Nasionale minimum loon 1 Maart 2020

Die Minister van Indiensname en Arbeidhet op 17 Februarie 2020 in die Staatskoerant die gewysigde nasionale minimum loon afgekondig. Die gewysigde minimum loon sal inwerking tree op 1 Maart 2020 en is van toepassing op alle werkgewers in Suid-Afrika.

Die nasionale minimum loon is met 3.80% aangepas en die aangepasde loon met intrede 1 Maart 2020 sal wees R20.76 per uur.

Neem kennis van die volgende industrieë wat eie minimum lone voorskryf (effektief 1 Maart 2020):

Kontrakskoonmaaksektor

Daar is ‘n spesifieke loonbedrag na aanleiding van die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen
  • Area A: R22.84 per uur (Stad Kaapstad, Groter Oosrand Metro, Stad Johannesburg, Stad Tshwane en Stad Nelson Mandela, Plaaslike Rade van Emfuleni, Merafong, Mogale City, Metsimaholo, Randfontein, Stellenbosch en Westonaria.)
  • Area B: R23.04 per uur (Alle areas in KwaZulu-Natal)
  • Area C: R20.83 per uur (Alle areas nie vermeld in Areas A en B)
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wholesale and retail sector

Daar is ‘n spesifieke minimum loonbedrag na aanleiding van die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen asook die onderskeie posbeskrywings van werknemers

Landbousektor

Die gewysigde minimum loon vir die Landbousektor is R18.68 per uur

Huiswerkersektor

Die gewysigde loon vir die Huiswerkersektor is R15.57 per uur

Die Huiswerkersektor minimum loon is van toepassing op werknemers in ‘n privaat huishouding, soos:

  • huiswerkers
  • tuinwerkers
  • werkers wat na kinders, siekes, bejaardes, sieklikes of gestremdes omsien
  • huiswerkers wat verskaf word deur ‘n werkverskaffingsdiens
  • neem kennis: ‘n huiswerker op ‘n plaas waar primêre of sekondêre landbou aktiwiteite verrig word, word as ‘n plaaswerker geag en sorteer nie onder die Huiswerkersektor nie, maar eerder onder die Landbousektor.
Dit is belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen, insluitende enige wetswysigings en regstellings deur die Departement van Arbeid soos in hierdie geval. Dit is dus nodig dat u die nasionale minimum loontarief wat u werknemers vanaf 1 Maart 2020 moet ontvang aanpas volgens die gewysigde nasionale minimum loon.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.