Om te hersien: moet nie van die volgende vergeet nie…!

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Om aan hierdie vereistes te voldoen is nie onderhandelbaar nie en hou ‘n besigheidsrisiko in vir die werkgewer. ‘n Deeglike arbeidsoudit orden die werksomgewing in lyn met toepaslike arbeidswetgewing, maar om hierdie stand van sake te handhaaf is dit nodig dat die werkgewer sekere aspekte op ‘n gereelde basis hersien.

Hersien maandeliks:

  • Kommunikasie en gereelde konsultasie
    Effektiewe kommunikasie is krities tot enige besigheid se sukses. it dra by tot die skep van ‘n omgewing met duidelike reëls en verwagtinge en word misverstande, ongelukkigheid en wrywing in die werksplek proaktief aangespreek. ‘n Positiewe werksomgewing is een van die faktore wat produktiwiteit kweek, wat direk impakteer op die besigheid se winsgewendheid en volhoubaarheid. Dit is belangrik dat daar ‘n platform is waarop beide die werkgewer en werknemers kan deelneem aan gesprekke, insette lewer, terugvoer verskaf, ongelukkigheid opper, ensovoorts. Kommunikasie op ‘n gereelde basis is belangrik om harmonie in die werksplek te bevorder.
  • Teenwoordigheidsregister
    Arbeidswetgewing vereis dat die werkgewer ‘n teenwoordigheidsregister op ‘n daaglikse basis byhou ten opsigte van elke werknemer. Tydens ‘n inspeksie van die Departement van Indiensneming en Arbeid, word hierdie register deur die inspekteur nagegaan. Maak seker dit word deeglik bygehou ten opsigte van alle ure gewerk.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Hersien jaarliks:

Arbeidsregdokumentasie moet op ‘n gereelde basis hersien word om te verseker dat dit aan toepaslike arbeidswetgewing voldoen, asook steeds relevant is in terme van die besigheid se operasionele vereistes. Hierdie dokumentasie verwys spesifiek na:
  • Dienskontrakte
    Die dienskontrak is die basis van die verhouding tussen die werkgewer en die werknemer en bevestig skriftelik die diensvoorwaardes waarop ooreengekom is. Dit is uiters belangrik dat die werkgewer die regte tipe dienskontrak (permanent of vaste termyn) implementer en seker maak dat die inhoud daarvan voldoen aan toepaslike arbeidswetgewing.
Check the employment contracts to determine if any changes need to be made. Note that unilateral amendments constitutes unfair labour practices and pose a significant risk to the employer. Obtain the employee’s written consent to avoid unilateral changes of terms and conditions.
  • Dissiplinêre kode, beleide en prosedures
    Elke werksplek is uniek en ontstaan daar dikwels ‘n behoefte aan spesifieke reëls om orde en struktuur te verleen in die werksplek. Hersien hierdie reëls, insluitende beleide en prosedures, van tyd tot tyd om seker te maak dit is steeds relevant. Dit is belangrik dat die werksplek se dissiplinêre kode op datum is in terme van oortredings en sanksies. Progressiewe dissipline moet ook deurlopend toegepas word. Indien enige veranderinge gemaak word, is dit noodsaaklik om die werknemer daarvan in kennis te stel.

Werkgewers moet hul vinger op die pols hou. Arbeidswetgewing is ‘n spesialisveld en kundige advies is noodsaaklik om risiko te beperk. Arbeidsverhoudinge is ‘n emosionele omgewing en kan ‘n onpartydige derdeparty groot waarde toevoeg, veral met die toepas van dissipline of met prosesse soos swak werksprestasie, herstrukturering, personeelvermindering, vakbondonderhandelinge ensovoorts. LWO lidmaatskap bied aan werkgewers 24/7 kundige advies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.