Stappe ter voorbereiding van die nasionale minimum loon

Stappe ter voorbereiding van die nasionale minimum loon

Stappe ter voorbereiding van die nasionale minimum loon

Kragtens die Nasionale Minimum Loon Wet (NMLW) beoordeel en hersien die Nasionale Minimum Loon Kommissie jaarliks die nasionale minimum loon. Die Kommissie lê dan ‘n aanbeveling voor aan die Minister van Indiensneming en Arbeid om die nasionale minimum loon vir die 2022/2023 tydperk aan te pas, wat in werking sal tree op 01 Maart 2022.

Die kriteria wat die Kommissie gebruik vir die voorgestelde verhoging is die verbruikersprysindeks (VPI) plus 1,0%. Die VPI in September 2021 was 5,0% en kan die nasionale minimum loonverhoging gevolglik bereken word op 6,0%. Dit behels ‘n verhoging van die huidige nasionale minimum loon van R21.69 per uur na R22.99 per uur (gebaseer op September 2021’s VPI, beskikbaar tydens die skryf van hierdie artikel).

BELANGRIKE OPDATERING: NEEM KENNIS DAT DIE MINISTER VAN INDIENSNEMING EN ARBEID OP 07 FEBRUARIE 2022 IN DIE STAATSKOERANT 45882 DIE GEWYSIGDE NASIONALE MINIMUM LOON AFGEKONDIG HET: DIE LOON PER UUR IS VERHOOG NA R23.19 PER HUUR VANAF 01 MAART 2022 – LEES DIE VOLLEDIGE OPDATERING HIER (ENGLISH) OF HIER (AFRIKAANS).

Besigheid word bedryf in ‘n uitdagende omgewing en plaas die nasionale minimum loon en gepaardgaande verhogings addisionele druk op werkgewers aangesien die betaling van die loon nie onderhandelbaar is nie. Artikel 15 van die NMLW bepaal egter dat indien werkgewers nie die nasionale minimum loon kan bekostig nie hulle aanlyn aansoek om kwytskelding kan doen (http://nmw.labour.gov.za). Indien kwytskelding toegestaan word, sal die werkgewer steeds ten minste 90% van die nasionale minimum loon moet betaal. Kwytskelding is geldig vir ‘n periode van maksimum 12 maande.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van kwytskelding?

As deel van die kwytskeldingsaansoek, moet die werkgewer ‘n goeie rede aanvoer vir die kwytskelding, asook bewys dat daar sinvol met werknemers en verteenwoordigende vakbond(e) waar van toepassing gekonsulteer is. Die regulasies bepaal verder dat só ‘n aansoek nie toegestaan sal word indien die werkgewer nie die bekostigbaarheids-elemente met betrekking tot winsgewendheid, likiditeit en solvensie deurstaan nie. Die berekeninge vir hierdie toetse word verder ingesluit as deel van die skedules tot die wet. Kwytskelding sal slegs oorweeg word indien die werkgewer op datum is met alle wetlike betalings, insluitend die Werkloosheidsversekeringsfonds, die Beroepsbeserings- en vergoedingsfonds (Vergoedingskommissaris) en enige ander toepaslike heffings.

Die aansoek word aanlyn gedoen

Omdat die aansoek aanlyn gedoen word is die uitkoms onmiddellik beskikbaar, tensy die aansoek uitgesonder word vir ‘n oudit (wat binne 30 dae vanaf die datum van aansoek sal plaasvind). Die uitkoms sal die datum van inwerkingtreding van kwytskelding bevestig, die tydperk waarvoor dit toegestaan word, die lone wat die werkgewer verplig is om werkernemers te betaal, asook enige ander relevante voorwaardes. Indien kwytskelding toegestaan word, moet ‘n afskrif van die kwytskeldingsertifikaat in die werksplek vertoon word, asook aan die betrokke werknemers en verteenwoordigende vakbond(e) waar van toepassing verskaf word. Indien die aansoek onsuksesvol is, sal die werkgewer ‘n kennisgewing ontvang met die redes vir die weiering.

Wat van dispute?

‘n Dispuut oor die nie-nakoming van die NMLW kan óf na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA), óf die Departement van Indiensneming en Arbeid verwys. Indien ‘n werkgewer versuim om aan die NMLW te voldoen, kan die werkgewer soos volg beboet word (watter bedrag ook al die meeste is):

  • Twee keer die waarde van die bedrag wat die werknemer onder die voorgeskrewe minimum loon betaal word; of
  • Twee keer die werknemer se maandelikse loon.

