COVID-19: selfkwarantyn teenoor isolasie

Wat is die verskil tussen selfkwarantyn en isolasie? Volgens die Staatskoerant 44700, gedateer 11 Junie 2021, is die definisies soos volg:

ISOLASIE – REGULASIE 6(4)

Isolasie vind plaas wanneer ‘n werknemer simptome van COVID-19 ontwikkel of positief diagnoseer vir COVID-19. Isolasie is verpligtend om verspreiding van die virus na ander werknemers te vermy. Isolasie kan tuis, in ‘n goedgekeurde isolasiefasiliteit of selfs in ‘n hospitaal plaasvind indien die werknemer ernstige simptome het en mediese bystand benodig. Indien die werknemer gehospitaliseer word sal die isolasietydperk van 10 dae moontlik langer wees tot ‘n werknemer kliniese stabiliteit bereik volgens ‘n mediese praktisyn.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

SELFKWARANTYN – REGULASIE 6(5)

Daar moet ‘n beoordeling plaasvind ten opsigte van “lae risiko” of “hoë risiko” blootstelling sodra ‘n werknemer in kontak was met ‘n ander persoon wat met COVID-19 gediagnoseer is.
  • “Lae risiko” blootstelling – Regulasie 6(6): die bepaling moet gemaak word in terme van die risiko beoordelingsplan in die werksplek. Sodra ‘n lae risiko blootstelling bevind word, kan die werkgewer die werknemer toelaat om voort te gaan met werk. Die dra van ‘n gesigmasker is verpligtend en die werknemer moet gemonitor word vir 10 dae vir ontwikkeling van simptome.

  • “Hoe risiko” blootstelling – Regulasie 6(7): selfkwarantyn van 10 dae vind plaas wanneer ‘n werknemer ‘n hoë risiko blootstelling aan COVID-19 gehad het. Hoë risiko blootstelling beteken dat ‘n werknemer direkte, noue kontak (minder as een meter), vir langer as 15 minute gehad het met iemand wat positief vir COVID-19 getoets het, nie ‘n beskermende gesigmasker gedra het nie, of fisiese kontak gehad. Die werknemer moet selfmonitor vir simptome.

Is die verpligte selfkwarantyn en isolasie tydperk 14 of 10 dae?

Die tydperk is in Julie 2020 verminder vanaf 14 dae na 10 dae.

Siekverlof vir selfkwarantyn en isolasie? Regulasie 6(3)(iii)

Die tydperk van selfkwarantyn en isolasie sal kragtens artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes siekverlof wees.
Dit is nie nodig om gedurende die tydperk van selfkwarantyn vir COVID-19 te toets nie, TENSY die werknemer simptome ontwikkel. Sodra die werknemer simptome ontwikkel tydens hierdie tydperk, moet die werknemer 10 dae lank isoleer vanaf die dag waarop die werknemer se simptome begin het.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.