Staking – beskermd teenoor onbeskermd

Ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, het elke werknemer die reg om te staak. ‘n Staking word in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) gedefinieer as die gedeeltelike of volkome gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging of belemmering van werk, deurwerknemers met die doel om ’n grief of die beslegting van ’n geskil rakende enige aangeleentheid van onderlinge belang.

Arbeidswetgewing tref onderskeid tussen ‘n beskermde staking en ‘n onbeskermde staking:

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Beskermde staking

Vir ‘n staking om as “beskermd” geag te word, stipuleer die WAV sekere bepalings en prosedures waaraan eers voldoen moet word:
  • Wetgewing vereis dat ontevrede werknemers eers die werkgewer se interne grieweprosedure moet volg om die grief te probeer oplos.

  • Indien die uitkoms van die werknemers se grief nie bevredigend is nie, moet die werknemer die saak verwys na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die KVBA sal daar ‘n kommissaris aanstel wat sal poog om die dispuut deur middel van versoening op te los.

  • Indien die dispuut nie opgelos kan word nie of die saak nie binne 30 dae na die verwysing van die dispuut na die KVBA bemiddel is nie, kan die kommissaris ‘n sertifikaat uitreik wat werknemers toestemming gee om met ‘n staking te begin.

  • Daar is egter steeds ‘n verpligting op die werknemers om die werkgewer van hul voorneme om te staak skriftelik in kennis te stel, welke kennis die werkgewer moet bereik minstens 48 uur voor die beoogde staking.
In Suid Afrika is dit algemene aanvaarbare praktyk dat werknemers betaal word vir die dienste wat hul lewer. Derhalwe sal die ‘geen werk – geen betaling’ beginsel geld en werkgewers hoef dus nie die werknemers te betaal wat deelneem aan die staking nie.

Onbeskermde staking

Indien ‘n staking nie aan die vereiste bepalings en prosedures in terme van die WAV voldoen nie, sal die staking as “onbeskermd” geag word. Werkgewers kan dissiplinêre stappe neem teenoor werknemers wat deelneem aan ‘n onbeskermde stakings, maar werkgewers bly steeds onderhewig aan wetgewing en moet as sulks die korrekte en regverdige prosedures volg. Om te verseker dat werkgewers so ‘n situasie reg hanteer is dit uiters belangrik dat hul van die begin af regsadvies inwin om hul risiko so ver moontlik te beperk.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.