Indiensname – begin reg

Elke werksplek is uniek en besigheid word bedryf met die oog op groei, winsgewendheid en sukses – kry die beginsels reg. Hierdie doelwitte kan slegs bereik word indien die werkgewer die regte werknemer aanstel. Die indiensneming verhouding is gebaseer op wedersydse respek en vertroue. Dit is uiters belangrik dat daar ‘n skriftelike dienskontrak in plek is. Die dienskontrak is die heel belangrikste dokument in die werksplek en vervat die bepalings en voorwaardes soos op ooreengekom tussen die partye en reguleer ook die verhouding. Die werkgewer moet ook seker maak dat die kontrak aan alle toepaslike arbeidswetgewing voldoen afhangende van die besigheidsindustrie.

Skriftelike diensvoorwaardes

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes stipuleer dat werkgewers ‘n werknemer van skriftelike diensvoorwaardes moet voorsien wanneer die indiensneming in werking tree – dit moet die volgende bevat:

 

  • Werkgewer en werknemer se inligting – die werkgewer se volle name en adres, sowel as die werknemer se naam en beroep, of ‘n kort beskrywing van die werk
  • Besonderhede van indiensname – plek/ke van werk, begindatum, werksure en werksdae
  • Betalingsbesonderhede – salaris/loon of die tarief en metode waarop lone bereken word, die tarief vir oortyd, enige ander kontantbetalings, enige betalings in goedere en die waarde daarvan, die gereeldheid van betaling en enige aftrekkings
  • Verlofbesonderhede – enige verlof waarop die werknemer geregtig is
  • Kennistydperk – die kennistydperk wat vereis word om die dienskontrak te beëindig
  • Kontraktydperk van die dienskontrak – is die pos permanent van aard (vir ‘n onbepaalde tydperk)?Of is die pos tydelik van aard, vir ‘n spesifieke tydperk of vir ‘n spesifieke projek? Dit is onwettig om die verantwoordelikhede gekoppel aan permanente indiensneming deur die gebruik van ‘n vastetermynkontrak te systap.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat is die doel van ‘n werknemer se proeftydperk?

Die doel van ‘n werknemer se proeftydperk is om ‘n werkgewer die geleentheid te gee om die ervaring en prestasie van die werknemer te evalueer. Dit is belangrik dat proeftydperke vooraf bepaal word. Arbeidswetgewing gee nie riglyne oor hoe lank ‘n proeftydperk moet wees nie, maar die periode moet billik wees ten opsigte van die pligte en take wat verrig moet word.

Hoe verseker ‘n werkgewer produktiwiteit in die werksplek?

Daar moet ‘n duidelike standaard in die werksplek wees in terme van kwantiteit en kwaliteit waarteen prestasie gemeet kan word. Hierdie standaard word deur die werkgewer gestel en moet duidelik gekommunikeer word aan die werknemer. Maak seker dat elke werknemer ‘n pligstaat het en dat duidelike doelwitte gekoppel word aan spesifieke take.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.