Het die werknemer bedank of nie?

Het die werknemer bedank of nie?

Het die werknemer bedank of nie?

Die werksplek is ‘n emosionele omgewing met verwysing na arbeidsverhoudinge. Dit kan dikwels lei daartoe dat ‘n werknemer sê “Ek bedank!”, of dat die werknemer uitgereikte toerusting inhandig en die werksplek verlaat. Maar kan die werkgewer dit so aanvaar, of moet ‘n bedanking slegs op skrif wees? Suid-Afrika se arbeidsomgewing is hoogs gereguleer. Elke werksplek is uniek en moet werkgewers daarop let om arbeidsverhoudinge in lyn met arbeidswetgewing te bestuur, veral wanneer die diensverhouding beëindig word. Deur teenstrydig met wetgewing op te tree, al is dit per abuis of onwetend, stel werkgewers hul besighede onnodig op risiko.

Wanneer die diensverhouding beëindig word, ongeag die rede hiervoor, is dit baie belangrik dat die werkgewer die korrekte prosedures volg en die nodige stawende dokumentasie in plek het, sou die werknemer ‘n saak verwys na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die diensverhouding kan op die volgende wyses tot ‘n einde kom:

  • Die werknemer bedank vrywillig
  • Die werkgewer ontslaan die werknemer na afloop van ‘n dissiplinêre verhoorproses
  • Die werkgewer lê die werknemer af na afloop van ‘n personeelverminderingsproses
  • Die permanente dienskontrak bereik die einddatum (aftree ouderdom) en verval
  • Die vaste termyn dienskontrak bereik die ooreengekome einddatum en verval
  • Die werknemer kom tot sterwe

Werkgewers moet kennis neem van die feit dat ‘n werknemer hom-/haarself nie kan ontslaan nie. Wanneer ‘n werknemer dros is dit ‘n dissiplinêre oortreding en moet die werkgewer dus gepaste dissiplinêre stappe neem. Die enigste wyse waarop ‘n werknemer die diensverhouding kan beëindig, is deur te bedank. Hierdie bedanking kan op twee wyses plaasvind:

  • Bedank: Vrywillige bedanking – op skrif
    Die werknemer dien ‘n skriftelike bedanking in by die werkgewer en is daar geen onduidelikheid rondom die bedanking nie. Dit is ook duidelik dat die werknemer nie ontslaan is nie. Werkgewers moet sover moontlik poog dat werknemers skriftelik bedank.
  • Bedank: Vrywillige bedanking – verbaal en/of duidelike optrede
    Wanneer ‘n werknemer bedank sonder om dit op skrif te bevestig kan dit risiko skep vir die werkgewer deurdat dit moeiliker is vir die werkgewer om te kan bewys dat die werknemer nie ontslaan is nie. n Onlangse hofuitspraak in die Arbeidsappèlhof bemagtig werkgewers om ‘n vrywillige bedanking wat nie op skrif is nie te kan aanvaar, mits die werkgewer kan bewys dat die werknemer se optrede duidelik en ondubbelsinnig daarop gedui het dat die werknemer die diensverhouding vrywilliglik beëindig het. Voorbeelde van hierdie gedrag kan insluit:
    • ­ ‘n werknemer wat duidelik verbaal bedank en die werksperseel daarna verlaat;
    • ‘n werknemer wat die werkgewer se uitgereikte toerusting inhandig en die werksperseel daarna verlaat;
    • ‘n werknemer wat bogenoemde gedrag openbaar en diens aanvaar by ‘n ander werkgewer.
Om die werkgewer verder te beskerm is ons aanbeveling dat die werkgewer hierdie gedrag van die werknemer rekordeer en dit skriftelik bevestig dat die werkgewer hierdie optrede as ‘n vrywillige bedanking ag en as sulks aanvaar.
Werkgewers moet proaktief optree en verseker dat dienskontrakte, die dissiplinêre kode, prosedures en beleide in plek is en hierdie dokumentasie aan toepaslike wetgewing voldoen.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

waaksaamheid vlak 2: covid-19

waaksaamheid vlak 2: covid-19

waaksaamheid vlak 2: covid-19

Waaksaamheid vlak 2

Suid-Afrika het beweeg na ‘n vlak 2 waaksaamheid met betrekking tot die Coronavirus (COVID-19) pandemie sedert 18 Augustus 2020. Laai die Staatskoerant gedateer 17 Augustus 2020 af ter inligting om te implementeer.

