Tydelike afleggings: hoe en wanneer?

Tydelike afleggings: hoe en wanneer?

Tydelike afleggings: hoe en wanneer?

Tydelike afleggings: Omstandighede buite die werkgewer se beheer, soos die COVID-19 pandemie, kan bydra tot die skep van ‘n uitdagende omgewing waar die werkgewer moeilike besluite moet neem ten einde besigheid volhoubaar te kan aanhou bedryf. Wanneer sulke onvoorsiene omstandighede lei daartoe dat die besigheidsaktiwiteite tot ‘n stilstand kom en ‘n gevolglike verlies aan inkomste, het die werkgewer steeds ‘n verpligting teenoor werknemers. Die werkgewer kan dan tydelike afleggings oorweeg waar die werknemers tydelik afgelê word weens operasionele vereistes.
Ons beveel sterk aan dat werkgewers proaktief optree en ‘n klousule in die dienskontrak insluit waar die werknemer toestem hiertoe, sodat in ‘n geval van onvoorsiene omstandighede buite die werkgewer se beheer, die werkgewer in die posisie is om vinnig te kan optree. Indien so ‘n klousule nie deel vorm van die dienskontrak nie, moet daar ooreengekom word tussen die werkgewer en werknemer dat tydelike afleggings geïmplementeer kan word.

Hoe werk dit?

Gedurende ‘n tydelike afleggingsperiode, sal die werknemer nie aanmeld vir diens nie en geen vergoeding betaal word vir hierdie periode nie. Dit is belangrik om te verstaan dat die werknemer nie ontlsaan is nie. Die werknemer sal egter geregtig wees daarop om voordele te eis vanaf die Werkloosheidsversekeringsfonds (WVF) nadat die werkgewer die werknemer behulpsaam was om die nodige dokumentasie te voltooi.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wanneer kan die werkgewer dit implementeer?

Voorbeelde van onvoorsiene omstandighede buite die werkgewer se beheer sluit in:
  • ‘n kliënt versuim om te betaal vir werk gedoen;
  • ‘n kliënt versuim om bestellings af te lewer;
  • ontvangs/aflewering van bestellings is vertraag;
  • in die geval van ‘n kragonderbreking(s) wat produksie tot stilstand bring;
  • weeromstandighede wat besigheid negatief beïnvloed;
  • of enige ander geval wat buite die werkgewer se beheer is, insluitende die COVID-19 pandemie, ens.

Maak seker die korrekte prosedure word gevolg

  • Die werkgewer moet ‘n kennisgewing om te konsulteer opstel waarin die besprekingspunte gelys word, sodat die werknemers vir die vergadering kan voorberei.
  • Reik die kennisgewing om te konsulteer uit aan werknemers en maak seker dat hulle ontvangs daarvan skriftelik erken.
  • Indien daar ‘n vakbond betrokke is in die werksplek, moet die kennisgewing om te konsulteer ook aan hulle gestuur word.
  • Hou ‘n bywoningsregister asook notule.
  • Bespreek die punte soos gelys op die kennisgewing tydens die vergadering.
  • Gee die werknemers die geleentheid om alternatiewe tot die tydelike afleggings te verskaf.
  • Rapporteer terug ten opsigte van die werknemers se voorstelle.

Voordele van tydelike afleggings

Tydelike afleggings hou definitiewe voordele in vir beide die werkgewer en werknemer.

Werkgewer voordele:

  • “Geen werk geen betaling” beginsel sal geld.
  • Aangesien dit slegs tydelik is, is dit nie nodig vir die werkgewer om drastiese stappe te neem om die besigheid te likwideer nie.

Werknemer voordele:

  • Die werknemer is nie ontslaan nie en is steeds in diens.
  • Die werknemer mag eis vir WVF.

Is daar ‘n tydsbeperking op tydelike afleggings?

