bedingingsraad – wat-daarvan?

Arbeidswetgewing is van toepassing op alle werkgewers en werknemers. ie Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) vervat die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die partye kan kontrakteer. Indien ‘n onderneming egter onder ‘n industrie val wat deel vorm van ‘n spesifieke Bedingingsraad se toepassingsgebied, sal die Bedingingsraad se kollektiewe ooreenkoms arbeidsverhoudinge in die industrie reguleer en is werkgewers wetlik verplig om hieraan te voldoen. Neem kennis dat sekere Bedingingsrade slegs op spesifieke streke van toepassing is. Die verpligting rus op die werkgewer om vas te stel onder watter industrie die onderneming resorteer en dan aan toepaslike wetgewing te voldoen.

Werkgewers wat binne die toepassingsgebied van ʼn geregistreerde Bedingingsraad val, se dienskontrakte moet opgestel word volgens hierdie wetgewing. Neem kennis dat die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname soos vervat word in die Bedingingsraad se kollektiewe ooreenkoms, hoër rangeer as dié vervat in die WBDV. Indien daar enige arbeidsdispute ontstaan tussen die werknemer en werkgewer, sal ʼn Bedingingsraad jurisdiksie hê om hierdie dispute te hanteer, teenoor om die dispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te verwys.

ʼn Bedingingsraad se funksies sluit onder andere in om:

  • kollektiewe ooreenkomste te sluit en toe te pas ;
  • arbeidsdispute te voorkom en op te los;
  • ʼn fonds te stig en te administreer om geskille op te los;
  • opleiding en onderrig aan te moedig en daar te stel;
  • om pensioen-, voorsorg-, werkloosheid- en mediese fondse, asook siektebetaling, vakansiebetaling en opleidingskemas te stig en te administreer tot voordeel van een of meer van die Bedingingsraad se partye of hulle lede.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.