Nuwe minimum loon – Kontrakskoonmakersektor: 1 Februarie 2019

Die nuwe minimum loon vir die Kontrakskoonmakersektor tree inwerking op 1 Februarie 2019. Klik hier vir ‘n volledige uiteensetting van die onderskeie Areas en minimum lone van toepassing..

Hierdie minimumloon is hoër as die nasionale minimum loon. en werkgewers is verplig om die hoër loon te betaal volgens Sektorale Vasstelling 1.

DO YOU DISPLAY THE RIGHT LEGAL POSTERS?
LAAT LWO JOU HELP!

Hiermee die minimum loon tariewe vir kontrakskoonmakers:

  • Area A: R22.00 per uur
  • Area B: R22.20 per uur
  • Area C: R20.07 per uur

Vele besighiedsrisiko’s moet daagliks deur die werkgewer bestuur word. Die beste wyse waarop ‘n werkgewer arbeid as besigheidsrisiko kan aanspreek, is om proaktief op te tree. Werkgewers moet verseker dat die dienskontrakte, dissiplinêre kode, prosedures en beleide in plek is en hierdie dokumentasie aan toepaslike wetgewing, wat Sektorale Vasstelling 1 insluit, voldoen. Dit is baie belangrik om in ag te neem watter rol arbeid in die werksomgewing speel en te verstaan dat wetgewing tot die werkgewer se voordeel gebruik kan word. Dit word weer benadruk dat die werkgewer verplig word om aan alle toepaslike wetgewing moet voldoen, insluitend die betaling van die minimum loon. Indien die werkgewer nie ten minste die minimum loon betaal nie en dus nie aan wetgewing voldoen nie, is daar sekere regsimplikasies en gevolge vir die werkgewer

Kontak die LWO fvir enige navrae of bystand in die verband.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.