Diensverhouding – stel dit op skrif

Diensverhouding – stel dit op skrif

Diensverhouding – stel dit op skrif

Die diensverhouding tussen werkgewer en werknemer word gebaseer op wedersydse voordele en respek. Duidelike reëls en riglyne verseker dat wrywing en misverstande tot ‘n minimum beperk word. Dit bevorder produktiwiteit en ‘n positiewe werksomgewing.

Optekening van die diensverhouding

Die dienskontrak vorm die grondslag van verhouding tussen die werkgewer en die werknemer. Dit is ‘n bevestiging van die bepalings en voorwaardes van diens waarop ooreengekom is. Dit is noodbelangrik dat hierdie ooreenkoms opskrif gerekoreer word. Daar bestaan ‘n algemene mite dat die werknemer nie ‘n permanente werknemer is as daar geen dienskontrakte is nie. Dit is nie die geval nie Die diensverhouding kom tot stand die oomblik wat die werknemer begin werk. Ongeag of die werksverhouding deur ‘n mondelinge of skriftelike ooreenkoms bepaal word. ‘n Skriftelike kontrak is ‘n bewys van die ooreenkoms, asook van die bepalings en voorwaardes van diens waarop ooreengekom is.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

Monitering van die diensverhouding

Die monitering van die diensverhouding is ‘n voortdurende proses. Werkgewers moet toesien dat die volgende op skrif gestel word:

  • Die dienskontrak
  • Uiteensetting van pligte
  • Reëls – die werkgewer moet kan bewys dat die werknemer ingelig en bewus is van die reëls en beleide van die werksplek.
  • Dissiplinêre kode – die werkgewer moet ‘n opgedateerde dissiplinêre kode hê. Dit moet ‘n opgawe bevat van oortredings met die gepaste sanksies wat toegepas moet word wanneer reëls en prosedures nie nagekom word nie.
  • Dissiplinêre aksie – die KVBA kyk hoofsaaklik na twee elemente wanneer ‘n werknemer ‘n geskil verwys:
    • substantiewe billikheid en
    • prosedurele billikheid.

Weiering om dokumente te onderteken

Wanneer ‘n werknemer weier om ‘n dokument te onderteken, moet die werkgewer die dokument in die teenwoordigheid van ‘n getuie aan die werknemer verduidelik. Die getuie kan dan die dokument onderteken as bewys dat dit aan die werknemer verduidelik is. ‘n Video-opname kan ook as bewys gebruik word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.