Korttyd

Die Coronavirus (COVID-19) pandemie het alreeds ernstige implikasies, hetsy direk of indirek, gehad vir baie Suid-Afrikaners, asook ‘n negatiewe ekonomiese impak op die land oor die algemeen. Korttyd is ‘n opsie vir werkgewers om te oorweeg wanneer hulle bekommerd is daaroor om operasioneel volhoubaar te bly gedurende hierdie verklaarde ramp, veral met verwysing na die verlies van inkomste en die werkgewer se verpligtinge teenoor werknemers.

Redes om korttyd te implementeer

Wanneer ‘n werkgewer nie in staat is om sy werknemers vir die normale werksure per week in diens te neem nie as gevolg van ‘n gebrek aan handel, ‘n tekort aan rou materiale/grondstowwe, ‘n algemene ineenstorting van die aanleg of masjinerie wat veroorsaak word deur ‘n ongeluk of enige ander onvoorsiene noodgeval, mag die werkgewer korttyd vir hierdie tydperk implementeer (onderhewig daaraan dat die werkgewer die korrekte prosedure volg).
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Korttyd – is COVID-19 ‘n regverdigbare rede?

Met verwysing na die COVID-19 pandemie as ‘n onvoorsiene noodgeval, kan die werkgewer dus korttyd implementeer wanneer die normale werksvolume drasties afgeneem het, maar daar steeds aktiwiteite moet plaasvind. Werknemers sal dan minder ure werk en dienooreenkomstig vergoed word vir ure gewerk, onderhewig aan ‘n betaling van ‘n minimum van vier ure in terme van Artikel 9A van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes. Wanneer korttyd gewerk word, moet die beskikbare werk sover moontlik eweredig verdeel word tussen alle werknemers.

Die ooreenkoms

Werksure vorm deel van die dienskontrak en kan die werkgewer nie veranderinge eensydig aanbring nie. Om korttyd te kan implementeer, moet daar daar ‘n ooreenkoms in plek wees tussen die werkgewer en werknemer waar die werknemer toestemming gee en daartoe toestem. Ons beveel aan dat werkgewers proaktief optree en ‘n korttyd klousule by die dienskontrak insluit, veral omdat omstandighede wat lei tot die implementering van korttyd dikwels onvoorsiene is – dit kan die werkgewer baie tyd en geld spaar!

Geen korttyd ooreenkoms in plek nie?

Indien daar nie vooraf ooreengekom is om korttyd te implementeer nie, moet die partye konsulteer oor die wysiging aan werksure. Die konsultasieproses is baie belangrik en die werkgewer moet seker maak dat daar met alle partye gekonsulteer word. Dit beteken dat indien daar ‘n vakbond in die werkplek is, hulle ingesluit moet word by die konsultasieproses.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Bespreek die volgende:

Wanneer daar op die implementering van korttyd ooreengekom word, moet die volgende bespreek word:

  • Wanneer sal korttyd geïmplementeer word;
  • Hoe lank sal korttyd geïmplementeer word;
  • Hoeveel werknemers sal geaffekteer word/watter afdelings sal geaffekteer word;
  • In watter vorm sal korttyd geïmplementeer word (byvoorbeeld, sal daar ‘n vermindering in werksure wees, of sal daar ‘n vermindering in werksdae wees wat die werknemer per week werk).

Wat van WVF?

Werknemers is geregtig daarop om voordele by die Werkloosheidsversekeringsfonds word en die vergoeding wat ontvang word vir die verminderde ure gewerk. Die WVF voordele sal bepaal word op ‘n glyskaal.

Wat is die voordeel?

Een van die voordele van korttyd is dat daar nie afleggings plaasvind nie en werknemers kan terugkeer na normale werksure sodra die werkgewer se omstandighede gestabiliseer het en suksesvol opgelos is, wat die korttyd periode beïndig.

Neem kennis!

Neem kennis dat elke werksplek verskil en die werkgewer se unieke omstandighede sal bepaal wat die korrekte oplossing is om te oorweeg. Dit is van kardinale belang dat werkgewer die korrekte prosedure volg in terme van arbeidsreg, omdat nie-voldoening ‘n ernstige besigheidsrisiko inhou vir werkgewers.

Die Departement van Arbeid vereis dat werkgewer ‘n gedetailleerde opgawe hou van die ure wat werknemers werk. Die rekordering van hierdie ure kan per hand gedoen word of elektronies deur ‘n kloksisteem te gebruik.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.