REËLS EN DISSIPLINE IN DIE WERKSPLEK

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen en werkgewers voel dikwels dat hulle aan die kortste ent trek. Werkgewers moet egter besef dat hulle baie regte in die werksplek het, maar ook die verantwoordelikheid het om hierdie regte toe te pas.

WERKGEWERS HET REGTE

Van die regte waarop werkgewers kan aanspraak maak wat verband hou met reëls en dissipline in die werksplek, sluit in:

 

Implementering van duidelike reëls in die werksplek

Duidelike reëls en riglyne beperk wrywing en misverstande, wat produktiwiteit en ʼn positiewe werksomgewing bevorder. Elke werksplek is egter uniek en ontstaan daar dikwels ‘n behoefte aan spesifieke reëls om orde en struktuur te verleen in die werksplek. Reëls kan geïmplementeer word deur die dienskontrak, beleide en prosedures.

 

  • Beleide word nie onderskryf deur arbeidswetgewing nie, maar stel die werkgewer se eie reëls in die werksplek. Hierdie reëls moet redelik wees. Tipiese beleide sluit in ‘n rookbeleid, selfoonbeleid, higiënebeleid, alkoholbeleid, ensovoorts.
  • ‘n Prosedure is ‘n vasgestelde of amptelike manier waarop ‘n situasie hanteer moet word, soos byvoorbeeld die stappe wat gevolg moet word met betrekking tot griewe, aansoeke om verlof, ens.

 

Om dissipline te handhaaf in die werksplek is noodsaaklik vir produktiwiteit, sowel as ‘n positiewe werksomgewing. Die werkgewer moet duidelike reëls en riglyne in die werksplek hê en verseker dat elke werknemer bewus is van hierdie reëls. Dit is baie belangrik dat elke werksplek ‘n relevante dissiplinêre kode het wat op datum is. Die dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is, met toepaslike sanksies, wat werknemers kan volg.

 

Toepas van dissipline

Wanneer werknemers hierdie reëls oortree, kan die werkgewer progressiewe dissipline toepas, of in gevalle van ernstige wangedrag, direk voortgaan met ‘n dissiplinêre verhoor (maak seker die regte prosedure word gevolg). Ontslag moet altyd die laaste opsie wees. Die werkgewer moet deeglik rekord hou van oortredings en sanksies soos toegepas.

DISSIPLINE SE DOELWIT

Die doel van dissipline in die werksplek is om gedrag te korrigeer en te verbeter deur middel van regstelling, konsultasies en waarskuwings, eerder as om ‘n werknemer te straf of te ontslaan. Wanneer die werkgewer ‘n verandering in gedrag by ‘n werknemer opmerk, is die eerste stap om met die werknemer te konsulteer en die gewenste gedrag te bevestig. Dit is belangrik om die werknemer die geleentheid te gee om meer inligting aan te bied en die situasie vanuit sy/haar oogpunt te verduidelik.

WETLIKE VEREISTES

‘n Werkgewer kan onder geen omstandighede ‘n werknemer ontslaan, selfs met ‘n geldige rede, sonder om eers ‘n dissiplinêre verhoor te hou nie. Dit verseker dat ‘n billike prosedure gevolg is en daar substantiewe bewyse is om die werknemer te ontslaan.

WAT IS DIE RISIKO?

Meeste sake wat na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys word, hou verband met onbillike ontslag. Oor die algemeen word arbitrasietoekennings ten gunste van die werknemer toegeken as gevolg van die werkgewer wat nie die korrekte prosedures gevolg het nie. Hierdie toekennings kan ernstige gevolge hê met ‘n groot finansiële impak.

SLUIT AAN BY DIE LWO

PROAKTIEWE BENADERING

Die werksplek is ‘n baie diverse omgewing in terme van kultuur, godsdiens, oortuigings, waardes, politieke sienings, verwysingsraamwerke, werksetiek, opinies, kommunikasievaardighede, ens. Almal sal nie altyd met mekaar oor die weg kom nie en wanneer konflik, wrywing, of ‘n misverstand ontstaan, moet die werkgewer intree in en help om die aangeleentheid op te los voordat dit eskaleer, of meer werknemers begin raak. Dieselfde geld vir vermeende wangedrag en swak werksprestasie.

 

Die sleutel is om aangeleenthede aan te spreek soos dit gebeur en voordat dit eskaleer tot ‘n ernstiger aard, wat die werkgewer-werknemerverhouding, werksplekmoraal en die werkgewer se reputasie ernstig kan beïnvloed. Die oplossing is so maklik: tel die foon op en kry kundige arbeidsregadvies vir jou situasie.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.