Weiering teen inenting – ontslaanbare oortreding?

Weiering teen inenting – In ‘n onlangse arbitrasiebevel is bevind dat dit substantief billik is om ‘n werknemer te ontslaan wat gekant is teen verpligte inenting in die werksplek.

Daar is drie erkende gronde van ontslag naamlik: wangedrag, operasionele vereistes (afleggings) en onbevoegdheid:

  • Indien ‘n werkgewer dissiplinêr teenoor ‘n werknemer wil optree, moet daar ‘n oortreding van ‘n reël in die werksplek wees. Wanneer daar byvoorbeeld ‘n beleid geïmplementeer word wat werkers se gedrag reguleer, kan die werkgewer dissiplinêre stappe neem indien die werknemer nie hierdie beleid eerbiedig nie.

  • Tweedens kan ‘n werkgewer weens sy operasionele vereistes ‘n werknemer aflê indien daar geen ander alternatiewe uitweg is nie, onderhewig aan artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

  • Die derde erkende grond vir ontslag is onbevoegdheid. Hier word byvoorbeeld eers gekyk of die werker elders geplaas kan word en of sy pligstaat nie dalk aangepas kan word nie.

Met verwysing na verpligte Covid 19-inentings heers daar tans spanning tussen twee stelle wetgewing: die Grondwet en die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Die werknemer het die reg om sy keuse uit te oefen oor sy liggaamlike integriteit, maar die werkgewer het weer die reg en verpligting om ‘n veilige werksomgewing te verseker vir werknemers asook besoekers.. Die werkgewer is geregtig daarop om ‘n verpligte Covid-19 inentingsbeleid te implementeer, mits dit billik is en voldoen aan die vereistes en riglyne gestel deur die Departement van Gesondheid sowel as die regering.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Indien die werknemer ontslaan word as ‘n direkte gevolg van nie-nakoming van ‘n Covid-19 inentingsbeleid, of weens die feit dat hy/sy weier om die entstof te neem, kan die werknemer ‘n onbillike arbeidspraktyk geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Ons almal het ‘n grondwetlike reg om keuses uit te oefen veral as dit by liggaamlike integriteit kom. Die werklike vraag is of individuele regte op liggaamlike integriteit en geloof ingeperk mag word ten gunste van openbare belang. Hierdie vraag gaan op grondwetlike bepalings beslis moet word.

Die LWO is nie voorskriftelik ten opsigte van lede se COVID-19 inentingsbeleid nie. Ons glo in billikheid en adviseer lede om binne die riglyne gestel deur arbeidswetgewing besigheid te doen, veral ten opsigte van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.