Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) word ’n werknemer se dienskontrak outomaties oorgedra na die nuwe werkgewer wanneer ’n besigheid as ’n lopende saak (‘going concern’) verkoop word. Enige ontslag wat verband hou met so ‘n oordrag van besigheid, sal as outomaties onbillik geag word. ‘n Werkgewer wat sy besigheid verkoop, mag ook nie die werknemers afdank indien die koper nie die werknemers in diens wil behou nie.
Soos met enige vorm van beweerde outomatiese onbillike ontslag, sal die hof eers moet vasstel dat die ontslag kousaal verband hou met die oordrag van die besigheid. Indien die werknemer ‘n prima facie saak uitmaak dat die ontslag gekoppel is aan die oordrag van die besigheid, moet die werkgewer kan bewys dat die ontslag weens ’n geldige rede of billike operasionele vereiste was. Andersins kan die ontslag outomaties onbillik wees.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van die nuwe werkgewer?

‘n Nuwe werkgewer is geregtig daarop om sy besigheid te herstruktureer tot so ’n mate as wat hy nodig ag om die verkryging van ’n ander onderneming te akkommodeer, selfs al sou dit die aflegging van ’n oorgeplaaste werknemer behels. Sulke herstrukturering kan wel voortgaan indien daar voldoende en billike redes bestaan om ‘n “oortollige” werknemer, kort na die samesmelting van die besigheid, af te lê mits die ontslag geregverdigbaar is. Dit is ook baie belangrik dat die werkgewer die voorgeskrewe proses nougeset volg in terme van arbeidswetgewing. Die enigste manier waarop werkgewers, wat by ‘n oordrag van besigheid betrokke is, ’n potensiële outomaties onbillike ontslag kan vermy, is om ’n ooreenkoms met die werknemers of hul erkende verteenwoordigers aan te gaan, voordat die besigheid oorgedra word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.