Hierdie pandemie het ongetwyfeld ‘n wye impak op besighede. Alhoewel ons tans op ‘n waaksaamheid vlak 2 is, is besighede se verlies aan inkomste en verpligting teenoor werknemers steeds ‘n groot bekommernis by baie werkgewers, veral waar werkgewers nie in staat is om hul werknemers ten volle aan te hou betaal nie.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies. Die LWO is 24/7 beskibkaar om werkgewers by te staan met betrekking tot arbeidswetgewing. Kontak die LWO vir bystand by 086 110 1828 of indien u enige navrae het in hierdie verband.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat van die LWO?

Die LWO is gemagtig om dienste te lewer aan LWO lede op die volgende basis (nog nie ‘n lid nie – kyk hier na ons koste effektiewe en gebruikersvriendelike lidmaatskap pakkette):
  • 24/7 telefoniese en elektroniese advies – skakel 086 110 1828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za;
  • Regsdienste op die werksperseel van werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 2 waaksaamheid. Hierdie dienste aan lede word deurlopend streng gemonitor en vind plaas in lyn met toepaslike veiligheisregulasies.
  • Regsdienste via aanlyn platforms (bv. Skype, Microsoft Teams, Zoom, ens.) vir werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 2 waaksaamheid.

Ons bevestig dat die LWO aan die vereistes voldoen ten opsigte van gesondheid en veiligheid in die werksplek.

Bly op datum – www.sacoronavirus.co.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

kvba sake & covid-19

kvba sake & covid-19

kvba sake & covid-19

Duisende werknemers is afgelê of afgedank gedurende die COVID-19 geïnduseerde inperkingstydperk. Baie van hierdie werknemers het hulself gewend tot die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) vir hulp en het KVBA sake verwys.

Die KVBA het nasionaal 23 532 verwysingsontvang vanaf 1 April 2020 tot 31 Mei 2020, wat 43 867 werkers geaffekteer het. Meeste sake verwys hou verband met onbillike ontslag.

Die KVBA direkteur, Cameron Morajane, het gesê hulle verwag ‘n toename in verwysings in die volgende paar maande soos wat regulasies verslap en meer mense terugkeer werk toe.
Die KVBA het ten doel om billike arbeidspraktyke te bevorder en dispute in die werksomgewing op te los. ‘n Werknemer kan ‘n saak na die KVBA verwys op gronde van afdanking, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplek veranderinge en diskriminasie.

Met KVBA sake, word arbitrasiebevele wat in die guns van die werknemer bevind word, oor die algemeen toegestaan weens die werkgewer wat nie die korrekte prosedures volg nie (klik hierdie skakel om ons artikel te lees oor “tips to survive the CCMA”) en kan ‘n ernstige finansiële impakhê.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat kan foutgaan?

  • Wat gebeur wanneer jy ‘n werknemer “verkeerd ontslaan? ?
  • Watter boetes is betaalbaar met arbeidsdispute en KVBA sake?
  • Gebruik jy ‘n generiese dienskontrak met min/geen beskerming?
  • Wat gebeur wanneer jy nie die korrekte prosedure met elke arbeidsdispuut elke keer volg nie?
  • Wat gebeur wanneer jy jou humeur verloor en iemand met “onmiddelike effek” afdank in die hitte van die oomblik?

Moontlike bevele teen die werkgewer?

