LWO werkswinkels 2025

By die LWO is ons missie duidelik: om ‘n dinamiese rol te speel in die bestuur van arbeidsverhoudinge wat sal bydra tot ‘n produktiewe en volhoubare werksomgewing. Ons werkswinkels speel hier ’n kernrol in die bied van praktiese, toepaslike opleiding wat spesifiek op die werkgewer se werklikhede fokus. Deur aktuele onderwerpe aan te spreek en regsvereistes op ‘n verstaanbare wyse te verduidelik, stel ons werkswinkels werkgewers in staat om proaktief op te tree, risiko’s te beperk en ’n regverdige, wettige en produktiewe werksplek te bou.
Vir die afgelope 35 jaar het die LWO het ‘n wêreldklas span hoogsopgeleide regsadviseurs wat daagliks nasionaal arbeidsregsadvies verskaf en arbeidsregtelike dienste lewer aan werkgewers. Sedert 2023 bied die LWO weer ‘n reeks praktiese werkswinkels aan wat fokus op arbeidsreg vir die werkgewer. Werkswinkels word aanlyn via ‘n digitale platform soos Microsoft Teams, asook in persoon aangebied.
VOLDOEN JY AAN ARBEIDSWETGEWING?
Werkswinkels 2025
Gedurende die eerste sewe maande van die 2025 het daar reeds ongeveer 25 werkswinkelsessies plaasgevind. Ons is opgewonde om aan te kondig dat daar nog vele geskeduleerde werkwinkels is wat voor die einde van 2025 gaan plaasvind. Onderwerpe sluit in:
- Hoe om griewe te hanteer
- Feitevinding en ondersoekproses vir ‘n suksesvolle verhoor
- Hoe om alkohol, dwelms en afwesigheid te hanteer
- Wat in jou werksplekdienskontrak moet wees en ingesluit moet word in jou aanboordkomsproses 101
Landbousektor
‘n Reeks werkswinkels is spesiaal doelontwerp vir die landbousektor om boere as werkgewers toe te rus met noodsaaklike kennis in terme van arbeidswetgewing wat spesifiek op die landbousektor van toepassing is. Dit het ten doel om wetlike nakoming en werkgewer-werknemer verhoudings te verbeter en ‘n veilige en billike werksomgewing binne die landbousektor te verseker. Verskeie werkswinkels in hierdie reeks, genaamd die Deurslaggewende basiese arbeidsreggids vir die landbousektor, het reeds plaasgevind. Onderwerpe wat hanteer sal word in die reeks se opkomende werkswinkels sluit in:
- Afwesigheid en dissiplinêre verhore
- Voorbereiding vir ‘n basiese diensvoorwaarde-inspeksie
- Hantering van alkohol en dwelms in die werksplek
- Wat om te doen as daar ‘n besering aan diens (“IOD”) is
- Vorme van diensbeïndiging
Skedule van werkswinkels
Die LWO werkswinkels is ontwerp om werkgewers op hoogte te hou van die jongste arbeidswetgewing en bied praktiese advies om uitdagings in die werksplek doeltreffend te hanteer. Klik op die skakel onder om die volledige skedule van werkswinkels te sien, asook skakels om te registreer. Bespreek jou plek vroegtydig! https://lwo.co.za/one-stop-labour-shop/training-courses/
Ons het groot waardering vir besigheidseienaars wat so ‘n kritiese rol speel in ons land se ekonomie en is ons trots op hierdie inisiatief om op grondvlak ‘n verskil te maak in elke werkgewer se besigheid. Het jy geweet dat die LWO ook werkswinkels op aanvraag aanbied? Ons verstaan dat elke besigheid uniek is en daarom nooi ons jou as werkgewer om ons te kontak met jou spesifieke opleidingsbehoeftes ten opsigte van arbeidsregtelike onderwerpe indien hierdie behoefte nie in die skedule gedek word nie, of met enige vrae oor die werksessies.
Ons sien daarna uit om jou by ons sessies te verwelkom! Ons is hier om jou groei en sukses te ondersteun met doelontwerpe oplossings.
Kontak Hannes Latsky, LWO Opleiding en Nakomings Bestuurder, vir meer inligting oor werkswinkels by 0861 101 828 x303 of stuur ‘n e-pos na hannes@lwo.co.za
Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.