Wat van higiëne?

Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid plaas ‘n uitdruklike verpligting op die werkgewer om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf. Dit is ongetwyfeld in die werkgewer se belang om konsekwent goeie higiëne in die werksplek toe te pas.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Statistieke wat verband hou met higiëne in die werksplek is soos volg:

  • Die gemiddelde lessenaar huisves 400 keer meer bakterieë as ‘n toiletsitplek. Gereelde handewas en ontsmetting kan siekte verminder.
  • Volgens Beroepsorg Suid-Afrika (OCSA) kos afwesigheid die Suid-Afrikaanse ekonomie jaarliks tussen R12-16 miljard.

Goeie higiëne in die werksplek dra by tot:

  • Kontinuïteit van menslike hulpbronne – wanneer ‘n werknemer siekverlof neem het dit ongetwyfeld ‘n impak op ander werknemers se werkslading. Die werkgewer het nie noodwendig spaar kapasiteit om aan te wend in sulke gevalle nie en plaas dit druk op die werkgewer se besigheidsaktiwiteite.
  • Besparing van kostes deurdat minder siekverlof geneem word – die werknemer is geregtig op betaalde siekverlof wanneer hy/sy onbevoeg is om te werk as gevolg van ‘n mediese toestand. Wanneer afwesigheid verminder word, is daar ‘n definitiewe besparing vir die werkgewer.
  • Verhoogde produktiwiteit deur “presenteeism” teen te werk – die term “presenteeism” verwys na wanneer werknemers opdaag vir werk terwyl hulle siek is en dit lei tot produktiwiteitsverlies, die maak van foute, ensovoorts.
  • Verbeterde moraal en werknemerswelstand.
  • ‘n Positiewe beeld aan verskaffers, kliënte en beleggers.
Basiese higiëne in die werksplek verwys na persoonlike higiëne, skoon werksareas, skoon toiletgeriewe en ‘n skoon kombuis. ‘n Gebrek aan persoonlike higiëne lei dikwels tot wrywing en het ‘n negatiewe impak op die besigheid se professionele beeld.
Elke werksplek is uniek. Alhoewel sommige besighede strenger higiënemaatreëls moet toepas in terme van die diens of produk wat hulle lewer, is goeie higiëne in enige werksplek tot die werkgewer se voordeel.

Wees proaktief en handhaaf goeie higiëne in die werksplek:

  • Implementeer ‘n higiënebeleid.
  • Skep bewustheid onder werknemers van die voordele van goeie higiëne.
  • Kweek goeie gewoontes aan (gereelde handewas) en maak dit makliker vir werknemers om goeie higiëne te beoefen deur handewasstasies en/of handreinigers te installeer.
  • Verskaf ‘n skoon toilet wat goed toegerus is met seep, toiletpapier en handdoeke.
  • Maak seker dat die werksplek gereeld skoongemaak word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.