KONSULTASIES

Konsultasies noodsaak oop en eerlike tweerigtinggesprekke tussen werkgewers en werknemers. Konsultasies is ‘n kragtige instrument wat werkgewers kan gebruik om ‘n produktiewe en positiewe werksomgewing te vestig, aangesien werknemers sal besef dat die werkgewer bereid is om na konstruktiewe voorstelle te luister. Deur werknemers by besluitneming te betrek, verseker dit ook dat werknemers ‘n beter begrip het van die werkgewer se bedryfsvereistes en hoe volhoubaarheid werknemers se werksekerheid kan beïnvloed.

 

Daar is drie soorte konsultasies in die werksplek:

KONSULTASIE SOORT 1: GEREELDE KONSULTASIES MET WERKNEMERS

Gereelde formele of informele konsultasies met werknemers, individueel of in ‘n groep, skep ‘n platform vir werknemers om hul gedagtes en idees uit te spreek, asook om enige spesifieke behoeftes te bespreek. Tydens hierdie vergaderings het die werkgewer die geleentheid om die werkgewer se verwagtinge en vaste standaard in die werksplek, die werknemer se prestasie, die werknemer se rol in die besigheid en die impak wat die werknemer op die besigheid as geheel het, te kommunikeer. Hierdie konsultasies is uitstekende hulpmiddels om betrokkenheid- en welstandaanwysers te assesseer, wat kan help om werknemers in die regte rigting te stuur.

KONSULTASIE SOORT 2: PROGRESSIEWE DISSIPLINE EN VERANDERINGE IN GEDRAG

Die doel van dissipline in die werksplek is om gedrag te korrigeer en te verbeter deur middel van regstelling, konsultasies en waarskuwings, eerder as om ‘n werknemer te straf of te ontslaan. Wanneer die werkgewer ‘n verandering in gedrag by ‘n werknemer opmerk, is die eerste stap om met die werknemer te konsulteer en die gewenste gedrag te bevestig. Dit is belangrik om die werknemer die geleentheid te gee om meer inligting aan te bied en die situasie vanuit sy/haar oogpunt te verduidelik.

 

Die werkgewer moet duidelike reëls en riglyne in die werksplek hê en verseker dat elke werknemer bewus is van hierdie reëls. Dit is noodsaaklik dat werkgewers ‘n dissiplinêre kode het wat oortredings lys met die toepaslike sanksies om te gebruik wanneer reëls en prosedures nie gevolg word nie. Ontslag moet altyd die laaste opsie wees. In gevalle van ernstige wangedrag kan die werkgewer direk oorgaan na ‘n dissiplinêre verhoor (let daarop om die korrekte prosedure te volg).

KONSULTASIE SOORT 3: VERPLIGTE WETGEWING OM BY KONSULTASIES BETROKKE TE RAAK

Verskeie stelle arbeidswetgewing skep forums waarvolgens dit vir die werkgewer en werknemers verpligtend is om by konsultasies betrokke te raak. Hierdie formele konsultasies sluit in:

 

  • enige veranderinge wat aan ‘n werknemer se diensbepalings en -voorwaardes aangebring is; dit sluit die herstrukturering van verantwoordelikhede, werksure, vergoeding, ens. in (neem kennis dat geen eensydige veranderings onder enige omstandighede aangebring kan word nie)
  • personeelvermindering/afleggings (ontslag van werknemers vir redes gebaseer op operasionele vereistes)
  • swak werksprestasie
  • onbevoegdheid (‘n werknemer se inherente onvermoë om werk te verrig volgens die werkgewer se vasgestelde standaard in terme van kwaliteit en kwantiteit, weens swak gesondheid of ‘n besering, wat tydelik of permanent kan wees
  • implementering van korttyd
  • griewekonsultasies
  • onversoenbaarheidskonsultasies
  • vrystellings van enige kollektiewe ooreenkoms of enige wet
  • nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid: hierdie wet is van toepassing op alle werkgewers, maar werkgewers wat meer as 20 werknemers in diens het, moet gesondheids- en veiligheidsverteenwoordigers aanstel en gereelde konsultasies hou met betrekking tot nakoming
  • nakoming van die Wet op Bilike Werksgeleenthede: hierdie wet is van toepassing op alle werkgewers, maar “aangewese werkgewers” (werkgewers wat 50 of meer werknemers in diens het OF ’n jaarlikse omset soos per Skedule 4 van die wet) het bykomende verpligtinge, insluitend om ‘n Billike Werksgeleenthedekomitee te stig en gereelde konsultasies met betrekking tot nakoming te hou

DUIDELIKE KOMMUNIKAISE IS NOODSAAKLIK

Onvoldoende kommunikasie in die werksplek kan lei tot ongelukkigheid, gebrek aan lojaliteit en onproduktiwiteit. Afgesien van informele konsultasies, het werknemers geen ander manier as deur lynbestuurders en toesighouers, om hul bekommernisse, idees of voorstelle onder die werkgewer se aandag te bring nie. As dit behoorlik saamgestel is, kan informele konsultasies ‘n belangrike rol in die werksplek speel. Die verhouding tussen die werkgewer en werknemer is gebaseer op respek. Duidelike kommunikasie verseker dat wrywing en misverstande tot die minimum beperk word, wat op sy beurt nie net produktiwiteit bevorder nie, maar ook ‘n positiewe werksomgewing.

SLUIT AAN BY DIE LWO

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.