  • KVBA: 3-12 maande se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande se salaris en/of herindiensname

Die LWO is by die Departement van Arbeids geregistreer as ‘n werkgewersorganisasie en het outomaties die reg om ons lede te verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof. Ons het ‘n bewese baanrekord by die KVBA met ‘n suksessyfer van 99.98%! Die LWO is gestig in 1990 en staan reeds werkgewers by vir 30 jaar!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

7 x COVID-19 mites…

7 x COVID-19 mites…

7 x COVID-19 mites…

Mites – wat is waar of vals?

  1. Slegs werkgewers wat aan BEEE voldoen, kan aansoek doen vir die COVID-19 voordeel (TERS)
    • VALS: enige onderneming wat bydra tot die werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) wat nie salarisse kan betaal as gevolg van die inperkingsperiode nie, en enige werknemer wat bydra (meer as 24 uur per maand werk), en daar ‘n werkgewer-werknemer verhouding bestaan, kan aansoek doen om die COVID19-verligtingvoordeel.


  2. Die enigste manier om aansoek te doen vir die COVID-19 TERS-hulpfonds is telefonies.

  3. Ek kon nie my werknemers by die WVF registreer nie, hulle kan moontlik nie verligting kry nie
    • WAAR: besighede wat net na 15 Maart 2020 by die WVF geregistreer het, mag dalk nie in aanmerking kom vir die voordeel nie.

  4. Werknemers wat nie geregistreer is vir werkloosheidsversekering nie, sal voordele ontvang
    • VALS: alle werknemers sal op die stelsels gekontroleer word en as die werknemer nie by die WVF geregistreer is nie, sal die aansoek teruggestuur word vir addisionele inligting.

  5. Werknemers sal ‘n volle salaris vanaf TERS ontvang
    • VALS:
      • Die minimum bedrag wat aan werknemers uitbetaal sal word vir werkloosheidsversekering is R3 500.00
      • Die maksimum bedrag wat wat aan werknemers uitbetaal sal word vir werkloosheidsversekering is R6 638.40

  6. Die werkgewer hoef nie spesiale voorsorgmaatreëls te tref voordat die werksplek weer geopen word vir werknemers om dienste te hervat nie
    • die werkgewer het steeds die verantwoordelikheid om ‘n veilige werksplek vir werknemers te skep en te onderhou. Gedetailleerde riglyne vir beroepsgesondheid en -veiligheid is uitgereik wat die regulasies aandui wat in plek moet wees voordat werknemers weer toegelaat mag word om te begin werk.

  7. Die werkgewer kan werknemers gedurende die inperkingstydperk aflê sonder om vereiste prosedures te volg
    • VALS: Artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge skryf streng vereistes voor wat gevolg moet word wanneer afleggings oorweeg word.

Elke veld het sy mites – wat is waar of vals? Dit is belangrik om kundige advies te kry oor arbeidsreg omdat foute jou duur te staan kan kom.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Waaksaamheid vlak 3: COVID-19

Waaksaamheid vlak 3: COVID-19

Waaksaamheid vlak 3: COVID-19

Waaksaamheid vlak 3

Suid-Afrika het beweeg na ‘n vlak 3 waaksaamheid met betrekking tot die Coronavirus (COVID-19) pandemie sedert 1 Junie 2020. Laai die Staatskoerant gedateer 28 Mei 2020 af ter inligting om te implementeer

Gesondheid en veiligheid

Laai die Staatskennisgewing gedateer 4 Junie 2020 af met betrekking tot die gesondheid- en veiligheidsregulasies in die werksplek. Hierdie is die Gekonsolideerde COVID-19 Direktief oor Gesondheid en Veiligheid in die Werksplek uitgereik deur die Minister in terme van Regulasie 4(10) van die Nasionale Rampregulasies. Werkgewers moet daarop let om hierdie regulasies te implementeer alvorens besigheidsaktiwiteite hervat word.
Hierdie pandemie het ongetwyfeld ‘n wye impak op besighede. Alhoewel ons tans op ‘n waaksaamheid vlak 3 is, is besighede se verlies aan inkomste en verpligting teenoor werknemers steeds ‘n groot bekommernis by baie werkgewers, veral waar werkgewers nie in staat is om hul werknemers ten volle aan te hou betaal nie.

