Dros: volg die korrekte prosedure

Werkgewers word gereeld gekonfronteer met werknemers wat net wegbly van die werk af. Die vraag wat dan ontstaan, is hoe om dit te hanteer. Indien ‘n werknemer nie rapporteer vir werk nie, is daar ‘n verpligting op die werkgewer om alle redelike stappe te neem om vas te stel waarom die werknemer afwesig is.

DIE EERSTE STAP

Die eerste stap wat deur die werkgewer geneem moet word, is om die werknemer te kontak op alle beskikbare nommers. Indien die werknemer nie antwoord nie moet daar op ‘n latere stadium weer gepoog word om die werknemer te kontak. Indien dit onsuksesvol bly, stuur ‘n boodskap aan die werknemer om hom in kennis te stel dat hy afwesig is sonder toestemming, en indien hy afwesig is weens ‘n siektetoestand, hy dit so spoedig moontlik moet bevestig.

Die tweede stap

Die tweede stap is om die werknemer in kennis te stel dat hy moet terug rapporteer vir werk omrede hy afwesig is sonder toestemming en/of ‘n geldige rede. Voorsien die werknemer van ‘n spesifieke datum en tyd waarop hy moet terug rapporteer. Oor die algemeen sal die datum die volgende besigheidsdag wees.

 

Indien die werknemer nogsteeds nie rapporteer vir werk nie, en geen kommunikasie voorsien oor sy afwesigheid nie, kontak die werknemer weer met ‘n waarskuwing dat hy steeds afwesig is sonder toestemming en/of ‘n geldige rede.

Het jy al ‘n geval van dros gehad?

LAAT LWO JOU HELP!

‘n Ultimatium

Indien die werknemer vir vyf aaneenlopende dae/skofte afwesig is, moet ‘n ultimatum aan die werknemer voorsien word met die volgende inligting:

 

  • die datum van wanneer af hy afwesig is sonder toestemming en/of ‘n geldige rede;
  • dat hy afwesig is vir vyf opeenvolgende dae/skofte wat ‘n aanduiding is dat hy dros en nie die intensie het om terug te keer werk toe nie;
  • dat die werknemer op ‘n ultimatum geplaas word om terug te keer werk toe;
  • gespesifiseerde datum en tyd waarop die werknemer moet terug rapporteer vir werk;
  • ‘n waarskuwing dat verdere dissiplinêre stappe ingestel kan word, insluitende ‘n dissiplinêre verhoor en moontlike ontslag.

Kennisgewing van verhoor

Indien die werknemer nie gehoor gee aan die ultimatum nie, en nogsteeds nie terug rapporteer vir werk nie, beteken ‘n kennisgewing van dissiplinêre verhoor op die werknemer. Die kennisgewing kan per hand, e-pos, of elektroniese boodskap (“SMS” of “WhatsApp”) aan die werknemer voorsien word. Die kennisgewing moet ook spesifiek die werknemer waarsku dat die verhoor in sy afwesigheid kan voortgaan indien hy kies om dit nie by te woon nie.

 

Die algemene reëls aangaande ‘n dissiplinêre verhoor is geldig en moet nogsteeds gevolg word, selfs wanneer ‘n werknemer versuim om die verhoor by te woon. Indien die werknemer skuldig bevind word aan dros gedurende die dissiplinêre verhoor kan dit lei tot sy onmiddelike ontslag.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.