Werkgewers mag ‘nee’ sê

Werkgewers mag ‘nee’ sê vir werknemers se versoeke. Alhoewel die werkgewer billik en eenvormig moet optree, het die werkgewer die reg om versoeke te weier op grond van operasionele vereistes. Die werkgewer moet ook vergunnings en toegewings goed deurdink om die skep van ‘n presedent te voorkom in die toekoms. Drie algemene versoeke van werknemers wat die werkgewer nie hoef toe te staan nie, sluit in:
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Opsie om ‘nee’ te sê – Verlof en tyd af

In terme van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes is die werknemer geregtig op een dag se betaalde verlof vir elke 17 dae gewerk. Alhoewel die werknemer geregtig is daarop om verlof te neem, moet die werknemer steeds aansoek doen om verlof en kan die werkgewer dit afkeur op grond van operasionele vereistes, soos byvoorbeeld dat dit die besigste tyd van produksie is.

Wanneer die werknemer ‘n versoek rig vir tyd af om persoonlike aangeleenthede te hanteer, soos byvoorbeeld om die kliniek te besoek vir ‘n roetine ondersoek of om medikasie te bekom, kan die werkgewer weier. Hierdie besoeke kan in die werknemer se privaat tyd geskeduleer word, alternatiewelik moet die werknemer jaarlikse verlof neem. Neem kennis dat betaalde siekverlof slegs van toepassing is wanneer ‘n werknemer nie in staat is om te werk nie as gevolg van ‘n mediese toestand.

Opsie om ‘nee’ te sê – Lenings

Lenings moet liefs nie aan werknemers toegestaan word nie. Die werkgewer is nie ‘n finansiële instelling nie en wanneer lenings op ‘n gereelde basis aan werknemers toegestaan word, kan dit ‘n verwagting by werknemers skep, asook ‘n presedent vir toekomstige lenings.

Opsie om ‘nee’ te sê – Ex-gratia betalings

Ex-gratia betalings verwys na wanneer die werkgewer op ‘n ad hoc basis ‘n bedrag bewillig aan die werknemer, soos bv. met diensbeëindiging, ‘n huweliksbevestiging, begrafnis, ens. Hierdie betaling is uitsluitlik op die diskresie van die werkgewer en die werkgewer moet dit duidelik kommunikeer dat daar geen verwagting by die werknemer geskep word van soortgelyke toekomstige betalings nie.
Dis belangrik dat die werkgewer deurlopend konsekwent optree ten opsigte van dissipline, prosedures, werksomstandighede, diensvoorwaardes en vergoeding om onregverdige diskriminasie te vermy.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.