COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

Alle werkgewers moet voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Hierdie wet vereis dat werkgewers so ver as wat redelikerwys doenbaar is ‘n werksomgewing moet verskaf en in stand hou wat veilig en sonder risiko is vir die gesondheid van werknemers, kliënte, lede, besoekers, kontrakteurs, ensovoorts wat direk deur hul aktiwiteite geraak kan word, of wat die werksplek betree.

Buiten hierdie algemene verpligting is daar addisionele regulasies in terme van COVID-19 gepubliseer wat nagekom moet word. Elke werksplek is uniek met verwysing na onder andere spasie, aktiwiteite, werkswyses, tipes interaksie, ensovoorts. Alhoewel COVID-19 regulasies wetlik afgedwing word, is dit ‘n goeie idee om ‘n COVID-19 beleid en prosedure in die werksplek te implementeer om duidelikheid te skep van die vereiste gedrag, asook die gevolge in gevalle van nie-nakoming. Ten einde dissipline in die werksplek te kan toepas, moet die werkgewer duidelike reëls implementeer en ook kan bewys dat werknemers bewus is van die reëls asook die gevolge indien hierdie reëls oortree sou word.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat moet in die COVID-19 beleid en prosedure vervat word?

  • Beskikbaarheid en aanwending van veiligheidstoerusting
  • Daaglikse “screening” (ondersoek)
  • Hantering van gedeelde geriewe, soos kombuis, badkamer, kafeteria, ens.
  • Prosedure wanneer ander persone die perseel betree
  • Reëls met ooreenstemmende sanksies

Pasop vir hierdie slaggate

Dit is ‘n gevestigde beginsel in arbeidsreg dat ‘n oortreding van die werkgewer se gesondheids- en veiligheidsbeleide en -prosedures tot dissiplinêre stappe sal lei en die beëindiging van die werknemer se diens kan regverdig. Pas dissipline toe in lyn met die dissiplinêre kode, maar pasop vir dié slaggate:
  • Wees regverdig en billik
  • Tree konsekwent op
  • Volg deurlopend die korrekte prosedure
Werkgewers moet kennis neem dat indien hulle versuim om aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid te voldoen, dit kan lei tot ernstige gevolge soos boetes, tronkstraf en ‘n bevel om besigheidsaktiwiteite te staak, afhangende van die aard en erns van die oortreding.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

KVBA prosesse en wat werkgewers moet weet

KVBA prosesse en wat werkgewers moet weet

KVBA prosesse en wat werkgewers moet weet

Die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA – beter bekend in Engels as die “CCMA”), is gestig as ‘n onafhanklike, apolitiese geskilbeslegtingsliggaam ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) KVBA prosesse is daarop gemik om billike arbeidspraktyke te bevorder en arbeidsdispute in die werksplek op te los. ’n Werknemer kan ’n dispuut na die KVBA verwys op grond van ontslag, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplekveranderinge en diskriminasie. Wanneer kan die werknemer die KVBA nader?

Wanneer kan die werknemer die KVBA nader?

  • In die geval van beweerde onbillike ontslag moet die geskil binne 30 dae ná die datum van ontslag by die KVBA ingedien word.

  • Indien ‘n geskil handel oor onbillike arbeidspraktyk, moet die geskil binne 90 dae ná die onbillike gebeurtenis of binne 90 dae nadat die werknemer van die onbillike arbeidspraktyk bewus raak, ingedien word.

  • Indien die geskil met diskriminasie verband hou, moet die geskil binne ses maande by die KVBA ingedien word vir konsiliasie, en indien dit nie daar opgelos word nie, na die Arbeidshof verwys word.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wie is die LWO?

