Landbousektor voorsorgfonds (aspf) – tref voorsorg

Daar kan met reg erkenning gegee word aan die wyse waarop werkgewers in die landbousektor deurlopend in belang van werknemers optree. Finansiële beplanning is ‘n belangrike aspek waaraan elke werker aandag behoort te gee en derhalwe is dit ook belangrik dat ‘n organisasie soos die LWO Werkgewersorganisasie sal deelneem aan inisiatiewe om bekostigbare aftree-, ongeskiktheids-, sterfte-, begrafnis- en uitdienstredingsvoordele vir plaaswerkers daar te stel. Die Landbousektor Voorsorgfonds (LSVF) bied verskeie bekostigbare planne met unieke voordele aan werknemers.
Die LSVF word deur ‘n Raad van Trustees bestuur, met verteenwoordiging deur die LWO, Agri SA, TLU SA en professionele onafhanklike Trustees. Die Raad van Trustees sien om na bekostigbare bydraes, sowel as mededingende voordele vir deelnemende plaaswerkers.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

LSVF – Nuwe diensverskaffer

Tydens 2022 het die Trustees van die LSVF ‘n intensiewe markondersoek onderneem na ‘n alternatiewe fondsadministrateur en is Verso Finansiële Dienste (Edms) Bpk. met ingang vanaf 01 Oktober 2022 aangestel as die nuwe administrateur van die fonds.
Onder die nuwe Verso administrasieplatform sal lede en werkgewers via die fonds se webwerf kan registreer met Verso. Lede sal ook ‘n slimfoontoepassing kan aflaai. Hierdeur sal hulle toegang hê tot persoonlike inligting soos benoemde begunstigdes, bydraegeskiedenis, salarisgeskiedenis, geskiedenis van verwerkte transaksies, bygewerkte lidbydraes, en lidvoordeelstate.
Dit is belangrik om te besef dat boere ook ‘n sosiale verantwoordelikheid teenoor hulle werkers het indien hulle te oud raak om verder te werk, of in die geval van onvoorsiene omstandighede waar die lid as gevolg van ongeluk of siekte medies ongeskik raak of te sterwe kom voordat afree-ouderdom bereik word.

Kontakbesonderhede

  • Werkgewers wat nog nie deelneem aan die LSVF vir hul werknemers nie, kan Ben de Jager kontak by ben@verso.co.za | 071 495 3333.
  • Werkgewers wat reeds deelneem aan die LSVF kan met Desiree Morreira skakel by desireem@verso.co.za | 021 943 5300 vir administratiewe ondersteuning.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.