Tydelike afleggings kan nie vir ‘n onbepaalde tyd geïmplementeer word nie. Die tydsperiode moet billik en regverdig wees. Indien dit blyk dat onstandighede onveranderd bly, sal die werkgewer moontlik personeelvermindering moet oorweeg.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Indiensname – begin reg

Indiensname – begin reg

Indiensname – begin reg

Elke werksplek is uniek en besigheid word bedryf met die oog op groei, winsgewendheid en sukses – kry die beginsels reg. Hierdie doelwitte kan slegs bereik word indien die werkgewer die regte werknemer aanstel. Die indiensneming verhouding is gebaseer op wedersydse respek en vertroue. Dit is uiters belangrik dat daar ‘n skriftelike dienskontrak in plek is. Die dienskontrak is die heel belangrikste dokument in die werksplek en vervat die bepalings en voorwaardes soos op ooreengekom tussen die partye en reguleer ook die verhouding. Die werkgewer moet ook seker maak dat die kontrak aan alle toepaslike arbeidswetgewing voldoen afhangende van die besigheidsindustrie.

Skriftelike diensvoorwaardes

Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes stipuleer dat werkgewers ‘n werknemer van skriftelike diensvoorwaardes moet voorsien wanneer die indiensneming in werking tree – dit moet die volgende bevat:

 

  • Werkgewer en werknemer se inligting – die werkgewer se volle name en adres, sowel as die werknemer se naam en beroep, of ‘n kort beskrywing van die werk
  • Besonderhede van indiensname – plek/ke van werk, begindatum, werksure en werksdae
  • Betalingsbesonderhede – salaris/loon of die tarief en metode waarop lone bereken word, die tarief vir oortyd, enige ander kontantbetalings, enige betalings in goedere en die waarde daarvan, die gereeldheid van betaling en enige aftrekkings
  • Verlofbesonderhede – enige verlof waarop die werknemer geregtig is
  • Kennistydperk – die kennistydperk wat vereis word om die dienskontrak te beëindig
  • Kontraktydperk van die dienskontrak – is die pos permanent van aard (vir ‘n onbepaalde tydperk)?Of is die pos tydelik van aard, vir ‘n spesifieke tydperk of vir ‘n spesifieke projek? Dit is onwettig om die verantwoordelikhede gekoppel aan permanente indiensneming deur die gebruik van ‘n vastetermynkontrak te systap.
Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wat is die doel van ‘n werknemer se proeftydperk?

Die doel van ‘n werknemer se proeftydperk is om ‘n werkgewer die geleentheid te gee om die ervaring en prestasie van die werknemer te evalueer. Dit is belangrik dat proeftydperke vooraf bepaal word. Arbeidswetgewing gee nie riglyne oor hoe lank ‘n proeftydperk moet wees nie, maar die periode moet billik wees ten opsigte van die pligte en take wat verrig moet word.

Hoe verseker ‘n werkgewer produktiwiteit in die werksplek?

Daar moet ‘n duidelike standaard in die werksplek wees in terme van kwantiteit en kwaliteit waarteen prestasie gemeet kan word. Hierdie standaard word deur die werkgewer gestel en moet duidelik gekommunikeer word aan die werknemer. Maak seker dat elke werknemer ‘n pligstaat het en dat duidelike doelwitte gekoppel word aan spesifieke take.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Wenke om die kvba te oorleef

Wenke om die kvba te oorleef

Wenke om die kvba te oorleef

Die KVBA – beter bekend in Engels as die CCMA, is gestig as ‘n onafhanklike, apolitiese geskilbeslegtingsliggaam ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV), Wet 66 van 1995. Dit is daarop gemik om billike arbeidspraktyke te bevorder en arbeidsdispute in die werksplek op te los.

‘n Werknemer kan ‘n dispuut na die KVBA verwys op grond van ontslag, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplek veranderinge en diskriminasie. Meeste sake wat na die KVBA verwys word, hou verband met onbillike ontslag. Oor die algemeen word arbitrasietoekennings ten gunste van die werknemer toegeken as gevolg van die werkgewer wat nie die korrekte prosedures gevolg het nie.
‘n Werknemer kan ‘n dispuut na die KVBA verwys op grond van ontslag, lone en werksomstandighede, onbillike arbeidspraktyke, werksplek veranderinge en diskriminasie. Meeste sake wat na die KVBA verwys word, hou verband met onbillike ontslag. Oor die algemeen word arbitrasietoekennings ten gunste van die werknemer toegeken as gevolg van die werkgewer wat nie die korrekte prosedures gevolg het nie.

