Werkgewers, wees konsekwent!

Werkgewers moet daarop let om altyd konsekwent op te tree in die werksplek en werknemers nie verskillend te hanteer sonder ‘n regverdigbare rede nie. Die werkgewer-werknemer verhouding ontstaan met indiensname. Hierdie verhouding is gebaseer op wedersydse voordele en respek en stel arbeidswetgewing streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Hierdie vereistes is nie onderhandelbaar nie en hou groot risiko in vir die werkgewer indien die diensverhouding nie in lyn met hierdie vereistes bestuur word nie.

Die werknemer is in diens vanaf die oomblik dat hy/sy diens aanvaar, ongeag hoe die verhouding aangeteken is – via ‘n mondelinge of skriftelike ooreenkoms. ‘n Skriftelike ooreenkoms (dienskontrak) skep wel duidelikheid deurdat die bepalings en voorwaardes waarop ooreengekom is, bevestig word en beskerm die werkgewer ten opsigte van die diensverhouding vorentoe. Neem kennis dat arbeidswetgewing van toepassing is op alle werkgewers en werknemers, ongeag hoe die diensverhouding aangeteken word, of die termyn daarvan.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Die mite…

Daar bestaan die mite dat vaste termyn werknemers nie onder dieselfde wetgewing, dissipline, beleide en prosedures in die werksplek hanteer hoef te word as met permanente werknemers nie. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes omskryf ‘n werknemer egter as enige iemand, buiten ‘n onafhanklike kontrakteur, wat vir iemand anders werk en wat vergoeding ontvang of daarop geregtig is om vergoeding te ontvang; en enige ander persoon wat op enige wyse help om die werkgewer se besigheid voort te sit of te bedryf.

Wees konsekwent!

Die enigste verskil tussen ‘n vaste termyn en permanente werknemer, is die termyn van indiensname. Indien die werkgewer dus permanente werknemers in diens het, maar ook gebruik maak van vaste termyn werknemers volgens operasionele vereistes, is dit krities belangrik om deurlopend konsekwent op tree ten opsigte van ALLE werknemers, met spesifieke verwysing na:

  • geleenthede
  • prosedures
  • reëls en dissipline
  • werksomstandighede en diensvoorwaardes
  • vergoeding en voordele

Die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal, onder andere, dat ‘n Kommissaris by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) altyd die beginsel of ‘n reël/standaard in die werksplek konsekwent toegepas is, moet ondersoek. Indien ‘n werkgewer versuim om konsekwent op te tree met die toepassing van wetgewing, dissipline, beleide en prosedures in die werksplek nie, sal die optrede as onbillike arbeidspraktyk.

Moontlike bevele teen die werkgewer?

  • KVBA: 3-12 maande se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande se salaris en/of herindiensname

Die LWO is by die Departement van Arbeids geregistreer as ‘n werkgewersorganisasie en het outomaties die reg om ons lede te verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof. Ons het ‘n bewese baanrekord by die KVBA met ‘n suksessyfer van 99.98%! Die LWO is gestig in 1990 en staan reeds werkgewers by vir 30 jaar!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.