Dienskontrak – werk slim…

Arbeidswetgewing stel streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen en ‘n kontrak is die werksplek se belangrikste dokument. Nie-voldoening hou ‘n ernstige besigheidsrisiko vir werkgewers in wat dikwels onderskat en onaangespreek gelaat word. Arbitrasiebevele teen die werkgewer het ‘n definitiewe finansiële impak op die werkgewer en affekteer ook die besigheidsnaam negatief.

Kry die kontrak in plek

Een van die grootste foute wat werkgewers maak is om nie ‘n skriftelike kontrak te implementeer nie, of om ‘n generiese dienskontrak te gebruik wat min beskerming bied wanneer daar ‘n dispuut is in die werksplek. Wanneer ‘n dienskontrak opgestel word, moet die werkgewer seker maak dat die kontrak aan alle toepaslike arbeidswetgewing voldoen afhangende van die besigheidsindustrie.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Gebruik die kontrak tot jou voordeel

Werkgewers moet arbeidswetgewing tot hul voordeel gebruik om die besigheid te beskerm, asook risiko te beperk deur moontlike toekomstige dispute tussen die werkgewer en werknemer proaktief te bestuur. Deur proaktiewe klousules in die kontrak in te sluit, is die werkgewer beter geposisioneer met die oog op die diensverhouding vorentoe. Sluit die volgende proaktiewe klousules in:

  • Verwysing na beleide, prosedures en ‘n dissiplinêre kode wat die reëls en prosedures uiteensit waaraan die werkgewer en werknemers moet gehoor gee. Die dissiplinêre kode dien ook as riglyn vir die werkgewer met verwysing na toepaslike sanksies vir spesifieke oortredings. Die dissiplinêre kode verseker ook dat alle werknemers bewus is van die werksplek se reëls asook die gevolge wanneer hierdie reëls oortree word.
  • Pligstaat – wat van die werknemer verwag word met betrekking tot pligte en die werkgewer se vaste operasionele standaard.
  • Voeg aanhangsels tot die kontrak om die besigheid vorentoe verder te beskerm.
  • Tipiese aanhangsels sluit in:
Addisionele bepalings tot die dienskontrak kan ingesluit word deur aanhangsels tot die dienskontrak by te voeg. Typical annexures include:
  • Pligstaat – wat word van die werknemer verwag met verwysing na pligte asook die werkgewer se vasgestelde operasionele standaard
  • Restraint of trade and confidentiality agreement – this is crucial where specialised business activities take place to protect confidential information, unique methods and procedures, patents, etc. and prevent this sensitive information ending up with the competition.
By addressing labour risk proactively, the employer can greatly contribute towards the business’s sustainability and profitability and ensure a working environment with reduced conflict, friction and misunderstanding, which in turn creates a structured environment receptive to growth.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.