Wees proaktief met hierdie top wenke en verseker dat ‘n KVBA-saak nie die einde van jou besigheid beteken nie:

Implementeer duidelike reëls en riglyne in die werksplek en maak seker dat elke werknemer bewus is van hierdie reëls. Werknemers moet ‘n opgedateerde dissiplinêre kode hê. Die dissiplinêre kode hê moet oortredings lys met toepaslike sanksies, wat dan gebruik word wanneer hierdie reëls en prosedures oortree word.

Pas progressiewe dissipline toe volgens die ernstigheid van die oortreding en hou gedetaileerde rekord daarvan.

Onthou die KVBA beoordeel hoofsaaklik twee elemente wanneer ‘n werknemer ‘n dispuut verwys:

  1. Substantiewe billikheid – ‘n geldige en billike rede vir die sanksie wat toegepas is. Die werkgewer moet die volgende kan bewys op ‘n oorwig van waarskynlikheid:
    • Was daar ‘n reël in die werksplek?
    • Was die reël billik?
    • Was die reël billik?
    • Het die werknemer die reël oortree?
    • Het die werkgewer progressiewe dissipline toegepas (konsultasie en waarskuwings, volgens die oortreding)?
    • Het die werkgewer dissipline konsekwent toegepas?
    • Het die oortreding die sanksie wat toegepas is regverdig?
  2. Prosedurele billikheid – die vereiste wetlike prosedure wat gevolg moet word alvorens ‘n sanksie toegepas kan word. ‘n Werkgewer kan onder geen omstandighede, selfs met ‘n geldige rede, ‘n werknemer afdank sonder om eers ‘n dissiplinêre verhoor te hou nie. Dit verseker dat ‘n billike prosedure gevolg word. Die werkgewer moet die volgende kan bewys:
    • ‘n Dissiplinêre verhoor is gehou
    • Die werkneemr was ten minste 48uur (naweke en openbare vakansiedae uitgesluit) voor die verhoor skriftelik in kennis gestel van die verhoor ten einde te kon voorberei
    • Alle dokumentasie het al die nodige inligting soos vereis deur wetgewing bevat (kennisgewing om die verhoor by te woon en ‘n prosedurele aansoekvorm)
    • Die voorsittende beampte was kundig en onbevooroordeeld
    • Die aangeklaagde werknemer was elke geleentheid gegun om vir die saak voor te berei en sy/haar saak te verdedig
    • Verswarende en versagtende omstandighede is in ag geneem
    • Die uitkom van die verhoor is gebaseer op die feite soos voorgelê gedurende die verhoor
    • Die sanksie was toepaslik in ooreenstemming met die oortreding
    • Die verhoor en uitkoms was skriftelik deur die voorsittende beampte gerekordeer
    • Die werknemer het die uitkoms op skrif ontvang.

Arbeidsrisiko is ‘n reuse besigheidsrisiko. Om die besigheid se volhoubaarheid en winsgewendheid te verseker, moet arbeidsrisiko proaktief bestuur word. Wanneer die korrekte prosedures nie gevolg word nie, kan dit baie ernstige gevolge inhou vir die werkgewer met ‘n groot finansiële impak.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Bestuur arbeids met die oog op volhoubaarheid

Bestuur arbeids met die oog op volhoubaarheid

Bestuur arbeids met die oog op volhoubaarheid

Werkgewers moet daagliks besigheidsrisiko’s bestuur ten einde die onderneming se winsgewendheid en volhoubaarheid te verseker. Beperkende arbeidsregulasies is een van die faktore wat dit baie moeilik as dit kom by die doen van besigheid in Suid-Afrika.
Dit is ‘n moderne tendens onder besigheidseienaars om nie-kernaktiwiteite uit te kontrakteur, soos sekuriteit, finansiële dienste, vervoer, bemarking, ens. Dit plaas die werkgewer in die posisie om meer tyd aan kernaktiwiteite te kan spandeer.

Wat is die opsies?

Die oomblik wanneer daar ‘n werkgewer-werknemer verhouding ontstaan, is daar stren wetlike vereistes waaraan werkgewers moet voldoen, ongeag die aantal werknemers. Om aan hierdie vereistes te voldoen is daar hoofsaaklik ses opsies wat die werkgewer kan oorweeg.

