Diensverhouding – wat kan foutgaan?

Aan die begin van die diensverhouding ken die partye mekaar nog nie, maar is daar reeds ‘n fidusiêre verpligting in plek wat vereis dat die werknemer in goeie trou en in die beste belang van die werkgewer optree. Dit is belangrik dat die werkgewer ‘n skriftelike dienskontrak met elke werknemer implementeer op die dag wat die werknemer se diens begin. ’n Geskrewe dienskontrak skep duidelikheid deurdat die diensbepalings en -voorwaardes waarop ooreengekom is bevestig word, en beskerm ook die werkgewer in terme van die diensverhouding vorentoe. Maak seker dat jy ‘n posbeskrywing insluit wat die werknemer se pligte en die werkgewer se verwagtinge uiteensit.
Die diensverhouding is ‘n vertrouensverhouding wat gebaseer is op wedersydse voordele en respek. As ‘n besigheidseienaar moet die werkgewer altyd antisipeer wat verkeerd kan gaan met betrekking tot die diensverhouding, om vorentoe die beste geposisioneer te wees om risiko te beperk. Swak werkprestasie, konflik, wangedrag en ‘n vertrouensbreuk kan hierdie verhouding in gedrang plaas en werkgewers moet proaktiewe stappe neem om die diensverhouding te reguleer en hul regte te beskerm.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!
Die volgende kwessies kan ‘n verbrokkeling van vertroue in die diensverhouding veroorsaak:

Konflik

The workplace is a very diverse environment in terms of culture, religion, beliefs, values, political views, frames of reference, work ethic, opinions, etc. Almal sal nie altyd met mekaar oor die weg kom nie en wanneer konflik ontstaan, moet die werkgewer inspring en help om die konflik op te los voordat dit eskaleer, of meer werknemers begin raak.

Wangedrag

Wangedrag kan beskryf word as ‘n werknemer se versuim om by die reëls en beleide van die werkgewer te hou. In basiese terme is wangedrag ‘n gedragskwessie van die werknemer. Sulke gedrag is gewoonlik doelbewus of nalatig, en werknemers kan verantwoordelik gehou word vir hul dade. Wangedrag kan verskeie vorme aanneem, insluitend diefstal, bedrog, oneerlikheid, insubordinasie, afwesigheid vanaf die werk sonder toestemming, ens.
Dit is baie belangrik dat elke werksplek ‘n relevante dissiplinêre kode het. Die dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is, met toepaslike sanksies, wat werknemers kan volg. Wanneer hierdie reëls oortree word, kan die werkgewer progressiewe dissipline toepas. In gevalle van ernstige wangedrag kan werkgewers direk voortgaan met ‘n dissiplinêre verhoor. Dit is noodsaaklik om altyd die korrekte prosedure te volg, aangesien die versuim om dit te doen kan lei tot ernstige gevolge met ‘n groot finansiële impak.

Swak werksprestasie

Swak werksprestasie verwys na die onbevoegdheid van ‘n werknemer, deurdat ‘n werknemer nie daarin slaag om die werkgewer se werkprestasiestandaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit te bereik en te handhaaf nie. Alle dienskontrakte impliseer dat die werknemer onderneem om volgens die werkgewer se redelike, wettige en haalbare werksprestasiestandaarde te presteer. Indien die werknemer hierdie plig versuim, ten spyte van bystand om die vereiste standaard te bereik, word gesê dat die werknemer onbevoeg is, en die werkgewer het die reg om hom/haar te ontslaan onderhewig daaraan dat die korrekte prosedure gevolg word. Swak werksprestasie behels ‘n konsultasieproses waar die werknemer ingelig word van tekortkominge en dan voorsien word van opleiding en leiding ten einde die gewenste uitkoms te bereik. Die werknemer word vir ‘n redelike tydperk gemonitor en verdere opleiding en leiding aangebied soos nodig. Indien verbetering nie voldoende is nie, kan ‘n formele dissiplinêre proses volg wat tot ontslag kan lei.
Dit is belangrik om ‘n goeie en gesonde werksverhouding in stand te hou. Grense/Perke moet vanaf die begin van die diensverhouding gestel word om enige onsekerhede vorentoe te vermy. Hou die kommunikasielyne oop vir alle partye om enige kwessies wat mag opduik, aan te spreek. Werkgewers moet sorg dat hulle die korrekte prosedures volg wanneer dissiplinêre stappe geneem word, of konsultasies gehou word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.