  • Konsiliasie: Dit is ‘n informele proses Dit is ‘n informele proses waar ‘n kommissaris aangestel word om binne 30 dae na die verwysing met die partye in ‘n dispuut te vergader en maniere ondersoek om die dispuut deur onderlinge ooreenkoms te skik. Aparte vergaderings tussen die kommissaris en elke party kan ook gehou word. As die saak geskik word sal ‘n skikkingsooreenkoms onderteken word en die dispuut is afgehandel.
  • Arbitrasie: Dit is ‘n verhoorproses waar die partye die geleentheid het om hulle saak te stel. Tydens die proses word mondelinge getuienis aangebied asook enige ander vorme van getuienis ter ondersteuning van ‘n party se saak. Na afhandeling sal die kommissaris binne 14 dae ‘n arbitrasiebevel uitreik. ‘n Arbitrasiebevel is bindend en gelykstaande aan ‘n hofuitspraak.
  • Konsiliasie/Arbitrasie (“Con/Arb”): Hierdie is ‘n deurlopende proses waar konsiliasie en arbitrasie direk volg na mekaar op dieselfde dag Indien versoening (skikking) nie bereik word nie, sal arbitrasie op dieselfde dag plaasvind. Beide die werkgewer en werknemer kan op dieselfde dag beswaar maak teen die voortgesette proses. Die deurlopende proses is egter verpligtend in sake rakende:
  • ontslag vir enige rede wat verband hou met ‘n proeftydperk;
  • enige onbillike arbeidspraktyk met betrekking tot ‘n proeftydperk;
  • die mislukking van enige betaling ten opsigte van die nasionale minimum loon.

Wie kan ‘n werkgewer verteenwoordig by die KVBA?

KVBA-prosesse kan intimiderend wees en dit is ‘n goeie idee om kundige advies in te win. Die enigste tye wanneer ‘n regspraktisyn, soos bv. ‘n prokureur, tydens die verrigtinge toegelaat sal word, is wanneer:
  • Die kommissaris en al die ander partye daartoe instem.

  • Die kommissaris tot die gevolgtrekking kom dat dit onredelik is om van ‘n party te verwag om die geskil sonder regsverteenwoordiging te hanteer.
As jy ‘n werkgewers is maak dit net sin om by die LWO lid te word. Kry onbeperkte toegang tot ons regsafdeling (gespesialiseerd slegs in arbeidsreg) en maak seker dat jy aan wetgewing voldoen.
Die LWO is as werkgewersorganisasie geregistreer by die Departement van Indiensneming en Arbeid en het outomaties die reg om LWO lede in forums soos die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof te verteenwoordig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

“Inspeksies” deur vals beamptes

“Inspeksies” deur vals beamptes

“Inspeksies” deur vals beamptes

Dit het onder die Departement van Indiensneming en Arbeidse aandag gekom dat mense hulself valslik voordoen as inspekteurs van hierdie Departement. In sommige gevalle word werkgewers gedwing en geïntimideer om “nuwe” plakkate aan te koop.

Maak seker jy doen die volgende gedurende ‘n inspeksie deur die Departement van Indiensneming en Arbeid:

  • Dring aan op positiewe identikasie van die persoon wat hom-/haarself voorstel as ‘n inspekteur of beampte.
  • Verifieer eers hierdie inligting voordat jy die persoon toegang tot die perseel gee.

Inspeksies – neem kennis van die volgende:

  • Geen inspekteur mag ‘n fooi vra vir die inspeksie, ondersoek, advies of enige bystand nie.
  • Die Departement van Indiensneming en Arbeid delegeer geen derde party om ‘n inspeksie namens die Departement te doen nie – geen van die Departement se magte mag dus gedelegeer word nie.
  • Geen inspekteur mag plakkate, produkte of inligting verkoop nie.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wie is die LWO?