  • Intern:
    • Werkgewer hanteer dit self
    • Werkgewer skep die kapasiteit intern deur ‘n regskundige (arbeidsreg) voltyds in diens te neem
  • UItkontrakteur na ‘n diensverskaffer:
    • Plaaslike prokureur
    • Arbeidsregkonsultant
    • Ongeregistreerde werkgewersorganisasie
    • Geregistreerde werkgewersorganisasie by die Departement van Arbeid

Werkgewers moet duidelik besef dat daar definitiewe verskille is tussen hierdie opsies wat groot implikasies kan inhou met spesifieke verwysing na koste, spesialiskennis, spektrum van dienste, infrastruktuur en beskikbaarheid, ens.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

Wanneer die werkgewer uitkontrakteer moet die volgende kreteria oorweeg word:

  • Kan die instelling werkgewers verteenwoordig by die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof?
    • Let wel dat slegs ‘n werkgewersorganisasie wat geregistreer is by die Departemnet van Arbeid verskyningsreg het by hierdie forums.
  • Spesialiseer die instelling in arbeidsreg? Het die instelling toepaslike ervaring?
  • Lewer die instelling spesialisdienste op die werkgewer se perseel?
  • Bied die instelling ‘n koste-effektiewe oplossing?
  • Buiten dissiplinêre verhore, KVBA-sake, herstrukturering en ander prosedures, hou voldoening aan arbeidsreg ‘n sterk administratiewe komponent in vir werkgewers, asook deurlopende advies om dispute in die werksplek so gou as moontlik op te los. Die instelling moet ‘n koste-effektiewe oplossing bied vir hierdie tiepes daaglikse uitdagings wat oor die algemeen gereeld voorkom in die werksplek.
  • Hoe lank bestaan die besigheid al en hoe word besigheidskontinuïteit verseker?
    • Is die werkgewer uitgelewer aan die instelling se beskikbaarheid en operasionele werking, of kan die instelling bystand en dienslewering waarborg volgens die werkgewer se behoefte?
  • Dryf werkgewers se behoeftes op die grondvlak die instelling ten opsigte van dienslewering?
  • Het die instelling ‘n proaktiewe benadering?
    • Bied die instelling hoofsaaklik bystand wanneer daar reeds ‘n dispuut ontstaan het of het die instelling ten doel om ‘n geordende werksomgewing te skep wat aan arbeidswetgewing voldoen en dispute proaktief te bestuur en waar moontlik te voorkom?

Wat kan fout gaan?

‘n Werknemer kan enige tyd ‘n dispuut in die werksplek na die KVBA verwys vir bemiddeling. Die oorgrote meerderheid van sake wat in die werknemer se guns bevind word, is as gevolg van die werkgewer wat nie die korrekte prosedure gevolg het nie. Dit het natuurlik groot finalsiële implkasies vir die werkgewer. Moontlike bevele by die KVBA teen die werkgewer beloop tipies 3-12 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname. By die Arbeidshof beloop dit 3-24 maande van die werknemer se werknemer se salaris en/of herindiensname. Werkgewers kan ook ernstige boetes en self tronstraf opgelê word deur die Departement van Arbeid in gevalle waar die werkgewer nie aan arbeidswetgewing voldoen nie.

Daar is hoofsaaklik drie tipes insidente waardeur dit bekend word dat die werkgewer nie sy onderneming in lyn met arbeidswetgewing bestuur nie. Hierdie insidente is gewoonlik buite die werkgewer se beheer en sluit in:

  • Inspeksies deur die Departement van Arbeid;
  • ‘n Besering aan diens;
  • ‘n Werknemer wat ‘n dispuut na die KVBA of Departement van Arbeid verwys.

Dit is duidelik dat die werkgewer eerder proaktief ‘n oplossing moet vind en verseker dat hy deurlopend aan arbeidswetgewing voldoen ten einde sy besigheid en regte as werkgewer te beskerm.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Weiering om gewysigde diensvoorwaardes te aanvaar

Weiering om gewysigde diensvoorwaardes te aanvaar

Weiering om gewysigde diensvoorwaardes te aanvaar

Ontslag in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge is onder andere outomaties onbilik indien die werkgewer die werknemer ontslaag weens:

  • die werknemer se uitoefening van sy reg op vryheid van assosiasie, of
  • die werknemer se weiering om ‘n eis van gemeenskaplike belang tussen die werknemer en die werkgewer te aanvaar. ‘n Wysiging van ‘n werknemer se diensvoorwaardes sal kwalifiseer as ‘n eis van gemeenskaplike belang deur die werkgewer.

