COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

Alle werkgewers moet voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Hierdie wet vereis dat werkgewers so ver as wat redelikerwys doenbaar is ‘n werksomgewing moet verskaf en in stand hou wat veilig en sonder risiko is vir die gesondheid van werknemers, kliënte, lede, besoekers, kontrakteurs, ensovoorts wat direk deur hul aktiwiteite geraak kan word, of wat die werksplek betree.

Buiten hierdie algemene verpligting is daar addisionele regulasies in terme van COVID-19 gepubliseer wat nagekom moet word. Elke werksplek is uniek met verwysing na onder andere spasie, aktiwiteite, werkswyses, tipes interaksie, ensovoorts. Alhoewel COVID-19 regulasies wetlik afgedwing word, is dit ‘n goeie idee om ‘n COVID-19 beleid en prosedure in die werksplek te implementeer om duidelikheid te skep van die vereiste gedrag, asook die gevolge in gevalle van nie-nakoming. Ten einde dissipline in die werksplek te kan toepas, moet die werkgewer duidelike reëls implementeer en ook kan bewys dat werknemers bewus is van die reëls asook die gevolge indien hierdie reëls oortree sou word.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat moet in die COVID-19 beleid en prosedure vervat word?

  • Beskikbaarheid en aanwending van veiligheidstoerusting
  • Daaglikse “screening” (ondersoek)
  • Hantering van gedeelde geriewe, soos kombuis, badkamer, kafeteria, ens.
  • Prosedure wanneer ander persone die perseel betree
  • Reëls met ooreenstemmende sanksies

Pasop vir hierdie slaggate

Dit is ‘n gevestigde beginsel in arbeidsreg dat ‘n oortreding van die werkgewer se gesondheids- en veiligheidsbeleide en -prosedures tot dissiplinêre stappe sal lei en die beëindiging van die werknemer se diens kan regverdig. Pas dissipline toe in lyn met die dissiplinêre kode, maar pasop vir dié slaggate:
  • Wees regverdig en billik
  • Tree konsekwent op
  • Volg deurlopend die korrekte prosedure
Werkgewers moet kennis neem dat indien hulle versuim om aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid te voldoen, dit kan lei tot ernstige gevolge soos boetes, tronkstraf en ‘n bevel om besigheidsaktiwiteite te staak, afhangende van die aard en erns van die oortreding.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.