Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

- een week kennis indien die werknemer vir ses maande of minder in diens was;
- twee weke kennis indien die werknemer langer as ses maande maar minder as 12 maande in diens was;
- vier weke kennis indien die werknemer vir meer as 12 maande in diens was.
Die bedanking
Kan die werknemer die bedanking terugtrek?
Wat is die werkgewer se opsies?
Die werkgewer het nou ‘n keuse om óf die terugtrekking te aanvaar óf nie. Maak seker dat enige onderliggende probleme of toestande rakende die bedanking in ag geneem word.
Eerstens kan die werkgewer die werknemer by die bedanking hou en weier om die versoek om dit terug te trek te aanvaar. Die werkgewer kan steeds die kennistydperk afdwing.
Tweedens kan die werkgewer instem om die werknemer se terugtrek van bedanking te aanvaar. Dit is nie nodig om ‘n nuwe dienskontrak te implementeer nie aangesien daar geen onderbreking in die dienstydperk was nie. Die diensverhouding sal voortgaan soos voorheen. Neem kennis dat die bepalings en voorwaardes van diens nie eensydig gewysig kan word nie. Enige veranderinge moet tussen die partye onderhandel word en onderling ooreengekom word op, waarna dit skriftelik vervat moet word en deur beide partye onderteken word.
Kontak die LWO by 086 110 1828 met enige arbeidsregnavraag – ons is 24/7 beskikbaar. Lede kan ook ‘n e-pos stuur na info@lwo.co.za vir bystand en ondersteuning.
Vrywaring: Neem kennis dat die inligting en materiaal wat gepubliseer word, nie regsadvies is nie, maar vir algemene inligtingsdoeleindes. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, hetsy direk of gevolglik, wat mag voortspruit uit die vertroue op die inligting op hierdie platform nie. Vir regsadvies, raadpleeg asseblief een van ons regsadviseurs oor enige spesifieke regsprobleem of aangeleentheid.
Voordele van ‘n geen-aantekening-polis:
- Dit weerhou werknemers daarvan om gesprekke op te neem
- Dit moedig vertroue en openhartige gesprek aan
- Indien kennis van die opname eers plaasvind nadat litigasie ‘n aanvang geneem het, kan die werkgewer moontlik die na-verkryde bewyse gebruik om sy blootstelling te stuit vanaf die punt toe die verbreking van die maatskappybeleid ontbloot is.
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.