Beperkende arbeidsregulasies word geag as een van die mees problematiese faktore as dit kom by die doen van besigheid in Suid-Afrika. Werkgewers moet tot die besef kom dat deur ‘n kopskuif te maak en die besigheidsrisiko gekoppel daaraan om aan arbeidswetgewing te voldoen proaktief te bestuur, werkgewers hulself reg posisioneer vir die diensverhouding vorentoe, asook enige moontlike toekomstige dispute.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

COVID-19: selfkwarantyn teenoor isolasie

COVID-19: selfkwarantyn teenoor isolasie

COVID-19: selfkwarantyn teenoor isolasie

Wat is die verskil tussen selfkwarantyn en isolasie? Volgens die Staatskoerant 44700, gedateer 11 Junie 2021, is die definisies soos volg:

ISOLASIE – REGULASIE 6(4)

Isolasie vind plaas wanneer ‘n werknemer simptome van COVID-19 ontwikkel of positief diagnoseer vir COVID-19. Isolasie is verpligtend om verspreiding van die virus na ander werknemers te vermy. Isolasie kan tuis, in ‘n goedgekeurde isolasiefasiliteit of selfs in ‘n hospitaal plaasvind indien die werknemer ernstige simptome het en mediese bystand benodig. Indien die werknemer gehospitaliseer word sal die isolasietydperk van 10 dae moontlik langer wees tot ‘n werknemer kliniese stabiliteit bereik volgens ‘n mediese praktisyn.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

SELFKWARANTYN – REGULASIE 6(5)

Daar moet ‘n beoordeling plaasvind ten opsigte van “lae risiko” of “hoë risiko” blootstelling sodra ‘n werknemer in kontak was met ‘n ander persoon wat met COVID-19 gediagnoseer is.
  • “Lae risiko” blootstelling – Regulasie 6(6): die bepaling moet gemaak word in terme van die risiko beoordelingsplan in die werksplek. Sodra ‘n lae risiko blootstelling bevind word, kan die werkgewer die werknemer toelaat om voort te gaan met werk. Die dra van ‘n gesigmasker is verpligtend en die werknemer moet gemonitor word vir 10 dae vir ontwikkeling van simptome.

  • “Hoe risiko” blootstelling – Regulasie 6(7): selfkwarantyn van 10 dae vind plaas wanneer ‘n werknemer ‘n hoë risiko blootstelling aan COVID-19 gehad het. Hoë risiko blootstelling beteken dat ‘n werknemer direkte, noue kontak (minder as een meter), vir langer as 15 minute gehad het met iemand wat positief vir COVID-19 getoets het, nie ‘n beskermende gesigmasker gedra het nie, of fisiese kontak gehad. Die werknemer moet selfmonitor vir simptome.

Is die verpligte selfkwarantyn en isolasie tydperk 14 of 10 dae?

Die tydperk is in Julie 2020 verminder vanaf 14 dae na 10 dae.
COVID-19: selfkwarantyn teenoor isolasie

Siekverlof vir selfkwarantyn en isolasie? Regulasie 6(3)(iii)

Die tydperk van selfkwarantyn en isolasie sal kragtens artikel 22 van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes siekverlof wees.
Dit is nie nodig om gedurende die tydperk van selfkwarantyn vir COVID-19 te toets nie, TENSY die werknemer simptome ontwikkel. Sodra die werknemer simptome ontwikkel tydens hierdie tydperk, moet die werknemer 10 dae lank isoleer vanaf die dag waarop die werknemer se simptome begin het.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

2021 – Wet op Billike Werksgeleenthede, is jy ‘n aangewese werkgewer?

2021 – Wet op Billike Werksgeleenthede, is jy ‘n aangewese werkgewer?

2021 – Wet op Billike Werksgeleenthede, is jy ‘n aangewese werkgewer?

Die Wet op Billike Werksgeleenthede is op alle werkgewers van toepassing, maar ‘n “aangewese werkgewer” (wat aan die minimum vereistes voldoen) het addisionele verpligtinge. Maak seker jy weet wat van JOU verwag word en dat jy daaraan voldoen! Die Wet op Billike Werksgeleenthede het ten doel om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel deur gelyke geleenthede en billike behandeling te bevorder.

Is jy ‘n “aangewese werkgewer”?

