Proeftydperk moets en moenies

Werknemers is ‘n waardevolle bate in die werksplek. Dit is dus baie belangrik om die regte persoon te aan te stel, nie slegs met die regte kwalifikasies en ervaring nie, maar wat ook sal inpas by die werksomgewing en -kultuur.
Die doel van ‘n proeftydperk is vir die werkgewer om te bepaal of die werknemer se prestasie aan die werkgewer se vasgestelde standaard voldoen. Die duur van die proeftydperk sal afhang van die aard van die werk; hoe meer kompleks die aard van die werk is, hoe langer sal die proeftydperk duur. Sluit die proeftydperk in by die dienskontrak omdat die kontrak die diensvoorwaardes en -bepalings uiteensit waarop die partye ooreengekom het.
IMPLEMENTERING VAN ‘N PROEFTYDPERK?
LAAT LWO JOU HELP!

Die moets van ‘n proeftydperk

‘n Werkgewer het die volgende wetlike verpligtinge met die implementering van ‘n proeftydperk:

  • maak dit duidelik dat die werknemer op ‘n proeftydperk is;
  • bevestig die duur van die proeftydperk;
  • stel redelike prestasiestandaarde;
  • spesifiseer en verduidelik aan die werknemer die vereiste prestasiestandaarde;
  • evalueer en monitor die werknemer se prestasie gereeld teenoor die vasgestelde standaard;
  • lig die werknemer in rondom prestasie tekortkominge;
  • gee die werknemer die geleentheid om meer inligting te verskaf en die situasie vanuit sy/haar oogpunt te verduidelik;
  • verskaf die nodige bystand, leiding en opleiding aan die werknemer waar nodig;
  • volg die korrekte dissiplinêre prosedure of swak werksprestasieprosedure, afhangende van die omstandighede.

Die moenies van ‘n proeftydperk

Swak werksprestasie is ‘n al groter uitdaging in die werksplek en verwys na ‘n werknemer wat versuim om die werkgewer se werksprestasiestandaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit te behaal en te handhaaf.

Die werkgewer kan nooit ‘n werknemer se dienste sommer net beëindig nie, selfs al is die werknemer op ‘n proeftydperk en presteer nie op die vereiste standaard nie. Dit kan lei tot ‘n eis van onbillike ontslag teenoor die werkgewer.

Arbeidswetgewing bevat duidelike riglyne oor hoe werkgewers swak werksprestasie moet hanteer. Indien die werknemer versuim in sy plig, ten spyte van bystand en ondersteuning om die vereiste standaard te behaal, word hy/sy onbevoeg geag en het die werkgewer die reg om die werknemer af te dank. Dit is belangrik om daarop te let dat die werkgewer onder geen omstandighede ‘n werknemer kan ontslaan sonder om die korrekte prosedure te volg nie. Alle afdankings moet altyd prosedureel en substantief billik wees.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.