Konsiliasie arbitrasie slaggate

Wanneer die diensverhouding beëindig word en die werknemer van mening is dat hy/sy onbillik ontslaan is, kan die werknemer die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nader. Die saak sal eerste vir konsiliasie geplaas word en indien die saak nie geskik kan word nie, verwys word vir arbitrasie.

Wat is konsiliasie (versoening)?

Dit is ‘n informele proses waar ‘n kommissaris aangestel word om binne 30 dae na die verwysing met die partye tot die dispuut te vergader en maniere ondersoek om die dispuut deur onderlinge ooreenkoms te skik. Aparte vergaderings tussen die kommissaris en elke party kan ook gehou word. As die saak geskik word sal ‘n skikkingsooreenkoms onderteken word en die dispuut is afgehandel. Indien enige party die ooreenkoms verbreek mag die benadeelde party by die Arbeidshof aansoek doen om die ooreenkoms ‘n hofbevel te maak.

Oppas vir die slaggat:

Een van die grootste slaggate waarin werkgewers kan trap, is om nie ‘n konsiliasie by te woon nie. Een van die grootste slaggate waarin werkgewers kan trap, is om nie ‘n konsiliasie by te woon nie. Die saak sal dan vir arbitrasie verwys word. Dis belangrik om te onthou dat wanneer ‘n saak egter vir Con/Arb geplaas word en daar nie kapsie teen Con/Arb gemaak is nie, die kommissaris dadelik met arbitrasie kan voortgaan in die afwesigheid van die werkgewer en die werkgewer ‘n arbitrasiebevel in die gesig sal staar.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat is arbitrasie?

Dit is ‘n verhoorproses waar die partye die geleentheid het om hulle saak te stel. Tydens die proses word mondelinge getuienis aangebied asook enige ander vorme van getuienis ter ondersteuning van ‘n party se saak. Na afhandeling sal die kommissaris binne 14 dae ‘n arbitrasiebevel uitreik. ‘n Arbitrasiebevel is bindend en gelykstaande aan ‘n hofuitspraak. ‘n Bevel kan wees dat die saak van die hand gewys word of dat die werkgewer kompensasie moet betaal.

Oppas vir die slaggat:

Een van die grootste slaggate is om nie op te daag vir die arbitrasie nie. Indien die werkgewer nie vir arbitrasie opdaag nie, sal die proses in sy afwesigheid voortgaan. Die uiteinde is dat die KVBA in die guns van die werknemer sal beslis aangesien daar geen feite namens die werkgewer aangebied was nie. ‘n Verdere fout is om nie deeglik voor te berei nie – elke saak is so goed soos sy feite en getuienis. Konsulteer behoorlik met jou LWO-verteenwoordiger, berei getuies voor vir ondervraging en maak seker alle dokumentêre bewysstukke is volledig vervat in die bundel.

Moontlike bevele teen die werkgewer:

  • KVBA: 3-12 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname

(Die salaris word bepaal ooreenkomstig met die salaris soos op die datum van ontslag.)

KVBA-prosesse kan intimiderend wees en dit is ‘n goeie idee om kundige advies in te win. KVBA-prosesse kan intimiderend wees en is dit ‘n goeie idee om kundige advies te bekom. ‘n Werkgewer kan deur enige werknemer/direkteur van die onderneming, of deur ‘n ampsdraer/amptenaar van ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie (soos die LWO) verteenwoordig word.
Werknemers mag verteenwoordig word deur ‘n medewerknemer of ‘n vakbond. Prokureurs het nie verskyningsreg in die KVBA nie. Die enigste tye wanneer ‘n regspraktisyn, soos bv. ‘n prokureur, tydens die verrigtinge toegelaat sal word, is slegs met arbitrasie wanneer:
  • Die kommissaris en al die ander partye daartoe instem.
  • Die kommissaris tot die gevolgtrekking kom dat dit onredelik is om van ‘n party te verwag om die geskil sonder regsverteenwoordiging te hanteer.
  • Indien ‘n party van ‘n prokureur wil gebruik maak, moet die applikant ingevolge reël 25 van die KVBA-reëls, ‘n aansoek vir regsverteenwoordiging bring.
Die LWO is as werkgewersorganisasie geregistreer by die Departement van Indiensneming en Arbeid en het outomaties die reg om LWO lede in forums soos die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof te verteenwoordig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.