‘n “Aangewese werkgewer” is enige werkgewer met 50 of meer werknemers OF ‘n totale jaarlikse omset van:

  • R6 miloen – Landbou
  • R22.5 miloen – Mynbou en Steengroewe
  • R30 miljoen – Vervaardiging
  • R30 miljoen – Elektrisiteit, Gas en Water
  • R15 miljoen – Konstruksie
  • R45 miljoen – Kleinhandel, Motorhandel en Hersteldienste
  • R75 miljoen – Groothandel, Kommersiële agente en Geallieerde handel
  • R15 miljoen – Spyseniering, Akkommodasie en ander Handel
  • R30 miljoen – Vervoer, Stoor en Kommunikasie
  • R30 miljoen – Finansies en Besigheidsdienste
  • R15 miljoen – Gemeenskaps-, Spesiale en Persoonlike dienste
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat gebeur as ek versuim om hieraan te voldoen?

ndien ‘n “aangewese werkgewer” versuim om aan hierdie verpligtinge te voldoen, is die boete vir ‘n eerste oortreding :

  • R1.5 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is); en/of
  • 10 jaar tronkstraf

Wat word verwag van ‘n “aangewese werkgewer”?

‘n “Aangewese werkgewer” het addisionele verpligtinge en moet sorg dra dat die volgende in plek is:

  1. Stel ‘n Senior Billike Werksgeleenthede Bestuurder aan om die Billike Werksgeleenthede Plan te ontwikkel, te moniteer en te implementeer (sien stap 7 hieronder). Hierdie aanstelling moet ‘n permanente werknemer wees en direk aan die HUB van die besigheid rapporteer.
  2. Versamel inligting – elke werknemer moet die EEA1 vorm voltooi wat die werknemer se ras, geslag, nasionaliteit en enige gestremdhede bevestig waar van toepassing.
  3. Skep billike werksgeleenthede bewustheid met betrekking tot alle werknemers – alle werknemers moet bewus gemaak word en ingelig word met betrekking tot die doelwitte, inhoud en toepassing van die Wet op Billike Werksgeleenthede, die regulasies en Goeie Praktykskode.
  4. Vestig ‘n Billike Werksgeleenthede komitee om gereelde konsultasies te hou met betrekking tot die nakoming van die Wet op Billike Werksgeleenthede. Hierdie komitee moet verteenwoordigend wees van beide aangewese en nie-aangewese werknemers en alle beroepsvlakke. Vakbonde in die werksplek moet ook betrek word word en deel vorm van konsultasies.
  5. Hou gereelde (ten minste kwartaallikse) konsultasies om die doen van ‘n analise en ontwikkeling van ‘n plan te bespreek, asook om die verslae in te dien by die Departement van Indiensneming en Arbeid. Hierdie konsultasies moet gestruktureerd wees en gerekordeer word deur agendas, teenwoordigheidsregisters en notules van vergaderings gehou.
  6. Stel ‘n analise saam (EEA12) wat die volgende moet insluit:
    • Beleide en prosedures om die onderverteenwoordiging van aangewese groepe en ‘n gebrek aan diversiteit in die werksplek aan te spreek
    • Werkswyses en faktore om billike werksgeleenthede te bevorder
    • Onderverteenwoordiging van aangewese groepe en beroepsvlakke
  7. Stel ‘n Billike Werksgeleenthede Plan saam (EEA13) wat die volgende inligting bevat:
    • Doelwitte vir elke jaar van die plan (die plan is geldig vir tussen een tot vyf jaar)
    • Regstellende aksiemaatreëls
    • Numeriese doelwitte om billike verteenwoordiging te bereik
    • ’n Tydrooster vir elke jaar
    • Interne monitering en evaluasie prosedure, insluitend interne dispuutoplossingsmeganismes
    • Geïdentifiseerde persone om die plan te implementeer en te moniteer
  8. Indien van Billike Werksgeleenthede Verslae (EEA2 en EEA4) om te rapporteer rondom vordering met die implementering van die plan. Die verslagdoenperiode is ‘n twaalf maande periode (ons beveel aan dat die werkgewer se finansiële tydperk gebruik word) Verslae kan elektronies ingedien word op die Departement van Indiensneming en Arbeid‘s se webtuiste voor 15 Januarie 2022..

Die LWO het samewerkingsooreenkomste in plek met verskeie diensverskaffers waar LWO lede voordelige tariewe geniet, insluitende spesialiste op die gebied van die Wet op Billike Werksgeleenthede. Ons moedig lede aan om MOULDER SKILLS DEVELOPMENT BC direk te kontak vir kundige bystand:

  • James Moulder: 073 096 0078 | jamesm@msdev.co.za
  • Rochelle Botes: 064 656 2313 | rochelleb@msdev.co.za

(Lees meer oor die samewerkingsooreenkoms tussen die LWO en Moulder Skills Development hier.)

