3 Tipes arbeidsinspeksies

Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is uitgebreid en ononderhandelbaar. Baie werkgewers doen besigheid eerlikwaar onder die indruk dat hulle aan arbeidswetgewing voldoen, terwyl dit in werklikheid nie die geval is nie. Nie-voldoening kan ‘n ernstige finansiële impak hê, wat jou besigheid onnodig op risiko plaas.

Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die gesag om arbeidswetgewing af te dwing en gereelde inspeksies van die werksplek uit te voer om seker te maak dat werkgewers aan wetgewing voldoen. Daar is drie tipes arbeidsinspeksies waarvan elkeen fokus op ‘n verskillende stel wetgewing en voldoening daaraan, insluitende die:

  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes (insluitende Sektorale Vasstellings en Hoof Bedingingsraadooreenkomste);
  • Wet op Billike Werksgeleenthede; en
  • Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Daar is drie tipes arbeidsinspeksies waarvan elkeen fokus op ‘n verskillende stel wetgewing en voldoening daaraan, insluitende die:

Werkgewers moet daarop let om te onderskei tussen hierdie tipes inspeksies om voldoening in geheel te verseker. Die drie tipes (afsonderlike) arbeidsinspeksies spreek die volgende aan:
  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes:

    Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die werkgewer en werknemer kan ooreenkom, insluitende enige industrie spesifieke wetgewing. Die inspekteur sal die volgende ondersoek:

    • Dienskontrakte (geskrewe besonderhede van indiensname)
    • Bywoningsregister
    • Inligting rondom vergoeding – salarisstrokies/-koeverte, minimum loon, oortyd, betaalde verlof, werksure, ens.
    • WVF en COIDA registrasie en bewyse van betalings gemaak
    • Lys van alle werknemers se name ID nommers

Nie-voldoening: die inspekteur sal ‘n voldoeningsbevel (gedateer) aan die werkgewer uitreik, waarna ‘n geldelike boete of tronkstraf opgelê kan word. Gevolglik kan dit lei tot die oplegging van geldelike strawwe of selfs tronkstraf.

  • Wet op Billike Werksgeleenthede

    Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die Wet op Billike Werksgeleenthede, wat ten doel het om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel en gelyke geleenthede en regverdige behandeling te bevorder. “Aangewese werkgewers” is werkgewers wat aan sekere kriteria voldoen en addisionele verpligtinge het. Werkgewers moet toets of hulle as “aangewese werkgewers” geklassifiseer word ten einde te verseker dat hulle aan wetgewing voldoen.

    Nie-voldoening: ‘n “aangewese werkgewer” kan ‘n boete opgelê word vir ‘n eerste oortreding, van R1.5 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is) en/of 10 jaar tronkstraf.

  • Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid:

    Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan gesondheid- en veiligheidsregulasies ten einde ‘n veilige en gesonde werksplek te verseker. Die inspekteur sal die volgende ondersoek: wetgewende plakkaat, gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger en –komitee, toepaslike aanwysingsborde en persoonlike beskermende toerusting, ens.

Nie-voldoening: die inspekteur sal ‘n voldoeningsbevel (gedateer) aan die werkgewer uitreik en/of die besigheidsaktiwiteite tydelik tot stilstand bring, afhangende van die erns van nie-voldoening. Deurlopende nie-voldoening kan lei tot boetes, tronkstraf en moontlike strafregtelike vervolging. Baie besigheidseienaars is bekommerd oor veiligheid as gevolg van mense wat hulself valslik voordoen as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ten einde toegang te verkry tot die perseel. Tydens ‘n inspeksie, is dit baie belangrik om aan te dring op positiewe identifikasie van die persoon wat homself as ‘n inspekteur voorstel en om hierdie inligting eers te verifieer voordat die persoon toegang tot die perseel verkry.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.