Skorsing: Straf en voorsorg

Skorsing: Straf en voorsorg

Skorsing: Straf en voorsorg

Om ‘n werknemer te skors is ‘n algemene gebeurtenis in die werkplek. Werkgewers moet egter daarop let om die korrekte prosedures te volg wanneer hulle skorsing oplê, beide as voorsorg en straf, om onnodige risiko te vermy.

Wat is skorsing as voorsorg?

Skorsing as voorsorg word opgelê wanneer ‘n werkgewer vermoed dat ‘n werknemer die besigheid se dissiplinêre kode, of die diensbepalings en -voorwaardes, oortree het. Weens die aard van die beweerde wangedrag of oortreding en gebrek aan bewys van skuld, kan die werkgewer voortgaan om die werknemer op ‘n voorsorgbasis te skors hangende ‘n ondersoek, veral as daar ‘n moontlikheid bestaan dat die werknemer op enige manier met die ondersoek kan inmeng. Skorsing as voorsorg is teen volle betaling en met voordele. Die werknemer moet verstaan dat hy/sy nie gestraf word nie en moet geen vooroordeel in die algemeen, of ten opsigte van vergoeding ly nie.

Voordat ‘n werknemer op ‘n voorsorgbasis geskors word, moet die werkgewer verseker dat daar regverdigbare redes bestaan om die werknemer uit die werksplek te verwyder hangende ‘n interne ondersoek.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat is skorsing as straf?

Skorsing as straf is ‘n vorm van straf na afloop van ‘n dissiplinêre verhoor waar ‘n werknemer skuldig bevind word aan wangedrag of ‘n oortreding van die diensbepalings en -voorwaardes. Skorsing as straf is ‘n sanksie wat die werknemer opgelê kan word as alternatief tot ontslag en is sonder betaling en voordele. Die werkgewer moet dit baie duidelik maak aan die geskorsde werknemer of hy/sy geskors word as voorsorg of as straf ten einde enige verwarring te vermy of moontlike daaropvolgende (Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) verwysings.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) word ’n werknemer se dienskontrak outomaties oorgedra na die nuwe werkgewer wanneer ’n besigheid as ’n lopende saak (‘going concern’) verkoop word. Enige ontslag wat verband hou met so ‘n oordrag van besigheid, sal as outomaties onbillik geag word. ‘n Werkgewer wat sy besigheid verkoop, mag ook nie die werknemers afdank indien die koper nie die werknemers in diens wil behou nie.
Soos met enige vorm van beweerde outomatiese onbillike ontslag, sal die hof eers moet vasstel dat die ontslag kousaal verband hou met die oordrag van die besigheid. Indien die werknemer ‘n prima facie saak uitmaak dat die ontslag gekoppel is aan die oordrag van die besigheid, moet die werkgewer kan bewys dat die ontslag weens ’n geldige rede of billike operasionele vereiste was. Andersins kan die ontslag outomaties onbillik wees.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van die nuwe werkgewer?

‘n Nuwe werkgewer is geregtig daarop om sy besigheid te herstruktureer tot so ’n mate as wat hy nodig ag om die verkryging van ’n ander onderneming te akkommodeer, selfs al sou dit die aflegging van ’n oorgeplaaste werknemer behels. Sulke herstrukturering kan wel voortgaan indien daar voldoende en billike redes bestaan om ‘n “oortollige” werknemer, kort na die samesmelting van die besigheid, af te lê mits die ontslag geregverdigbaar is. Dit is ook baie belangrik dat die werkgewer die voorgeskrewe proses nougeset volg in terme van arbeidswetgewing. Die enigste manier waarop werkgewers, wat by ‘n oordrag van besigheid betrokke is, ’n potensiële outomaties onbillike ontslag kan vermy, is om ’n ooreenkoms met die werknemers of hul erkende verteenwoordigers aan te gaan, voordat die besigheid oorgedra word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

bedingingsraad – wat-daarvan?

bedingingsraad – wat-daarvan?

bedingingsraad – wat-daarvan?

Arbeidswetgewing is van toepassing op alle werkgewers en werknemers. ie Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) vervat die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die partye kan kontrakteer. Indien ‘n onderneming egter onder ‘n industrie val wat deel vorm van ‘n spesifieke Bedingingsraad se toepassingsgebied, sal die Bedingingsraad se kollektiewe ooreenkoms arbeidsverhoudinge in die industrie reguleer en is werkgewers wetlik verplig om hieraan te voldoen. Neem kennis dat sekere Bedingingsrade slegs op spesifieke streke van toepassing is. Die verpligting rus op die werkgewer om vas te stel onder watter industrie die onderneming resorteer en dan aan toepaslike wetgewing te voldoen.