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Aangepaste waaksaamheidvlak 2: COVID-19

Aangepaste waaksaamheidvlak 2: COVID-19

Aangepaste waaksaamheidvlak 2: COVID-19

Aangepaste waaksaamheidvlak 2

Suid-Afrika het beweeg na ‘n aangepaste vlak 2 waaksaamheid met betrekking tot die Coronavirus (COVID-19) pandemie sedert 31 Mei 2021. Laai die Staatskennisgewing gedateer 30 Mei 2021 af ter inligting om te implementeer.
Hierdie pandemie het ongetwyfeld ‘n wye impak op besighede. Alhoewel ons tans op ‘n aangepaste waaksaamheid vlak 2 is, is besighede se verlies aan inkomste en verpligting teenoor werknemers steeds ‘n groot bekommernis by baie werkgewers, veral waar werkgewers nie in staat is om hul werknemers ten volle aan te hou betaal nie.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies. Die LWO is 24/7 beskibkaar om werkgewers by te staan met betrekking tot arbeidswetgewing. Kontak die LWO vir bystand by 086 110 1828 of indien u enige navrae het in hierdie verband.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van die LWO?

Die LWO is gemagtig om dienste te lewer aan LWO lede op die volgende basis (nog nie ‘n lid nie – kyk hier na ons koste effektiewe en gebruikersvriendelike lidmaatskap pakkette):
  • 24/7 telefoniese en elektroniese advies – skakel 086 110 1828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za;
  • Regsdienste op die werksperseel van werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder aangepaste vlak 2 waaksaamheid. Hierdie dienste aan lede word deurlopend streng gemonitor en vind plaas in lyn met toepaslike veiligheisregulasies.
  • Regsdienste via aanlyn platforms (bv. Skype, Microsoft Teams, Zoom, ens.) vir werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder aangepaste vlak 2 waaksaamheid.

Ons bevestig dat die LWO aan die vereistes voldoen ten opsigte van gesondheid en veiligheid in die werksplek.

Bly op datum – www.sacoronavirus.co.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Personeelvermindering: wat is “bumping”?

Personeelvermindering: wat is “bumping”?

Personeelvermindering: wat is “bumping”?

In die huidige ekonomiese klimaat, sukkel baie werkgewers om mededingend en winsgewend te bly en moet dus verskillende opsies oorweeg om aan te pas by ‘n veranderende omgewing. Personeelvermindering is ‘n “geen fout” afdanking, aangesien die werknemer niks verkeerd gedoen het nie en ontslag weens operasionele vereistes is. Soos met alle gevalle van ontslag, moet die personeelverminderingsproses ook substantief en prosedureel billik wees. Maar hoe besluit die werkgewer wie gaan en wie bly?

Keuringskriteria

erkgewers is geregtig daarop om ‘n multi-gradering keuringskriteria te gebruik, soos:

  • Jare diens (laaste in, eerste uit – beter bekend in Engels as “LIFO – Last in First Out”) en “bumping”
  • Kwalifikasies en ervaring
  • Beoordeling deur ‘n direkte toesighouer (insluitende ‘n ontleding van faktore soos toewyding aan die besigheid en spandoelwitte, spanwerk en betroubaarheid, bywoning, aanpasbaarheid, inisiatief en loopbaanpotensiaal)
  • Bevoegdheid, doeltreffendheid, behoud van sleutelvaardighede
  • Volhoubare/Volgehoue dienslewering
  • Prestasie beoordeling en vorige prestasie (of dissipline)
  • Vrywillige skeidingspakket
  • Aftreepakket
  • Herontwikkelingspakket
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

“LIFO” en “bumping”

Werkgewers en konsulterende partye is geneig om staat te maak op die “LIFO” (laaste in, eerste uit) beginsel, wat gebaseer word op jare diens. Wanneer werknemers egter gekeur word vir personeelvermindering binne ‘n spesifieke afdeling/departement as korter dienende werknemers in daardie spesifieke afdeling/department, kan hierdie werknemers inderwaarheid langer diensperiodes met die werkgewer hê as werknemers in ander afdelings/departemente.

“Bumping” is wanneer werknemers wat ‘n langer dienstydperk met die werkgewer het dan oorgeplaas word na posisies wat beklee word deur werknemers met korter dienstydperke in ander afdelings/departemente.

