Aangewese werkgewers en billike werksgeleenthede planne

Die Republiek van Suid-Afrika se Grondwet, 1996, is gebou op ‘n fundamentele beginsel om gelykheid te bereik. Artikel 9 van die Grondwet gee erkenning aan die twee kritieke dimensies van gelykheid. Die eerste, bekend as formele gelykheid, verbied onbillike diskriminasie en verseker gelyke behandeling vir alle individue. Die tweede, waarna verwys word as substantiewe gelykheid, gaan ‘n stap verder deur erkenning te gee aan die behoefte om die sosiale en ekonomiese toestande van individue en groepe te ondersoek. Hierdie benadering fokus op die implementering van remediërende maatreëls om historiese nadele aan te spreek, wat in lyn is met die doelwit om ware of betekenisvolle gelykheid, en nie net formele gelykheid nie, te bereik.

Die Wet op Billike Werksgeleenthede, Wet 55 van 1998, soos gewysig (hierin verder na verwys as die WBW) is deurgevoer om met die voorgenoemde beginsels te belyn. Die primêre doel van hierdie Wet is om onbillike diskriminasie in die werksplek uit te skakel en om te verseker dat regstellendeaksiemaatreëls geïmplementeer word. Hierdie maatreëls is so ontwerp om te verseker dat toepaslik gekwalifiseerde individue uit aangewese groepe gelyke werksgeleenthede gebied word. Deur hierdie raamwerk beoog die WBW om billike verteenwoordiging op alle beroepsvlakke binne die arbeidsmag te verseker.

Wat is ‘n billike werksgeleenthede plan

‘n Sleutelkomponent van die WBW is die vereiste vir aangewese werkgewers om ‘n billike werksgeleenthede plan te ontwikkel en te implementeer. Hierdie plan het ten doel om werkgewers in staat te stel om redelike vordering te maak ten einde billike werksgeleenthede binne hul besighede te bereik. Deur ‘n billike werksgeleenthede plan te implementeer, demonstreer werkgewers hul verbintenis daartoe om onbillike diskriminasie in die werksplek uit te skakel en om billike verteenwoordiging van aangewese groepe deur regstellendeaksiemaatreëls te bewerkstellig.

Wie word geag ‘n aangewese werkgewer te wees

Kragtens die WBW beteken ‘n aangewese werkgewer:

  • Werkgewers met 50 of meer werknemers in diens
  • ‘n Munisipaliteit, soos na verwys in Hoofstuk 7 van die Grondwet
  • ‘n Staatsorgaan soos omskryf in Artikel 239 van die Grondwet, maar uitgesluit die Nasionale Weermag, die Nasionale Intelligensie-agentskap en die Suid-Afrikaanse Geheime Diens
  • Werkgewers wat ingevolge ‘n kollektiewe ooreenkoms as aangewese werkgewers verklaar is

 

Hierdie aangewese werkgewers word wetlik verplig om billike werksgeleenthede planne in hul werksplekke te implementeer.

IS JY ‘N AANGEWESE WERKGEWER?

LAAT LWO JOU HELP!

Sleutelkomponente van ‘n billike werksgeleenthede plan

‘n Billike werksgeleenthede plan moet die stappe wat ‘n werkgewer sal neem om billike werksgeleenthede doelwitte te bereik duidelik uiteensit. Dit sluit in die stel van jaarlikse doelwitte, die implementering van regstellende aksiemaatreëls en die vasstel van numeriese doelwitte om billike verteenwoordiging van aangewese groepe te verseker. Die plan moet ook tydlyne uiteensit om beide numeriese en nie-numeriese doelwitte te bereik, ‘n moniterings- en evalueringsproses insluit, prosedures om dispute op te los definieer en die individue identifiseer wat verantwoordelik is vir implementering.

 

Die Wysigingswet op Billike Werksgeleenthede, Wet 4 van 2022, het op 1 Januarie 2025 in werking getree. Gevolglik is twee stelle billike werksgeleenthede regulasies ten opsigte van verslagdoeningsvorms en ander dokumentsjablone, sowel as die vyf jaar sektorspesifieke teikens vir billike werksgeleenthede vir die 18 ekonomiese sektore, op 15 April 2025 gepubliseer, wat riglyne aan werkgewers en werknemers verskaf oor hoe om die onlangse wysigings aan billike werksgeleenthede en sektorspesifieke teikens te interpreteer en te implementeer.

 

Na aanleiding van onlangse wysigings word werkgewers nou vereis om ‘n vyf jaar billike werksgeleenthede plan in plek te hê wat die tydperk vanaf 1 September 2025 tot 31 Augustus 2030 dek. Werkgewers wat aangewese word nadat hierdie tydperk begin het, kan ‘n plan ontwikkel wat die oorblywende tydperk dek.

Rapporteringstydperk vir aanlyn indienings

Die aanlyn rapporteringstydperk strek oor die algemeen vanaf die eerste werksdag van September tot en met die 15de Januarie van die volgende jaar vir aanlyn indienings. Die billike werksgeleenthede portaal vir aanlyn indienings het op 1 September 2025 geopen en die sluitingsdatum vir indienings is 15 Januarie 2026.

    Gevolge van nie-nakoming

    Versuim om aan die WBW te voldoen kan ernstige regs- en finansiële gevolge vir aangewese werkgewers inhou. Die Arbeidshof het ook uitgebreide bevoegdhede kragtens die Wet, insluitend die magtiging om boetes op te lê tot en met ingesluit R2,7 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset, wat ook al die meeste is.

    Nog nie ‘n LWO lid nie?
    KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

    Vir aangewese werkgewers is die implementering van ‘n billike werksgeleenthede plan nie net ‘n wetlike verpligting nie, maar ‘n noodsaaklike stap om ‘n inklusiewe werksplek te skep. Deur met werknemers in gesprek te tree, beleide te ontleed en vordering te rapporteer, kan werkgewers verseker dat hulle bydra tot die breër doelwit van ware gelykheid in Suid-Afrika se arbeidsmag.

    Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

    Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

    VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

    VIND NOU UIT.

    Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.