Werkgewers wat binne die toepassingsgebied van ʼn geregistreerde Bedingingsraad val, se dienskontrakte moet opgestel word volgens hierdie wetgewing. Neem kennis dat die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname soos vervat word in die Bedingingsraad se kollektiewe ooreenkoms, hoër rangeer as dié vervat in die WBDV. Indien daar enige arbeidsdispute ontstaan tussen die werknemer en werkgewer, sal ʼn Bedingingsraad jurisdiksie hê om hierdie dispute te hanteer, teenoor om die dispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te verwys.

ʼn Bedingingsraad se funksies sluit onder andere in om:

  • kollektiewe ooreenkomste te sluit en toe te pas ;
  • arbeidsdispute te voorkom en op te los;
  • ʼn fonds te stig en te administreer om geskille op te los;
  • opleiding en onderrig aan te moedig en daar te stel;
  • om pensioen-, voorsorg-, werkloosheid- en mediese fondse, asook siektebetaling, vakansiebetaling en opleidingskemas te stig en te administreer tot voordeel van een of meer van die Bedingingsraad se partye of hulle lede.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

Alle werkgewers moet voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Hierdie wet vereis dat werkgewers so ver as wat redelikerwys doenbaar is ‘n werksomgewing moet verskaf en in stand hou wat veilig en sonder risiko is vir die gesondheid van werknemers, kliënte, lede, besoekers, kontrakteurs, ensovoorts wat direk deur hul aktiwiteite geraak kan word, of wat die werksplek betree.

Buiten hierdie algemene verpligting is daar addisionele regulasies in terme van COVID-19 gepubliseer wat nagekom moet word. Elke werksplek is uniek met verwysing na onder andere spasie, aktiwiteite, werkswyses, tipes interaksie, ensovoorts. Alhoewel COVID-19 regulasies wetlik afgedwing word, is dit ‘n goeie idee om ‘n COVID-19 beleid en prosedure in die werksplek te implementeer om duidelikheid te skep van die vereiste gedrag, asook die gevolge in gevalle van nie-nakoming. Ten einde dissipline in die werksplek te kan toepas, moet die werkgewer duidelike reëls implementeer en ook kan bewys dat werknemers bewus is van die reëls asook die gevolge indien hierdie reëls oortree sou word.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat moet in die COVID-19 beleid en prosedure vervat word?

  • Beskikbaarheid en aanwending van veiligheidstoerusting
  • Daaglikse “screening” (ondersoek)
  • Hantering van gedeelde geriewe, soos kombuis, badkamer, kafeteria, ens.
  • Prosedure wanneer ander persone die perseel betree
  • Reëls met ooreenstemmende sanksies

Pasop vir hierdie slaggate

Dit is ‘n gevestigde beginsel in arbeidsreg dat ‘n oortreding van die werkgewer se gesondheids- en veiligheidsbeleide en -prosedures tot dissiplinêre stappe sal lei en die beëindiging van die werknemer se diens kan regverdig. Pas dissipline toe in lyn met die dissiplinêre kode, maar pasop vir dié slaggate:
  • Wees regverdig en billik
  • Tree konsekwent op
  • Volg deurlopend die korrekte prosedure
Werkgewers moet kennis neem dat indien hulle versuim om aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid te voldoen, dit kan lei tot ernstige gevolge soos boetes, tronkstraf en ‘n bevel om besigheidsaktiwiteite te staak, afhangende van die aard en erns van die oortreding.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

KVBA prosesse en wat werkgewers moet weet

KVBA prosesse en wat werkgewers moet weet

KVBA prosesse en wat werkgewers moet weet

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA – beter bekend in Engels as die “CCMA”), is gestig as ‘n onafhanklike, apolitiese geskilbeslegtingsliggaam ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) KVBA prosesse is daarop gemik om billike arbeidspraktyke te bevorder en arbeidsdispute in die werksplek op te los. ’n Werknemer kan ’n dispuut na die KVBA verwys op grond van ontslag, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplekveranderinge en diskriminasie. Wanneer kan die werknemer die KVBA nader?

Wanneer kan die werknemer die KVBA nader?

  • In die geval van beweerde onbillike ontslag moet die geskil binne 30 dae ná die datum van ontslag by die KVBA ingedien word.

  • Indien ‘n geskil handel oor onbillike arbeidspraktyk, moet die geskil binne 90 dae ná die onbillike gebeurtenis of binne 90 dae nadat die werknemer van die onbillike arbeidspraktyk bewus raak, ingedien word.

  • Indien die geskil met diskriminasie verband hou, moet die geskil binne ses maande by die KVBA ingedien word vir konsiliasie, en indien dit nie daar opgelos word nie, na die Arbeidshof verwys word.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wie is die LWO?

