Borsvoed en die werksplek

Suid-Afrika se Openbare Gesondheidsbeleid bevorder en moedig moeders aan om hul babas vir ten minste die eerste ses maande van die kind se lewe te borsvoed. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en sy Goeie Praktykskode, maak voorsiening dat ‘n werkgewer ‘n borsvoedende ma ten minste twee breuke per dag van minstens dertig minute elk moet toelaat om melk vir haar baba uit te melk. Hierdie breuke moet bykomend tot haar normale tee- en/of middagetebreuke gegee word. Dit is die werknemer se plig om met haar werkgewer in gesprek te tree indien sy van voorneme is om langer as ses maande te borsvoed en om reëlings te tref om borsvoeding te ondersteun.
‘n Swanger werknemer moet vroegtydig kennis gee aan haar werkgewer van haar voorneme om te borsvoed, ten einde die werkgewer die geleentheid te bied om ‘n skoon en privaat area te reël waar die werknemer melk kan uitmelk. Dit is die werknemer se plig om met haar werkgewer of bestuurder in gesprek te tree sodra sy terugkeer van kraamverlof om haar werkgewer genoeg geleentheid te gee om borsvoeding in die werksplek te akkommodeer.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die Goeie Praktykskode versuim egter om ‘n paar belangrike punte aan te spreek, soos of:

  • die breuke vir uitmelk betaald of onbetaald sal wees;
  • die tydperk hoe lank ‘n werkgewer die werknemer moet toelaat om hierdie breuke te neem om borsmelk uit te melk; en
  • of die werkgewer voorsiening moet maak vir die berging en verkoeling van uitgemelke borsmelk.

Dit is belangrik dat die werkgewer en werknemer op dieselfde bladsy is. Kommunikasie speel ‘n deurslaggewende rol en werkgewers moet daarop let om met werknemers oor bogenoemde te konsulteer en ooreen te kom oor die pad vorentoe. Kultuur, geslag, waardes, oortuigings, ens. van alle partye moet ook in ag geneem word in die kommunikasieproses om effektiewe kommunikasie te verseker.

Die Goeie Praktykskode dien as ‘n riglyn vir werkgewers om te volg. Deur egter ‘n ondersteunende omgewing vir borsvoedende moeders in die werksplek te skep, bevorder die werkgewer die gesondheid van werknemers en hul babas.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.