“Slegs kommissie” werknemers

Werknemers wat kommissie verdien, verskil nie van enige ander werknemer nie, behalwe vir die feit dat hul vergoeding op kommissie gebaseer is. Diensvoorwaardes word gereguleer in terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en enige toepaslike Bedingingsraadooreenkoms of Sektorale Vasstelling, afhangende van die bedryf. Alle arbeidswetgewing is steeds van toepassing, insluitend die Nasionale Minimum Loon Wet, wat duidelik bepaal dat elke werknemer ten minste die minimum loon betaal moet word wat elke jaar deur die Minister van Indiensneming en Arbeid gepubliseer word. Werknemers kan altyd meer verdien, maar ‘n werkgewer moet verseker dat hulle ten minste die voorgeskrewe minimum verdien.
Die doel van ‘n kommissie-gebaseerde vergoedingstruktuur is om werknemers te motiveer en te beloon wanneer hulle goed presteer. Dit maak veral sin in verkoops- en bemarkingsposisies waar jy meer verdien as jy meer verkoop.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van prestasie?

Indien ‘n kommissie-werknemer nie bevredigend presteer nie en nie aan die werkgewer se vaste standaard voldoen nie, het die werkgewer die reg om op te tree in terme van die swak werksprestasie, onbevoegdheid of dissiplinêre prosedure (wangedrag) afhangende van die meriete van elke geval na die nodige ondersoek.
Dit is baie belangrik dat die werkgewer ‘n posbeskrywing implementeer: ‘n geskrewe dokument wat die take en pligte uiteensit wat van die werknemer verwag word om te doen. Hierdie dokument vorm deel van die dienskontrak en is ‘n aanhangsel tot die dienskontrak. Die gebruik van ‘n posbeskrywing hou baie voordele vir die werkgewer in:
  • Dit bevestig die take/pligte waarvoor die werkgewer die werknemer in diens neem.
  • Dit koppel ‘n vaste standaard ten opsigte van kwantiteit en kwaliteit aan bogenoemde take/pligte.
  • Dit vorm die basis van gereelde prestasiebeoordelings wanneer daar na verhogings en/of prestasiebonusse gekyk word.
  • Die posbeskrywing is ‘n baie belangrike dokument wanneer swak werkprestasie aangespreek word.

Wat van WWV en COIDA?

Werkgewers moet kennis neem dat wetgewing soos die Wet op Werkloosheidsversekering (WWV) en die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes (“COIDA”) ook van toepassing is op werknemers wat kommissie verdien. Hulle moet ook beskerm word in gevalle van onvoorsiene werkloosheid of wanneer hulle by die werk beseer word.

WWV is van toepassing op alle werkgewers en werknemers (uitgesluit werknemers wat minder as 24 uur per maand vir ‘n werkgewer werk). ’n Werkgewer het geen diskresie om vir werkloosheidsversekering te registreer en om die maandelikse bydraes te betaal of nie (1% van die werknemer se salaris word afgetrek vir die werknemer se bydrae en 1% van die werknemer se salaris vir die werkgewer se bydrae).

“COIDA” is van toepassing op alle werkgewers en vaste termyn en permanente werknemers wat as gevolg van ‘n werksplekongeluk of werksverwante siekte beseer, gestremd, gedood of siek word. ‘n Werkgewer wat besigheid in Suid-Afrika bedryf, moet by die Vergoedingskommissaris registreer en die jaarlikse aanslagfooi betaal.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.