Monopoly: Arbeidsreg uitgawe (South Africa)

Om deur die sakewêreld in Suid-Afrika te navigeer, kan baie voel soos om Monopoly te speel, waar elke besluit jou sukses kan maak of breek. Maar, anders as ‘n eenvoudige bordspeletjie, behels die begin en bestuur van ‘n besigheid begrip en voldoening aan komplekse arbeidswetgewing.

In hierdie “arbeidsreg” weergawe van Monopoly, moet spelers nie net hul sakeryk opbou nie, maar ook die komplekse wêreld van arbeidswetgewing navigeer.

1. REGISTRASIE:

Voordat spelers kan begin, moet hulle by die Vergoedingskommissaris en die Werkloosheidsversekeringsfonds registreer.
  • Indien jy in ‘n spesifieke bedryf is, sal jy moontlik aan ‘n paar addisionele verpligte registrasies moet voldoen. Kontak ons vandag om seker te maak waar jy volgens jou bedryf geregistreer sal moet wees.
  • Bonuswenk: indien jy deur een of ander wonderwerk begin het, maar nooit geregistreer het nie, kan en moet jy steeds registreer, maar sal boetes opgelê word.

2. BEGIN:

Dit is maklik om net te wil wegspring met jou besigheid en die dobbelsteen te rol, en soms het ons nie ander opsies nie, maar dit sal later by jou kom spook. Wat moet ons dan doen om te begin?
2.1. Dienskontrakte:
  • Elke speler moet verseker dat elke werknemer ‘n getekende dienskontrak het.
  • Dienskontrakte moet aan alle toepaslike wetgewing voldoen.
  • Net soos met skaak is dit die skuiwe wat ons aan die begin maak wat die spel later bepaal. Op dié manier kan spelers voordeel verkry deur wetgewing tot hul voordeel aan te wend met die opstel van dienskontrakte. Bonuspunte – geen boetes nie.
  • Dienskontrakte moet verskeie aspekte aanspreek soos vergoeding, tipes verlof, oortyd, aftree-ouderdom, pligte en die baie belangrike dissiplinêre kode en prosedures met beleide (rook, teistering, selfoongebruik, ens.).
2.2. Dokumentasie:
Spelers moet verseker dat hulle altyd sekere dokumente byderhand het, ten einde gereed te wees vir ‘n besoek van die inspekteur en die risiko loop om ‘n boete opgelê te word, of erger nog, om tronk toe gestuur te word. Hierdie dokumente sluit in:
  • Bywoningsregisters;
  • Betaalstrokies wat voldoen aan wetgewing;
  • Verlofvorms;
  • Dissiplinêre kode.
Spelers moet ook afskrifte hou van relevante wetgewing, soos die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, die Wet op Billike Werksgeleenthede en die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid, asook personeellêers.
HET JY ‘N Noodsaaklike Arbeidsdokumente IN PLEK?
LAAT LWO JOU HELP!

3. PROSEDURES:

Goed, ons het alles wat ons nodig het om te begin, maar daar is steeds reëls om te volg tydens die spel. Spelers moet korrekte prosedures volg vir dissiplinêre verhore, appèlle, griewe, aanstellings, afdankings en beserings aan diens.

Deur die korrekte prosedures te volg, word voordeel verkry, terwyl die afskeep daarvan lei tot penalisering. (Voorbeeld – ‘n werknemer het by jou gesteel en jy het hom afgedank sonder ‘n billike dissiplinêre verhoor? Beweeg reguit na die KVBA en verbeur jou volgende beurt.)

4. NAKOMING:

Om ‘n billike en veilige spel te verseker, is dit belangrik om die volgende in gedagte te hou, aangesien versuim om dit te doen kan lei tot boetes, tronkstraf, of albei.
  • Spelers moet verseker dat hulle ten minste die toepaslike minimum loon betaal.
  • Nakoming van die Wet op Billike Werksgeleenthede, Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid en die Wet op Vaardigheidsontwikkeling is absoluut noodsaaklik.
  • Spelers moet weet wat hul regte rakende vakbonde is en hoe om op te tree wanneer hulle ‘n vakbondonderhandelingskaart optel.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Gebruik die handige kontrolelys hieronder om te sien of jy opgestel is vir sukses:

Vereiste:

Ja / Nee:

Registrasie:

Is jy geregistreer vir WVF en COIDA?

 

Begin:

Het al jou werknemers geldige en getekende dienskontrakte?

 

Het jy ‘n dissiplinêre kode met beleide in plek?

 

Hou jy rekord van bywoningsregisters, betaalstrokies en verwante personeellêers?

 

Vertoon jy plakkate van al die relevante wetgewing?

 

Prosedures:

Het jy prosedures in plek vir dissiplinêre verhore, beserings aan diens en griewe?

 

Word hierdie prosedures korrek uitgevoer?

 

Nakoming:

Betaal jy die minimum loon van toepassing op jou bedryf?

 

Voldoen jy aan die WBW, COIDA (Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes) en OHSA (Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid)?

 

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.