Die LWO is ‘n werkgewersorganisasie wat geregistreer is by die Departement van Indiensneming en Arbeid. Ons hoofdoel is om werkgewers by te staan om aan arbeidswetgewing te voldoen – tipiese dienste sluit in:
  • Gratis arbeidsregoudit met aansluiting met 100% nakoming ten doel vir jou besigheid (gebaseer op jou spesifieke besigheidsindustrie en opset)
  • Gratis telefoniese arbeidsregadvies – lede word aangemoedig om in te skakel soveel keer as nodig
  • Gratis arbeidsregdokumentasie – insluitende dienskontrakte, waarskuwings, kennisgewings, beleide, prosedures, ens.
  • Bystand om reëls te implementeer in die werksplek en dissipline toe te pas – swak werksprestasie, konsultasies, waarskuwings, dissiplinêre verhore, ens.
  • Verteenwoordiging by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof – ons registrasie status by die Departement van Indiensneming en Arbeid gee ons die reg om outomaties ons lede te verteenwoordige gedurende konsiliasie/arbitrasie.
  • Bystand met herstrukturering, personeelvermindering, stakings, vakbondonderhandelinge, inspeksies, ens.
  • Enige iets arbeidsregverwant tussen die werkgewer en werknemer, beskerm die LWO die werkgewer.
Die LWO het ook ‘n Boekwinkel gestig, waardeur ons arbeidsregverwante items aan lede verskaf om werkgewers by te staan om arbeid as besigheidsrisiko proaktief te bestuur.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

3 Tipes arbeidsinspeksies

3 Tipes arbeidsinspeksies

3 Tipes arbeidsinspeksies

Suid-Afrikaanse arbeidswetgewing is uitgebreid en ononderhandelbaar. Baie werkgewers doen besigheid eerlikwaar onder die indruk dat hulle aan arbeidswetgewing voldoen, terwyl dit in werklikheid nie die geval is nie. Nie-voldoening kan ‘n ernstige finansiële impak hê, wat jou besigheid onnodig op risiko plaas.

Die Departement van Indiensneming en Arbeid het die gesag om arbeidswetgewing af te dwing en gereelde inspeksies van die werksplek uit te voer om seker te maak dat werkgewers aan wetgewing voldoen. Daar is drie tipes arbeidsinspeksies waarvan elkeen fokus op ‘n verskillende stel wetgewing en voldoening daaraan, insluitende die:

  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes (insluitende Sektorale Vasstellings en Hoof Bedingingsraadooreenkomste);
  • Wet op Billike Werksgeleenthede; en
  • Wet op Beroepsgesondheid en –veiligheid.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Daar is drie tipes arbeidsinspeksies waarvan elkeen fokus op ‘n verskillende stel wetgewing en voldoening daaraan, insluitende die:

Werkgewers moet daarop let om te onderskei tussen hierdie tipes inspeksies om voldoening in geheel te verseker. Die drie tipes (afsonderlike) arbeidsinspeksies spreek die volgende aan:
  • Wet op Basiese Diensvoorwaardes:

    Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die werkgewer en werknemer kan ooreenkom, insluitende enige industrie spesifieke wetgewing. Die inspekteur sal die volgende ondersoek:

    • Dienskontrakte (geskrewe besonderhede van indiensname)
    • Bywoningsregister
    • Inligting rondom vergoeding – salarisstrokies/-koeverte, minimum loon, oortyd, betaalde verlof, werksure, ens.
    • WVF en COIDA registrasie en bewyse van betalings gemaak
    • Lys van alle werknemers se name ID nommers

Nie-voldoening: die inspekteur sal ‘n voldoeningsbevel (gedateer) aan die werkgewer uitreik, waarna ‘n geldelike boete of tronkstraf opgelê kan word. Gevolglik kan dit lei tot die oplegging van geldelike strawwe of selfs tronkstraf.

  • Wet op Billike Werksgeleenthede

    Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan die Wet op Billike Werksgeleenthede, wat ten doel het om onregverdige diskriminasie in die werksplek uit te skakel en gelyke geleenthede en regverdige behandeling te bevorder. “Aangewese werkgewers” is werkgewers wat aan sekere kriteria voldoen en addisionele verpligtinge het. Werkgewers moet toets of hulle as “aangewese werkgewers” geklassifiseer word ten einde te verseker dat hulle aan wetgewing voldoen.

