Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline

Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline in die werksplek en die waarde daarvan word dikwels oorgesien. Die Wet op Arbeidsverhoudinge (“WAV”) omskryf progressiewe dissipline soos volg:

“Die benadering van progressiewe dissipline in die werksplek, beskou die doel van dissipline as ‘n middel vir werknemers om te weet en te verstaan watter standaarde van hulle vereis word. Dus moet redelike stappe geneem word om werknemers se gedrag te verbeter of te verander deur middel van ‘n sistematiese gebruik van waarskuwings en konsultasies”.
Die WAV gee erkenning aan berading in die vorm van konsultasies as ‘n metode van progressiewe dissipline. Dissipline in die werksplek het ten doel om werknemers se gedrag aan te pas en te verbeter. Die opstel en uitreik van ‘n skriftelike waarskuwing is ‘n vinnige en maklike manier om progressiewe dissipline toe te pas. Die werknemer ontvang ‘n omskrywing van die wangedrag met ‘n kort verduideliking van die spesifieke feite wat gelei het tot die skriftelike waarskuwing. The employee receives a written description of his misconduct followed by a concise explanation of the facts that led to the written warning.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Maar, is die uitreik van ‘n skriftelike waarskuwing altyd die mees toepaslike vorm van progressiewe dissipline?

‘n Skriftelike waarskuwing kommunikeer aan die werknemer dat ‘n reël of prosedure in die werksplek oortree is en dat indien die spesifieke wangedrag herhaal word binne ‘n spesifieke tydperk, daar verdere en meer ernstige dissipline toegepas sal word. Die uitreik van ‘n skriftelike waarskuwing beteken nie noodwendig dat die werknemer werklik die dissiplinêre kode van die werkgewer verstaan, of die gevolge wat die wangedrag vir die werkgewer asook ander werknemers inhou nie.
Berading is toepaslik in gevalle waar die werknemer nie voldoen aan ‘n reël of standaard van die werkgewer, of nie bewus is van ‘n reël wat gedrag reguleer nie, en in gevalle waar die oortreding nie as ernstig geag word nie.

‘n Goeie voorbeeld hiervan is ‘n werknemer wat gereeld laat vir werk opdaag. Volgens die dissiplinêre kode is ‘n werkgewer geregtig daarop om na die eerste geleentheid wat ‘n werknemer laat opdaag vir werk, ‘n skriftelike waarskuwing uit te reik. Na die derde keer dat ‘n werknemer laat opdaag vir werk en ‘n finale skriftelike waarskuwing uitgereik is kan die werknemer moontlik ontslaan word na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor. Die werknemer sal deeglik bewus wees daarvan dat aanhoudende laatkom onaanvaarbaar is vir die werkgewer en dat die werkgewer progressiewe dissipline toegepas het na aanleiding daarvan. Maar die vraag is of die werknemer werklik besef waarom dit belangrik is om betyds op te daag vir werk.
Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline kan in sulke gevalle tot voordeel vir beide die werkgewer en werknemer wees. Tydens ‘n formele berading konsultasie kan die werkgewer die negatiewe impak en gevolge van laatkom vir werk vir die werknemer uitwys. Die werknemer word ook die geleentheid gegee om redes te verskaf waarom hy of sy dikwels laatkom vir werk. Oplossings en voorstelle om die probleem op te los kan ook bespreek word.
Dit is noodsaaklik om rekord te hou van sulke berading konsultasies en enige besluite en voorstelle wat gemaak word skriftelik aan te teken. Dit dien as bewys dat die werkgewer berading as progressiewe dissipline toegepas het. Indien die werknemer se wangedrag sou voortduur sal die werkgewer geen keuse hê as om verdere progressiewe dissipline in die vorm van skriftelike waarskuwings uit te reik nie.

Wanneer is dit nie toepaslik nie?

Berading as ‘n vorm van progressiewe dissipline sal egter nie toepaslik wees in gevalle van ernstige wangedrag soos byvoorbeeld diefstal, growwe nalatigheid en oneerlikheid nie. Hierdie oortredings behels ernstige wangedrag en lei gewoonlik daartoe dat die vertrouensverhouding tussen die werkgewer en werknemer onherstelbaar verbrokkel.
Progressiewe dissipline, en meer spesifiek berading, kan suksesvol toegepas word in die werksplek indien die werknemer ‘n werklike poging aanwend om ‘n herhaling van die wangedrag te voorkom deur sy/haar gedrag reg te stel.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.