GRATIS ARBEIDSOUDIT VIR ALLE NUWE LEDE

ARBEIDSOUDIT

Doen dit reg. Vee die lei skoon met ‘n deeglike arbeidsoudit.

Verseker 100% nakoming ten opsigte van jou spesifieke besigheidsindustrie se unieke vereistes, terwyl jy jou besigheid en regte as werkgewer beskerm.

 

Suid-Afrika het ‘n hoogs gereguleerde arbeidsomgewing en elke werksplek is uniek. Werkgewers moet sorg aan die dag lê om aan arbeidswetgewing te voldoen, wat spesialiskennis vereis. Daar is egter verskeie mites rondom arbeidsreg wat daartoe lei dat werkgewers in goeie trou glo dat hulle reg optree, terwyl hulle in werklikheid hul besigheid op risiko plaas.

Werkgewers kan arbeidsreg tot hul voordeel gebruik en hul besigheid en regte as werkgewers beskerm. Dit is belangrik vir besigheidseienaars om te voorsien wat potensieel verkeerd kan gaan met betrekking tot die diensverhouding, ten einde jouself bes moontlik te posisioneer vir die pad vorentoe en risiko te beperk.

Photo by Sora Shimazaki: https://www.pexels.com/photo/judgement-scale-and-gavel-in-judge-office-5669602/

ARBEIDSOUDIT: ‘N INLIGTING- EN IMPLEMENTERINGSESSIE

Met aansluiting ontvang elke LWO lid proaktiewe opleiding sodat jy weet presies wat van jou verwag word – ‘n arbeidsoudit word ingesluit met 100% nakoming ten doel, waartydens alle arbeidsregdokumentasie verskaf, verduidelik, bespreek en geïmplementeer word – insluitend dienskontrakte, beleide, prosedures, plakkate, ens.

 

Hierdie uitgebreide sessie verseker nakoming en onderrig die werkgewer ten opsigte van wetlike vereistes, diensbepalings en -voorwaardes, dissipline in die werksplek, ens.

BEDRYFSPESIFIEKE VEREISTES

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) stel die minimum statutêre bepalings vas waarop werkgewers en werknemers mag kontrakteer, en dwing dit af. Sommige bedryfsektore het egter bykomende vereistes wat hoër rangeer as dié van die WBDV. Hierdie bykomende vereistes kan van toepassing wees afhangende van jou hoofbesigheidsaktiwiteite, wat jou bedryfsektor in terme van arbeidswetgewing sal bepaal.

 

As deel van die arbeidsoudit sal die LWO jou hoofbesigheidsaktiwiteite nagaan om te bepaal watter arbeidswetgewing spesifiek op jou besigheid van toepassing is, om nakoming te verseker.

SLUIT AAN BY DIE LWO

WAT WORD INGESLUIT

Die nakomingspak sluit die volgende in:

1. Inligting- en implementeringsessie (hierdie arbeidsouditsessie is virtueel of in-persoon, afhangende van die lidmaatskappakket)

2. Dokumentasie USB – Die dokumentasie USB (slegs lede) is ‘n samestelling van alle arbeidsregdokumentasie vir ‘n spesifieke besigheid. Dit word uniek opgestel vir elke werkgewer afghangende van die toepaslike sektor/industrie waarin die werkgewer besigheid doen. Dit bevat alle vereiste wetlike dokumentasie:

  • ­Toepaslike arbeidswetgewing
  • Dienskontrakte
  • Ooreenkomste
  • Registrasie
  • Aansoekvorms
  • Kennisgewings
  • Dissiplinêre vorms
  • Konsultasie dokumentasie
  • Personeelvermindering dokumentasie
  • Griewe dokumentasie
  • Vakbond dokumentasie
  • Diensbeëindiging dokumentasie
  • ­Dokumentasie met betrekking tot stakings/industriële aksie
  • ­Beleide en prosedures, ensovoorts

3. Tweetalige arbeidsregplakkate (Engels/Afrikaans): – Arbeidswetgewing vereis dat die volgende plakkate in die werksplek vertoon moet word: die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, Wet op Billike Werksgeleenthede en die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Die LWO se gelamineerde, tweetalige (Afrikaans | Engels) opsommende plakkate is uitsluitlik ontwerp vir hierdie doeleinde. Beskikbare plakkate sluit in:

  • ­Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV)
  • Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW)
  • ­Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (“OHSA”)
  • ­Dissiplinêre kode – die LWO beveel ons lede sterk aan om ‘n relevante en opdatum dissiplinêre kode met die werkgewer se reëls en voorgestelde sanksies, in die werksplek te vertoon.

4. Voorvalleboek – Die voorvalleboek is ’n persoonlike werkboek vir daaglikse gebruik. Dit bevat ‘n dissiplinêre kode, kalender (vorige, huidige en volgende jaar), ‘n jaarbeplanner, rekordhouding van die jaarlikse reënval en temperatuur asook alle insidente, notas en ‘n bestelvorm by die Een stop arbeidswinkel. Dit is uiters belangrik om rekord te hou van alle insidente in die werksplek.

Gemoedsrus

Een van die grootste voordele van LWO lidmaatskap is die gemoedsrus wat jy kry as jy weet jou besigheid voldoen ten volle aan arbeidswetgewing. Arbeidswetgewing kan van groot waarde vir die werkgewer wees indien dit doeltreffend aangewend word. Om ‘n gedagteverskuiwing oor nakoming te maak van ‘n “administratiewe las” na “risiko-beperkende instrument” kan werkgewers oor die langtermyn baie tyd en geld bespaar.

SLUIT AAN BY DIE LWO

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.