2 tipes “bumping”

  • Horisontale “bumping” – waar ‘n werknemer oorgeplaas word na ‘n posisie met soortgelyke status, diensvoorwaardes en vergoeding; en
  • Vertikale “bumping” – waar ‘n werknemer oorgeplaas word na ‘n posisie met minder gunstige status, diensvoorwaardes en vergoeding.

‘n Werkgewer moet eers horisontale “bumping” toepas voor vertikale “bumping”.

Die Arbeidsappèlhof sê…

Die Arbeidsappèlhof het dit nou duidelik gemaak dat waar werkgewers kies om “LIFO” as keuringskriteria te oorweeg, die werkgewer moet konsulteer oor die toepas van “bumping” wanneer werknemers gekeur word vir personeelvermindering. Werkgewers moet kan verduidelik waarom dit nie billik en toepaslik sal wees om “bumping” toe te pas nie.

Ons beveel sterk aan dat werkgewers duidelike reëls in die werksplek implementeer en deurlopend die korrekte prosedures volg in alle arbeidsaangeleentheide. Werkgewers moet proaktief wees en konsekwent optree veral met die toepas van personeelvermindering en algemene dissipline in die werksplek.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Effek van die nuwe inkomsteplafon 2021

Effek van die nuwe inkomsteplafon 2021

Effek van die nuwe inkomsteplafon 2021

Tesame met die nuwe nasionale minimum loon wat op 01 Maart 2021 inwerking getree het, moet werkgewers ook kennis neem van die verhoogde jaarlikse inkomsteplafon wat geïmplementeer is. Die vorige inkomsteplafon is sedert 1 Julie 2014 inwerking en is nou verhoog van R205 433.30 na R211 596.30. Die inkomsteplafon het ‘n effek op die bepalings van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes, 1997 (WBDV), die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (WAV) en die Wet op Billike Werksgeleenthede, 1998 (WBW).

Wat is verdienste (inkomste)?

“Verdienste” beteken ‘n werknemer se gereelde jaarlikse vergoeding voor aftrekkings (bv. inkomstebelasting, pensioenfondsbydraes, mediese fondsbydraes en soortgelyke betalings), maar sluit uit enige bydraes gemaak deur die werkgewer ten opsigte van die werknemer. Verblyf- en vervoertoelae ontvang, prestasietoekennings en betalings vir oortyd gewerk word ook uitgesluit binne die bestek van vergoeding.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Plafon | WBDV

In terme van die WBDV, word werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien uitgesluit van die bepalings wat die volgende reguleer: normale werksure, oortyd, saamgeperste werksweke, gemiddelde werksure, etensbreuke, daaglikse en weeklikse rusperiodes, Sondagbetaling, betaling vir nagwerk en betaling vir werk gedoen op openbare vakansiedae. Dit beteken dat die regulering van voorgenoemde onderling op ooreengekom moet word en nie deur die WBDV gereguleer sal word soos in die geval van werknemers wat onder die inkomsteplafon verdien nie.

Plafon | WAV

In terme van die WAV, is werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien nie onderhewig aan die bepaling dat werknemers wat deur ‘n tydelike werksverskaffingsdiens/arbeidsmakelaar aangestel word, geag word as werknemers te wees van die werkgewer/kliënt vir doeleindes van die WAV nie. Daarbenewens val werknemers wat bo die inkomsteplafon verdien, buite die bestek van die bepalings wat verband hou met werknemers op ‘n vaste termyn wat geag word as permanente indiensname na drie maande (in die afwesigheid van ‘n regverdigbare rede vir die vasstelling van ‘n vaste termyn).

Plafon | WBW

‘n Werknemer wat bo die inkomsteplafon verdien en ‘n dispuut het onder Hoofstuk II wat verband hou met onregverdige diskriminasie, kan nie die dispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwys nie. So ‘n werknemer is verplig om die dispuut direk na die Arbeidshof te verwys vir beslegting (tensy die dispuut verband hou met beweerde onregverdige diskriminasie op die gronde van seksuele teistering, of indien die partye almal tot arbitrasie instem).

Dit is uiters belangrik vir elke werkgewer om te bepaal watter werknemers bo die inkomsteplafon verdien en watter werknemers onder die inkomsteplafon verdien, aangesien dit ‘n groot impak het op die bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die werkgewer en werknemer kan ooreenkom. Werkgewers moet ingelig en op datum bly van arbeidswetgewing ten einde proaktiewe aksie te kan neem om hul regte, asook besigheid, te beskerm met verwysing na die diensverhouding vorentoe.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.