Korttyd
Redes om korttyd te implementeer
Korttyd – is COVID-19 ‘n regverdigbare rede?
Die ooreenkoms
Werksure vorm deel van die dienskontrak en kan die werkgewer nie veranderinge eensydig aanbring nie. Om korttyd te kan implementeer, moet daar daar ‘n ooreenkoms in plek wees tussen die werkgewer en werknemer waar die werknemer toestemming gee en daartoe toestem. Ons beveel aan dat werkgewers proaktief optree en ‘n korttyd klousule by die dienskontrak insluit, veral omdat omstandighede wat lei tot die implementering van korttyd dikwels onvoorsiene is – dit kan die werkgewer baie tyd en geld spaar!
Geen korttyd ooreenkoms in plek nie?
Bespreek die volgende:
- Wanneer sal korttyd geïmplementeer word;
- Hoe lank sal korttyd geïmplementeer word;
- Hoeveel werknemers sal geaffekteer word/watter afdelings sal geaffekteer word;
- In watter vorm sal korttyd geïmplementeer word (byvoorbeeld, sal daar ‘n vermindering in werksure wees, of sal daar ‘n vermindering in werksdae wees wat die werknemer per week werk).
Wat van WVF?
Werknemers is geregtig daarop om voordele by die Werkloosheidsversekeringsfonds word en die vergoeding wat ontvang word vir die verminderde ure gewerk. Die WVF voordele sal bepaal word op ‘n glyskaal.
Wat is die voordeel?
Neem kennis!
Neem kennis dat elke werksplek verskil en die werkgewer se unieke omstandighede sal bepaal wat die korrekte oplossing is om te oorweeg. Dit is van kardinale belang dat werkgewer die korrekte prosedure volg in terme van arbeidsreg, omdat nie-voldoening ‘n ernstige besigheidsrisiko inhou vir werkgewers.
Die Departement van Arbeid vereis dat werkgewer ‘n gedetailleerde opgawe hou van die ure wat werknemers werk. Die rekordering van hierdie ure kan per hand gedoen word of elektronies deur ‘n kloksisteem te gebruik.
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.