“Dit was net ‘n grap”

Dikwels gebeur dit dat ‘n werknemer onvanpaste gedrag probeer verskoon met “dit was net ‘n grap”. In die werksomgewing veral, is die bestuur van menseverhoudinge kompleks en kan ‘n “grappie” ernstige en verreikende gevolge hê waarvoor die werknemer aanspreeklik gehou kan word.
Vandag se tegnologie maak toerusting wat insidente of gesprekke kan opneem baie toeganklik vir enigeen. Dit, tesame met die feit dat die werksplek ‘n hoogs gereguleerde omgewing is in terme van wetgewing, behoort werknemers twee keer te laat dink oor onvanpaste “grappies”. Die werksplek is ‘n baie diverse omgewing in terme van kultuur, godsdiens, oortuigings, waardes, politieke sienings, verwysingsraamwerke, werksetiek, opinies, ens. Almal sal nie altyd met mekaar oor die weg kom nie en wanneer konflik ontstaan, moet die werkgewer intree in en help om die konflik op te los voordat dit eskaleer, of meer werknemers begin raak.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Slegte gedrag vermom as ‘n grap

Danksy moderne tegnologie is toerusting wat insidente of gesprekke kan opneem hoogs toeganklik vir diegene wat dit wil gebruik. Tesame met die feit dat die werkplek ‘n hoogs gereguleerde omgewing is in terme van wetgewing, behoort werknemers twee keer te dink oor die deelname aan ‘n onvanpaste ‘grap’.

Tipiese voorbeelde van ‘n “grap” sluit in

  • Diskriminasie verwysing ras, geslag, geloof, gestremdheid, ouderdom, ensovoorts (“jou aap”, seksistiese opmerkings, seksuele teistering, ensovoorts).
  • Poetse en speletjies. wanneer dit by toerusting, voertuie en masjiene kom, kan daar geen vorm van speletjies bekostig word nie. Werknemers kan lelik beseer word indien hulle besluit om poetse te bak terwyl hulle byvoorbeeld rondom ’n trekker en hamermeule werk.
  • Terg.
  • Ruwe spel (“horseplay”) dit is rowwe of rumoerige spel of slenters by die werksplek. Dit kan aktiwiteite wees soos grappies wat fisiese kontak, rondspeel, wedrenne, gryp, sosiale druk om aan onveilige dade deel te neem, teistering en ongemagtigde kompetisies insluit.
  • Sosiale media, WhatsAppinligting wat op hierdie platforms geplaas of gedeel word.
  • Dreigemente. wanneer een werknemer ’n ander dreig om hom leed aan te doen, insluitende mondelings en nie-verbaal indien daar deur middel van ’n intimiderende kyk en handgebare afgelei kan word dat die werknemer jou onveilig laat voel.

‘n Sogenaamde “grap” wat skeepfloop stel die werkgewer bloot aan risiko, insluitende beserings aan diens, beskadiging van eiendom (werkgewer/werknemer), verswakte kohesie en spandinamieka, skade aan werkgewer se openbare beeld, griewe, Kommissie vir Versoening Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA),sake en hofsake.

Dissiplinêre optrede

Elke werksplek moet ‘n relevante dissiplinêre kode hê, wat verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is, met toepaslike sanksies. Die werksplek se dissiplinêre kode maak voorsiening vir verskeie
tipes oortredings wat met onvanpaste gedrag of “grappies” verband hou: wanordelike gedrag, beledeginde gedrag, beskadiging of misbruik van die werkgewer se eiendom, verbreking van konfidensialiteit en vertroue, en oortredings wat verband hou met alkohol of dwelms.
Humor is ’n noodsaaklike uitlaatklep vir onderliggende stres in die werksplek en begin hierdie tipe gedrag en aktiwiteite dikwels met onskadelike bedoelings. Die werkgewer moet egter die erns van die oortreding oorweeg en dissipline daarvolgens toepas.
Die erns van ‘n oortreding word beïnvloed deur die werknemer se tipe werk en verantwoordelikheid, die (moontlike) gevolge van die oortreding, asook die impak van die oortreding op die werknemer-werkgewer vertrouensverhouding.
asook die impak van die oortreding op die werknemer-werkgewer vertrouensverhouding. Die oortreding sal ook as meer ernstig geag word indien ‘n werknemer se waardigheid aangetas is.

Wees proaktief

Die meeste werksplekongelukke kan voorkom word deur eerder bedag te wees op gevare en om veiligheidsreëls na te kom. Grense moet vanaf die begin van die diensverhouding gestel word om enige onsekerhede vorentoe te vermy. Werkgewers moet sorg dat hulle die korrekte prosedures volg wanneer dissiplinêre stappe geneem word of konsultasies gehou word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.