Wat sê die wet oor kinderarbeid (SV 13)

Dit is belangrik vir werkgewers om te weet wat die vereistes is wat gestipuleer word in wetgewing, voor hulle kinders in diens neem. ‘n Kind word gedefinieer in Suid-Afrika as enige iemand onder die ouderdom van 18.

­Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV)

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes dui aan wat ʼn werknemer is:

 

  1. enige persoon wat vir ‘n ander persoon of vir die Staat werk en wat enige vergoeding ontvang, of geregtig is om te ontvang, wat nie ‘n onafhanklike kontrakteur is nie; en
  2. enige ander persoon wat op enige wyse help om die besigheid van ‘n werkgewer te bedryf of self bedryf.

Sektorale Vasstelling 13 (SV 13)

Kinderarbeid word streng gereguleer in Sektorale Vasstelling 13: Landbousektor. Geen persoon mag ‘n kind in boerdery aktiwiteite in diens neem wat jonger as 15 jaar oud is; of wat onder die minimum skoolverlatingsouderdom ingevolge enige wet is nie. Tans moet kinders in Suid-Afrika skool bywoon tot die laaste dag van die jaar waarin die leerder die ouderdom van 15 jaar oud bereik of die negende graad voltooi, wat ook al eerste is.

 

Sektorale Vasstelling 13 dui verder aan dat geen persoon ‘n kind in diens mag neem vir werk wat onvanpas is vir ‘n persoon van daardie ouderdom; werk wat die kind se lewe in gevaar plaas of wat die kind se welsyn, opvoeding, fisiese of geestelike gesondheid, of morele of sosiale ontwikkeling op risiko plaas nie. Hierdie is dan byvoorbeeld werk wat kinders van hul kinderjare, hul potensiaal en hul waardigheid ontneem, en is werk wat skadelik is vir hul fisiese en geestelike ontwikkeling. Dit is werk wat kinders se gesondheid en persoonlike ontwikkeling beïnvloed en met hulle skoolopleiding inmeng en ‘n negatiewe impak op kinders se welstand het.

 

Daar is verdere vereistes vir werkgewers in die landbousektor wanneer ‘n kind tussen die ouderdom van 15 en 18 in diens geneem word. Die kind mag nie:

  • na 18:00 en voor 06:00 die volgende dag werk nie;
  • meer as 35 uur in enige week werk nie (7 ure per dag as die kind 5 dae per week werk); en
  • met chemikalieë werk nie.

 

‘n Werkgewer mag ook geen aftrekking maak vir verblyf ten opsigte van ‘n plaaswerker wat onder 18 jaar oud is nie.

NEEM JY KINDERS IN DIENS?

LAAT LWO JOU HELP!

Bewyslas ten opsigte van kinderarbeid

Die werkgewer dra die onus om te bewys dat wanneer ‘n kind in diens geneem word, die kind nie jonger as 15 is nie. ‘n Werkgewer moet verder kan bewys dat ‘n behoorlike ondersoek gedoen is om die ouderdom van die kind te bepaal. So ‘n ondersoek kan soos volg uitgevoer word:

  • die ouers/voogde van die kind te versoek om ‘n afskrif (wat verkieslik gesertifiseer is) van die kind se geboortesertifikaat te verskaf;
  • die verkryging van ‘n afskrif van die kind se geboortesertifikaat of ID dokument indien die kind reeds een het; of
  • indien geen van hierdie dokumente bestaan nie, ‘n beëdigde verklaring van die ouers wat die geboortedatum van die kind aandui.

 

Dit is raadsaam om ʼn afskrif van die geboortesertifikaat te versoek voor die persoon in diens geneem word. Die werkgewer word verplig om rekord te hou van die naam, geboortedatum en adres van elke plaaswerker onder die ouderdom van 18 jaar vir ‘n tydperk van drie jaar.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
KYK NA ONS LIDMAATSKAPPAKKETTE.

Werkgewers mag geensins kinders onder die ouderdom van 15 in diens neem nie. Indiensneming van kinders tussen die ouderdomme van 15 en 18 moet noukeurig oorweeg word en slegs in buitengewone omstandighede toegepas word.

Kontak die LWO vir enige advies of bystand!

Nog nie ‘n LWO lid nie? Kyk na ons lidmaatskap opsies.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.