    Nie-voldoening: ‘n “aangewese werkgewer” kan ‘n boete opgelê word vir ‘n eerste oortreding, van R1.5 miljoen of 10% van die werkgewer se jaarlikse omset (wat ook al die grootste is) en/of 10 jaar tronkstraf.

  • Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid:

    Hierdie inspeksie fokus op voldoening aan gesondheid- en veiligheidsregulasies ten einde ‘n veilige en gesonde werksplek te verseker. Die inspekteur sal die volgende ondersoek: wetgewende plakkaat, gesondheid- en veiligheidsverteenwoordiger en –komitee, toepaslike aanwysingsborde en persoonlike beskermende toerusting, ens.

Nie-voldoening: die inspekteur sal ‘n voldoeningsbevel (gedateer) aan die werkgewer uitreik en/of die besigheidsaktiwiteite tydelik tot stilstand bring, afhangende van die erns van nie-voldoening. Deurlopende nie-voldoening kan lei tot boetes, tronkstraf en moontlike strafregtelike vervolging. Baie besigheidseienaars is bekommerd oor veiligheid as gevolg van mense wat hulself valslik voordoen as inspekteurs van die Departement van Indiensneming en Arbeid ten einde toegang te verkry tot die perseel. Tydens ‘n inspeksie, is dit baie belangrik om aan te dring op positiewe identifikasie van die persoon wat homself as ‘n inspekteur voorstel en om hierdie inligting eers te verifieer voordat die persoon toegang tot die perseel verkry.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Werkgewers, wees konsekwent!

Werkgewers, wees konsekwent!

Werkgewers, wees konsekwent!

Werkgewers moet daarop let om altyd konsekwent op te tree in die werksplek en werknemers nie verskillend te hanteer sonder ‘n regverdigbare rede nie. Die werkgewer-werknemer verhouding ontstaan met indiensname. Hierdie verhouding is gebaseer op wedersydse voordele en respek en stel arbeidswetgewing streng vereistes waaraan werkgewers moet voldoen. Hierdie vereistes is nie onderhandelbaar nie en hou groot risiko in vir die werkgewer indien die diensverhouding nie in lyn met hierdie vereistes bestuur word nie.

Die werknemer is in diens vanaf die oomblik dat hy/sy diens aanvaar, ongeag hoe die verhouding aangeteken is – via ‘n mondelinge of skriftelike ooreenkoms. ‘n Skriftelike ooreenkoms (dienskontrak) skep wel duidelikheid deurdat die bepalings en voorwaardes waarop ooreengekom is, bevestig word en beskerm die werkgewer ten opsigte van die diensverhouding vorentoe. Neem kennis dat arbeidswetgewing van toepassing is op alle werkgewers en werknemers, ongeag hoe die diensverhouding aangeteken word, of die termyn daarvan.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Die mite…

Daar bestaan die mite dat vaste termyn werknemers nie onder dieselfde wetgewing, dissipline, beleide en prosedures in die werksplek hanteer hoef te word as met permanente werknemers nie. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes omskryf ‘n werknemer egter as enige iemand, buiten ‘n onafhanklike kontrakteur, wat vir iemand anders werk en wat vergoeding ontvang of daarop geregtig is om vergoeding te ontvang; en enige ander persoon wat op enige wyse help om die werkgewer se besigheid voort te sit of te bedryf.

Wees konsekwent!

Die enigste verskil tussen ‘n vaste termyn en permanente werknemer, is die termyn van indiensname. Indien die werkgewer dus permanente werknemers in diens het, maar ook gebruik maak van vaste termyn werknemers volgens operasionele vereistes, is dit krities belangrik om deurlopend konsekwent op tree ten opsigte van ALLE werknemers, met spesifieke verwysing na:

  • geleenthede
  • prosedures
  • reëls en dissipline
  • werksomstandighede en diensvoorwaardes
  • vergoeding en voordele

Die Wet op Arbeidsverhoudinge bepaal, onder andere, dat ‘n Kommissaris by die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) altyd die beginsel of ‘n reël/standaard in die werksplek konsekwent toegepas is, moet ondersoek. Indien ‘n werkgewer versuim om konsekwent op te tree met die toepassing van wetgewing, dissipline, beleide en prosedures in die werksplek nie, sal die optrede as onbillike arbeidspraktyk.

