ‘n platform vir werknemers om hul gedagtes en idees, asook spesifieke behoeftes, te bespreek.

  15. Reik waarskuwings uit wat in lyn is met die dissiplinêre kode.

  16. Wees konsekwent met die toepas van dissipline om onregverdige diskriminasie in die werksplek te vermy.

  17. Volg altyd die regte prosedure, veral wanneer die diensooreenkoms tot ‘n einde kom.

  18. Implementeer ‘n bywoningsregister wat ook ure gewerk aanteken – die betaalstrokie moet ook hierdie inligting weerspieël.

  19. Maak seker dat jy, as die werkgewer, geregistreer is by die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) en dieVergoedingskommissaris.

  20. Implementeer ‘n grieweprosedure – dit is noodsaaklik dat die werkgewer interne prosedures daarstel om werknemers die geleentheid te gee om enige ongelukkigheid of onbevredigende werksomstandighede onder die aandag van die werkgewer te bring.
Wenke vir die beste wenk? Kry toegang tot ‘n ondersteuningsbasis vir praktiese advies en bystand om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen – neem kennis dat jy deur lidmaatskap by die LWO 24/7 toegang tot ons regsafdeling kry vir advies en bystand. Arbeidswetgewing is op elke werkgewer van toepassing; foute is dikwels duur en kan beperk of vermy word deur proaktief te wees.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.