Teistering in die werksplek

Dit blyk dat teistering en intimidasie in die werksplek steeds ‘n algemene kwessie in baie werksplekke is. Suid-Afrika se Grondwet, tesame met ander wetgewing soos die Wet op Billike Werksgeleenthede, 1998 (WBW) en die Goeie Praktykkode oor die Voorkoming en Uitwissing van Teistering in die Werksplek (Kode), uitgevaardig kragtens die WBW, verbied enige vorm van teistering of intimidasie in die werksplek.

Teistering

Teistering is ongewenste gedrag wat waardigheid aantas, ‘n vyandige werksomgewing vir een of meer werknemers skep, of daarop gemik is om onderwerping te veroorsaak, of die uitwerking daarvan het om dit te veroorsaak deur werklike of dreigende nadelige gevolge en hou verband met een of meer gronde ten opsigte waarvan diskriminasie verbied word ingevolge artikel 6(1) van die WBW, wat beide gelyste gronde en ‘n arbitrêre grond insluit.

 

Algemene voorbeelde in die werksplek:

 

  • Fisiese teistering – sluit fisiese aanvalle, gesimuleerde of dreigende geweld en gebare in.
  • Verbale afknouery – sluit dreigemente, skande bring, vyandige terg, beledigings, negatiewe oordeel, kritiek en onvanpaste taal (rassistiese/seksistiese/homofobiese taal) in.
  • Sielkundige teistering – teistering in die werksplek kan geassosieer word met emosionele mishandeling en behels gedrag wat ernstige negatiewe sielkundige gevolge vir die klaer inhou, soos dikwels die geval is met verbale mishandeling, afknouery en teistering en sluit emosionele mishandeling, laster, vernedering, uitsluiting, vervolging, dophou en meer in.
  • Afknouery – gedrag waarin iemand herhaaldelik ‘n ander persoon beseer of ongemak veroorsaak.
  • Groepsteistering – ‘n vorm van teistering deur ‘n groep mense wat op een of meer individue gemik is.

Intimidasie

Intimidasie is die opsetlike gedrag wat veroorsaak dat ‘n persoon van gewone sensitiwiteit besering of skade vrees. ‘n Algemene voorbeeld in die werksplek is waar ‘n werknemer ‘n mes op ‘n ander werknemer rig en dreig om hom dood te maak.

WEET JY HOE OM TEISTERING IN DIE WERKSPLEK TE HANTEER?

LAAT LWO JOU HELP!

Seksuele teistering

Die bekendste vorm van teistering is seksuele teistering, wat ‘n ernstige oortreding is en ook as ‘n vorm van onbillike diskriminasie beskou word. Dit word beskryf as ongewenste gedrag van ‘n seksuele aard, hetsy direk of indirek, wat die oortreder weet of behoort te weet nie welkom is nie. Hierdie gedrag sluit enige fisiese, verbale of nie-verbale seksuele gedrag in wat die slagoffer ongemaklik laat voel.

 

Seksuele teistering skend die slagoffer se regte op:

  • ’n Werksomgewing wat vry is van seksuele teistering.
  • Om met respek en waardigheid behandel te word in die werksplek.
  • Gelykheid en om nie op grond van geslag gediskrimineer te word nie.

 

Gedrag sal slegs as seksuele teistering geag word as dit ‘n seksuele ongewenste ondertoon het. Die ongewenste aard word onderskei van gedrag wat verwelkom en wederkerig beantwoord word.

 

Seksuele aandag word seksuele teistering wanneer:

  • Die teistering gebaseer is op een of meer verbode gronde, naamlik: geslag, geslagsgelykheid en/of seksuele oriëntasie.
  • Die seksuele gedrag ongewenst of onaanvaarbaar is.
  • Die aard en omvang van die gedrag sodanig is dat die oortreder redelikerwys moes geweet het dat dit as ongewenste seksuele gedrag beskou kan word.
  • Wanneer dit objektief beoordeel word vanuit die klaer se perspektief, het die gedrag die werknemer negatief beïnvloed en sodanige assessering moet ingelig word deur maatskaplike waardes wat weerspieël word in ons grondwetlike era.

 

Algemene voorbeelde van seksuele teistering kan insluit:

 

  • Fisiese aanraking (aanraking, soene, seksuele aanranding en verkragting).
  • Seksuele toenadering, dreigemente, onvanpaste opmerkings en meer.

Die werkgewer

Die WBW bepaal dat ‘n werkgewer die wet oortree indien hy/sy versuim om die nodige stappe te neem in gevalle van beweerde teistering. Artikel 60 van die WBW hou ‘n werkgewer aanspreeklik vir die onwettige, diskriminerende gedrag van sy werkers. Daarom, sodra bewerings van teistering by ‘n werkgewer aangemeld is, het die werkgewer ‘n verpligting om die gedrag uit te skakel. Werkgewers het ‘n verpligting om werknemers teen alle vorme van teistering te beskerm.

 

Werkgewers moet ‘n interne werksplekbeleid implementeer wat hierdie tipe gedrag uitlig en verbied en vinnig optree wanneer ‘n voorval aangemeld word. Elke individu het die reg om met waardigheid en respek behandel te word. Dit moet vir alle werknemers in die werksplek duidelik wees dat teistering nie geduld sal word nie, hoe dit aangemeld moet word en hoe dit hanteer sal word.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Kontak asseblief die LWO vir bystand om te verseker dat ‘n billike en behoorlike prosedure gevolg word.

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.