“Die groot bedanking”

‘Die Groot Bedanking’ is ’n wêreldwye tendens of neiging waar werknemers in die afgelope twee jaar hul werk bedank, op soek na meer vervullende en doelgerigte werk met beter betaling en voordele.
Die pandemie het drastiese werksveraderinge tot gevolg gehad waar werknemers faktore wat belangrik is in die werksplek heroorweeg, asook hul verwagtinge ten opsigte van ‘n werkgewer. Werknemers kyk met nuwe oë na hul loopbane, werksomstandighede en langtermyndoelwitte. Hierdie tendens blyk of dit beperk sal wees tot meer gesofistikeerde beroepe of nis-velde van spesialisasie. Die lae besoldigde werkersklas sal nie sommer bedank nie omdat daar nie altyd ’n alternatief vir hulle bestaan nie.

Volgens die McKinsey-meningsopname (onderneem in die VSA) is 40 persent van werknemers moontlik waarskynlik om hul werk in die volgende drie tot ses maande verlaat. Is Suid-Afrika in dieselfde bootjie wat hierdie werksuittog betref?

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

How companies can turn the Great Resignation into the Great Attraction | McKinsey

Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land met ‘n werkloosheidsyfer van ongeveer 35% waar werk skaars is en kan ons nie ’n grootskaalse werksuittog bekostig nie. Daar is egter ’n kans dat hierdie tendens nie so groot in Suid-Afrika sal wees soos in ontwikkelde lande nie, maar wag ons op statistieke in die verband.

Hoofredes waarom werknemers groener weivelde soek

Moontlike oorsake sluit in vergoedingspakkette, byvoordele, stygende lewenskoste, langdurige werksontevredenheid, veiligheidskwessies van die COVID-19-pandemie en die begeerte om vir besighede met ‘n gevoel van eenheid en ‘n hernieude doelgerigtheid te werk.

Wat is die trekpleisters vir werknemers?

Oorweeg buigbare werksomstandighede en ontwikkelingsgeleenthede. Is dit nodig vir ’n werknemer om ten volle kantoorgebaseerd te wees of kan ‘n hibriede model geïmplementeer word? Tuiswerk is slegs ’n moontlikheid indien die werksplek dit toelaat. Wanneer die fokus skuif vanaf insette na uitsette, kan buigsame ure ook oorweeg word.

Druk op die werkgewer?

Werkgewers het reeds tydens die aanvang van die pandemie geweldige druk ervaar om op ‘n winsgewende en volhoubare basis besigheid te doen. Alhoewel ‘n bedanking weer ’n geleentheid vir iemand anders skep, is daar ‘n verlies aan kundigheid en het die opleiding en oriëntering van ‘n nuwe aanstelling ‘n definitiewe finansiële impak op die besigheid.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.