Elke besigheid is uniek en moedig ons lede aan om die LWO te kontak vir advies. Die LWO is 24/7 beskibkaar om werkgewers by te staan met betrekking tot arbeidswetgewing. Kontak die LWO vir bystand by 086 110 1828 of indien u enige navrae het in hierdie verband.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat van die LWO?

Die LWO is gemagtig om dienste te lewer aan LWO lede op die volgende basis (nog nie ‘n lid nie – kyk hier na ons koste effektiewe en gebruikersvriendelike lidmaatskap pakkette):

  • 24/7 telefoniese en elektroniese advies – skakel 086 110 1828 of stuur ‘n e-pos aan info@lwo.co.za;
  • Fisiese dienste op die werksperseel van werkgewers wat geklassifiseer word as noodsaaklike dienste, of wat gemagtig is om besigheidsaktiwiteite te hervat onder vlak 3 waaksaamheid. Hierdie dienste aan lede word deurlopend streng gemonitor en vind onder spesiale voorwaardes plaas.

Ons bevestig dat die LWO aan die vereistes voldoen ten opsigte van gesondheid en veiligheid in die werksplek.

Bly op datum – www.sacoronavirus.co.za

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Nasionale minimum loon 1 Maart 2020

Nasionale minimum loon 1 Maart 2020

Nasionale minimum loon 1 Maart 2020

Die Minister van Indiensname en Arbeidhet op 17 Februarie 2020 in die Staatskoerant die gewysigde nasionale minimum loon afgekondig. Die gewysigde minimum loon sal inwerking tree op 1 Maart 2020 en is van toepassing op alle werkgewers in Suid-Afrika.

Die nasionale minimum loon is met 3.80% aangepas en die aangepasde loon met intrede 1 Maart 2020 sal wees R20.76 per uur.

Neem kennis van die volgende industrieë wat eie minimum lone voorskryf (effektief 1 Maart 2020):

Kontrakskoonmaaksektor

Daar is ‘n spesifieke loonbedrag na aanleiding van die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen
  • Area A: R22.84 per uur (Stad Kaapstad, Groter Oosrand Metro, Stad Johannesburg, Stad Tshwane en Stad Nelson Mandela, Plaaslike Rade van Emfuleni, Merafong, Mogale City, Metsimaholo, Randfontein, Stellenbosch en Westonaria.)
  • Area B: R23.04 per uur (Alle areas in KwaZulu-Natal)
  • Area C: R20.83 per uur (Alle areas nie vermeld in Areas A en B)
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wholesale and retail sector

Daar is ‘n spesifieke minimum loonbedrag na aanleiding van die spesifieke area waarin die werkgewer besigheid doen asook die onderskeie posbeskrywings van werknemers

Landbousektor

Die gewysigde minimum loon vir die Landbousektor is R18.68 per uur

Huiswerkersektor

Die gewysigde loon vir die Huiswerkersektor is R15.57 per uur

Die Huiswerkersektor minimum loon is van toepassing op werknemers in ‘n privaat huishouding, soos:

  • huiswerkers
  • tuinwerkers
  • werkers wat na kinders, siekes, bejaardes, sieklikes of gestremdes omsien
  • huiswerkers wat verskaf word deur ‘n werkverskaffingsdiens
  • neem kennis: ‘n huiswerker op ‘n plaas waar primêre of sekondêre landbou aktiwiteite verrig word, word as ‘n plaaswerker geag en sorteer nie onder die Huiswerkersektor nie, maar eerder onder die Landbousektor.
Dit is belangrik vir werkgewers om deurlopend aan arbeidswetgewing te voldoen, insluitende enige wetswysigings en regstellings deur die Departement van Arbeid soos in hierdie geval. Dit is dus nodig dat u die nasionale minimum loontarief wat u werknemers vanaf 1 Maart 2020 moet ontvang aanpas volgens die gewysigde nasionale minimum loon.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.