Wysigings aan diensvoorwaardes word dikwels vereis as gevolg van ‘n verandering in die werkgewer se operasionele vereistes. Wanneer die diensverhouding egter beëindig word as gevolg van hierdie operasionele vereistes, moet dit voorafgegaan word deur ‘n personeelverminderingsprosedure.

Personeelvermindering is ‘n geen fout-ontslag aangesien die werknemer niks verkeerd gedoen het nie en die ontslag in ooreenstemming is met die operasionele vereistes. Tydens die personeelverminderingsproses is dit die werkgewer en die werknemer se verpligting om alle alternatiewe te oorweeg wat moontlike ontslag van die werknemers kan verhoed.

Wat moet werkgewers weet?

Indien die wysiging van die diensvoorwaardes ‘n billike en sinville alternatief is om werknemers se ontslag te voorkom, moet die werkgewer en werknemer hierdie herstrukturering en wysiging van diensvoorwaardes oorweeg. Indien die billike en sinvolle alternatief verwerp word deur die werknemer, het die werkgewer die reg om weens die operasionele vereistes die herstrukturering en wysiging van diensvoorwaardes te implementeer.

Enige werknemer wat daarna die gewysigde diensvoorwaardes verwerp kan ontslaan word weens operasionele vereistes van die werkgewer. Die ontslag sal dus nie geklassifiseer kan word onder outomatiese onbillike ontslag nie, maar as ‘n ontslag weens operasionele vereistes. Die werkgewer moet kan bewys dat daar ‘n werklike operasionele behoefte bestaan het om diensvoorwaardes te wysig en dat daar geen redelike alternatief tot ontslag is nie. Dit is krities dat die werkgewer ook kan bewys dat ‘n billike konsultasie proses gevolg is.

Kontak die LWO vir bystand met die proses. Ons maak arbeidsreg maklik en eenvoudig.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Dissiplinêre verhoor – hoe om voor te berei

Dissiplinêre verhoor – hoe om voor te berei

Dissiplinêre verhoor – hoe om voor te berei

Voorbereiding vir ‘n dissiplinêre verhoor is baie belangrik. Werkgewers moet daarop fokus om deeglik voor te berei vir alle dissiplinêre verhore.

Hou die volgende in gedagte wanneer jy voorberei vir ‘n dissiplinêre verhoor:

  • Maak seker dat aantygings nie kwaadwillig gebring word nie en dat daar genoegsame bewyse is om elke bewering te staaf.
  • Ondersoekal die omringende omstandighede tot die aantygings.
  • Assesseer die omstandighede wat aanleiding gegee het tot die wangedrag en die omringende omstandighede daartoe.
  • Evalueerof die bewyse voldoende is om die werknemer se skuld te bewys.
  • Formuleer die klagtes en maak seker dat dit die korrekte feite bevat.
  • Stel ‘n bekwame verteenwoordiger (LWO) aan om die saak namens die werkgewer aan te voer, indien nodig.
  • ‘n Onpartydige voorsittende beampte moet aangewys word om op te tree as voorsitter tydens die verhoor.
  • Besluit op bewyse en/of getuies om tydens die verhoor te gebruik en orden dit chronologies. Bewyse kan die volgende insluit: dokumentasie, foto’s beeldmateriaal, persoonlike getuienis, ens.
  • Antisipeer moontlike verweerwat die werknemer kan aanvoer tydens die verhoor en berei vrae voor om die werknemer te kruisondervra.
  • Berei slotbetoë voor waarin die bewyse opgesom word, asook geargumenteer word waarom die werknemer skuldig is aan die aantygings.

Kontak die LWO vir bystand met die proses. Ons maak arbeidsreg maklik en eenvoudig.

Nog nie ‘n LWO lid nie?
Kyk gerus na ons lidmaatskappakkette.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.