  • Konsiliasie: Dit is ‘n informele proses Dit is ‘n informele proses waar ‘n kommissaris aangestel word om binne 30 dae na die verwysing met die partye in ‘n dispuut te vergader en maniere ondersoek om die dispuut deur onderlinge ooreenkoms te skik. Aparte vergaderings tussen die kommissaris en elke party kan ook gehou word. As die saak geskik word sal ‘n skikkingsooreenkoms onderteken word en die dispuut is afgehandel.
  • Arbitrasie: Dit is ‘n verhoorproses waar die partye die geleentheid het om hulle saak te stel. Tydens die proses word mondelinge getuienis aangebied asook enige ander vorme van getuienis ter ondersteuning van ‘n party se saak. Na afhandeling sal die kommissaris binne 14 dae ‘n arbitrasiebevel uitreik. ‘n Arbitrasiebevel is bindend en gelykstaande aan ‘n hofuitspraak.
  • Konsiliasie/Arbitrasie (“Con/Arb”): Hierdie is ‘n deurlopende proses waar konsiliasie en arbitrasie direk volg na mekaar op dieselfde dag Indien versoening (skikking) nie bereik word nie, sal arbitrasie op dieselfde dag plaasvind. Beide die werkgewer en werknemer kan op dieselfde dag beswaar maak teen die voortgesette proses. Die deurlopende proses is egter verpligtend in sake rakende:
  • ontslag vir enige rede wat verband hou met ‘n proeftydperk;
  • enige onbillike arbeidspraktyk met betrekking tot ‘n proeftydperk;
  • die mislukking van enige betaling ten opsigte van die nasionale minimum loon.

Wie kan ‘n werkgewer verteenwoordig by die KVBA?

KVBA-prosesse kan intimiderend wees en dit is ‘n goeie idee om kundige advies in te win. Die enigste tye wanneer ‘n regspraktisyn, soos bv. ‘n prokureur, tydens die verrigtinge toegelaat sal word, is wanneer:
  • Die kommissaris en al die ander partye daartoe instem.

  • Die kommissaris tot die gevolgtrekking kom dat dit onredelik is om van ‘n party te verwag om die geskil sonder regsverteenwoordiging te hanteer.
As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen.
Die LWO is as werkgewersorganisasie geregistreer by die Departement van Indiensneming en Arbeid en het outomaties die reg om LWO lede in forums soos die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof te verteenwoordig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

“Inspeksies” deur vals beamptes

“Inspeksies” deur vals beamptes

“Inspeksies” deur vals beamptes

Dit het onder die Departement van Indiensneming en Arbeidse aandag gekom dat mense hulself valslik voordoen as inspekteurs van hierdie Departement. In sommige gevalle word werkgewers gedwing en geïntimideer om “nuwe” plakkate aan te koop.

Maak seker jy doen die volgende gedurende ‘n inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid:

  • Dring aan op positiewe identikasie van die persoon wat hom-/haarself voorstel as ‘n inspekteur of beampte.
  • Verifieer eers hierdie inligting voordat jy die persoon toegang tot die perseel gee.

Inspeksies – neem kennis van die volgende:

  • Geen inspekteur mag ‘n fooi vra vir die inspeksie, ondersoek, advies of enige bystand nie.
  • Die Departement van Indiensneming en Arbeid delegeer geen derde party om ‘n inspeksie namens die Departement te doen nie – geen van die Departement se magte mag dus gedelegeer word nie.
  • Geen inspekteur mag plakkate, produkte of inligting verkoop nie.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wie is die LWO?

Die LWO is ‘n werkgewersorganisasie wat geregistreer is by die Departement van Indiensneming en Arbeid. Ons hoofdoel is om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen – tipiese dienste sluit in:
  • Gratis arbeidsregoudit met aansluiting met 100% nakoming ten doel vir jou besigheid (gebaseer op jou spesifieke besigheidsindustrie en opset)
  • Gratis telefoniese arbeidsregadvies – lede word aangemoedig om in te skakel soveel keer as nodig
  • Gratis arbeidsregdokumentasie – insluitende dienskontrakte, waarskuwings, kennisgewings, beleide, prosedures, ens.
  • Bystand om reëls te implementeer in die werksplek en dissipline toe te pas – swak werksprestasie, konsultasies, waarskuwings, dissiplinêre verhore, ens.
  • Verteenwoordiging by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof – ons registrasie status by die Departement van Indiensneming en Arbeid gee ons die reg om outomaties ons lede te verteenwoordige gedurende konsiliasie/arbitrasie.
  • Bystand met herstrukturering, personeelvermindering, stakings, vakbondonderhandelinge, inspeksies, ens.
  • Enige iets arbeidsregverwant tussen die werkgewer en werknemer, beskerm die LWO die werkgewer.
Die LWO het ook ‘n Boekwinkel gestig, waardeur ons arbeidsregverwante items aan lede verskaf om werkgewers by te staan om arbeid as besigheidsrisiko proaktief te bestuur.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.