LWO WERKSWINKEL WENKE VIR DIE HANTERING VAN ARBEIDSINSPEKSIES
Die LWO is opgewonde om ons “WENKE VIR DIE HANTERING VAN ARBEIDSINSPEKSIES” werkswinkel aan te kondig. Sluit aan by ons omvattende aanlyn opleidingswerkswinkel wat ontwerp is om u vaardighede in die hantering van werksplek inspeksies deur die Dept. van Indiensneming en Arbeid te ontwikkel.
Ontsluit die pad na landbou uitnemendheid met ons omvattende opleiding
Datum: 11 November 2026 | Tyd: 10:00 | Taal van aanbieding: Afrikaans
Hierdie praktiese werkswinkel gaan in 1 maklik verstaanbare deel aanlyn aangebied word en is ontwerp om u te help om die kernbeginsels, asook nakoming van arbeidswetgewing beter te verstaan.

Arbeidsinspeksies is ‘n algemene verskynsel in die werksplek met potensiëel ‘n groot impak op besigheidsaktiwiteite, veral wanneer besighede nie aan wetgewing voldoen nie. Nie-nakoming kan lei tot nakomingsbevele, boetes en selfs tronkstraf.
Dit is noodsaaklik dat werkgewers weet wat om te verwag tydens ‘n arbeidsinspeksie ten einde deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen.
Die volgende kernaspekte van arbeidsinspeksies word gedek tydens die werkswinkel:
- Die rol van arbeidsinspeksies en -inspekteurs, die belang van ’n inspekteur se aanstellingsertifikaat en voorbeelde van identifikasie wat wetgewing voorskryf en wat inspekteurs in die praktyk gebruik.
- Voorbereiding vir ’n arbeidsinspeksie, insluitend ’n voorbeeld van ’n inspeksiekennisgewing en tipiese vrae wat inspekteurs aan werknemers stel.
- ’n Algemene kontrolelys van dokumente en items wat inspekteurs dikwels versoek.
- Gevolge indien jy nie aan die NMLW-vereistes voldoen nie en nakomingsbevele (“compliance orders”) onder beide die WBDV en die NMLW.
Addisionele voordeel: deelnemers wat die werkswinkel bywoon ontvang ook inligting spesifiek oor nakomingsbevele (kennisgewings) vir nie-nakoming van Beroepsgesondheid en -veiligheid wetgewing.
Hierdie sessie is ideaal vir werkgewers, bestuurders, toesighouers, menslikehulpbronnekundiges en enige iemand wat betrokke is by die nakom van arbeidswetgewing in die werksplek.