Moontlike bevele teen die werkgewer?

  • KVBA: 3-12 maande se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande se salaris en/of herindiensname

Die LWO is by die Departement van Arbeids geregistreer as ‘n werkgewersorganisasie en het outomaties die reg om ons lede te verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof. Ons het ‘n bewese baanrekord by die KVBA met ‘n suksessyfer van 99.98%! Die LWO is gestig in 1990 en staan reeds werkgewers by vir 30 jaar!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Voordele van goeie higiene in die werksplek

Voordele van goeie higiene in die werksplek

Voordele van goeie higiene in die werksplek

Die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid plaas ‘n uitdruklike verpligting op die werkgewer om ‘n veilige en gesonde werksomgewing te skep en te handhaaf. Nieteenstaande die vereiste gesondheid- en veiligheidsregulasies in terme van die COVID-19 pandemie waaraan werkgewers tans moet voldoen, is dit ongetwyfeld in belang van werkgewers om deurlopend goeie higiëne in die werksplek toe te pas.

Goeie higiëne in die werksplek dra by tot:

  • Kontinuïteit van menslike hulpbronne – wanneer ‘n werknemer siekverlof neem het dit ongetwyfeld ‘n impak op ander werknemers se werkslading. Die werkgewer het nie noodwendig spaar kapasiteit om aan te wend in sulke gevalle nie en plaas dit druk op die werkgewer se besigheidsaktiwiteite.

  • Besparing van kostes deurdat minder siekverlof geneem word – die werknemer is geregtig op betaalde siekverlof wanneer hy/sy onbevoeg is om te werk as gevolg van ‘n mediese toestand. Wanneer afwesigheid verminder word, is daar ‘n definitiewe besparing vir die werkgewer.

  • Verhoogde produktiwiteit deur “presenteeism” teen te werk – die term “presenteeism” verwys na wanneer werknemers opdaag vir werk terwyl hulle siek is en dit lei tot produktiwiteitsverlies, die maak van foute, ensovoorts.

Elke werksplek is uniek. Alhoewel sommige besighede in die algemeen strenger higiëne maatreëls moet toepas in terme van die diens of produk wat hulle lewer, is goeie higiëne in enige werksplek tot voordeel van die werkgewer.

Nog nie ‘n LWO-lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wees proaktief en doen die volgende om die verspreiding van aansteeklike siektes/virusse in die werksplek te beperk:

  • Skep bewustheid onder werknemers van die voordele van goeie higiëne.
  • Kweek goeie gewoontes ten opsigte van goeie higiëne – bou voort op die COVID-19 regulasies met spesifieke verwysing na gereelde handewas.
  • Maak dit maklik vir werknemers om goeie higiëne in die werksplek toe te pas deur handewasstasies en/of sanitiseerderhouers in die werksplek te installeer.

Die LWO verskaf deur ons Bookshop the LWO Boekwinkel ook arbeidsreg verwante toerusting aan lede om die werkgewer te help om arbeid as ‘n besigheidsrisiko proaktief te bestuur. Kontak John Wright vir meer inligting by john@lwo.co.za of kyk hierna die verskeie produkte wat ons bied. hier.

Een van ons nuut toegevoegde produkte is ‘n muurgemonteerde sanitiseerderhouer om vloeibare sanitiseerder uit te meet.. Die “top up” sanitiseerderhouer word maklik gemonteer en werk met enige vloeibare handsanitiseerder. ‘n Bewese effektiewe en eenvoudige wyse om goeie handhigiëne te bevorder in die werksplek en aan COVID-19 regulasieste voldoen.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.