Konsiliasie arbitrasie slaggate

Konsiliasie arbitrasie slaggate

Konsiliasie arbitrasie slaggate

Wanneer die diensverhouding beëindig word en die werknemer van mening is dat hy/sy onbillik ontslaan is, kan die werknemer die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nader. Die saak sal eerste vir konsiliasie geplaas word en indien die saak nie geskik kan word nie, verwys word vir arbitrasie.

Wat is konsiliasie (versoening)?

Dit is ‘n informele proses waar ‘n kommissaris aangestel word om binne 30 dae na die verwysing met die partye tot die dispuut te vergader en maniere ondersoek om die dispuut deur onderlinge ooreenkoms te skik. Aparte vergaderings tussen die kommissaris en elke party kan ook gehou word. As die saak geskik word sal ‘n skikkingsooreenkoms onderteken word en die dispuut is afgehandel. Indien enige party die ooreenkoms verbreek mag die benadeelde party by die Arbeidshof aansoek doen om die ooreenkoms ‘n hofbevel te maak.

Oppas vir die slaggat:

Een van die grootste slaggate waarin werkgewers kan trap, is om nie ‘n konsiliasie by te woon nie. Een van die grootste slaggate waarin werkgewers kan trap, is om nie ‘n konsiliasie by te woon nie. Die saak sal dan vir arbitrasie verwys word. Dis belangrik om te onthou dat wanneer ‘n saak egter vir Con/Arb geplaas word en daar nie kapsie teen Con/Arb gemaak is nie, die kommissaris dadelik met arbitrasie kan voortgaan in die afwesigheid van die werkgewer en die werkgewer ‘n arbitrasiebevel in die gesig sal staar.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat is arbitrasie?

Dit is ‘n verhoorproses waar die partye die geleentheid het om hulle saak te stel. Tydens die proses word mondelinge getuienis aangebied asook enige ander vorme van getuienis ter ondersteuning van ‘n party se saak. Na afhandeling sal die kommissaris binne 14 dae ‘n arbitrasiebevel uitreik. ‘n Arbitrasiebevel is bindend en gelykstaande aan ‘n hofuitspraak. ‘n Bevel kan wees dat die saak van die hand gewys word of dat die werkgewer kompensasie moet betaal.

Oppas vir die slaggat:

Een van die grootste slaggate is om nie op te daag vir die arbitrasie nie. Indien die werkgewer nie vir arbitrasie opdaag nie, sal die proses in sy afwesigheid voortgaan. Die uiteinde is dat die KVBA in die guns van die werknemer sal beslis aangesien daar geen feite namens die werkgewer aangebied was nie. ‘n Verdere fout is om nie deeglik voor te berei nie – elke saak is so goed soos sy feite en getuienis. Konsulteer behoorlik met jou LWO-verteenwoordiger, berei getuies voor vir ondervraging en maak seker alle dokumentêre bewysstukke is volledig vervat in die bundel.

Moontlike bevele teen die werkgewer:

  • KVBA: 3-12 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname

(Die salaris word bepaal ooreenkomstig met die salaris soos op die datum van ontslag.)

KVBA-prosesse kan intimiderend wees en dit is ‘n goeie idee om kundige advies in te win. KVBA-prosesse kan intimiderend wees en is dit ‘n goeie idee om kundige advies te bekom. ‘n Werkgewer kan deur enige werknemer/direkteur van die onderneming, of deur ‘n ampsdraer/amptenaar van ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie (soos die LWO) verteenwoordig word.
Werknemers mag verteenwoordig word deur ‘n medewerknemer of ‘n vakbond. Prokureurs het nie verskyningsreg in die KVBA nie. Die enigste tye wanneer ‘n regspraktisyn, soos bv. ‘n prokureur, tydens die verrigtinge toegelaat sal word, is slegs met arbitrasie wanneer:
  • Die kommissaris en al die ander partye daartoe instem.
  • Die kommissaris tot die gevolgtrekking kom dat dit onredelik is om van ‘n party te verwag om die geskil sonder regsverteenwoordiging te hanteer.
  • Indien ‘n party van ‘n prokureur wil gebruik maak, moet die applikant ingevolge reël 25 van die KVBA-reëls, ‘n aansoek vir regsverteenwoordiging bring.
Die LWO is as werkgewersorganisasie geregistreer by die Departement van Indiensneming en Arbeid en het outomaties die reg om LWO lede in forums soos die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof te verteenwoordig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Die werkgewer en die werknemer se pligte

Die werkgewer en die werknemer se pligte

Die werkgewer en die werknemer se pligte

Die werkgewer-werknemer verhouding is tweesydig waar beide partye voordeel trek, maar ook verpligtinge het. Die kern van die verhouding bepaal dat die werknemer sekere take voltooi of dienste aan die werkgewer lewer, en dan in ruil daarvoor vergoeding ontvang.

Ingevolge arbeidswetgewing het die werkgewer ‘n verpligting om:

  • ‘n veilige werksomgewing te skep en te handhaaf:
    Elke werkgewer sal, sover dit redelikerwys moontlik is, ‘n werksomgewing voorsien en in stand hou wat veilig is en sonder risiko vir die gesondheid van werknemers. Alle werknemers moet bewus wees van en die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid verstaan. Die werkgewer se plig om ‘n veilige werksomgewing te verseker kan ook die verpligting insluit om die werknemer te beskerm teen enige vorm van teistering. Die Wet op Vergoeding vir Beroepsbeserings en -siektes verplig werkgewers om by die Vergoedingskommissaris te registreer en gelde oor te betaal volgens ‘n jaarlikse aanslag.

  • die werknemer regverdig te behandel:
    Hierdie plig is deur die Grondwet vasgestel met die reg tot regverdige arbeidspraktyke. Wetgewing soos die Wet op Arbeidsverhoudinge en die Wet op Billike Werksgeleenthede beskerm werknemers teen onregverdige diskriminasie. Verder is dit ‘n verpligting om elke werknemer met waardigheid en respek te behandel ten einde ‘n goeie verhouding te handhaaf.

  • die werknemer te vergoed
    Hierdie verpligting is die primêre verpligting van die werkgewer, waar ‘n werknemer dienste gelewer het.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Ingevolge arbeidswetgewing het die werknemer ‘n verpligting om:

  • ‘n veilige werksomgewing te verseker
    Werknemers het die verantwoordelikheid om vir hulle eie gesondheid en veiligheid te sorg, beleide en prosedures na te kom, voorgeskrewe persoonlike beskermende toerusting te gebruik waar nodig, potensiële gevaar aan te meld en enige voorval wat potensiële gevaar inhou so gou moontlik te rapporteer.

  • dienste te lewer aan die werkgewer
    Die hoofdoel van die werknemer is om sy/haar dienste tot die werkgewer se beskikking te stel. Dit is ook die werknemer se verantwoordelikheid om stiptelik aan te meld vir diens. Met die aanvaarding van ‘n dienskontrak, waarborg die werknemer om die werk met die nodige vaardigheid en deeglikheid te doen. Sou ’n persoon dus oneerlik oor sy/haar vaardighede of kwalifikasies wees, kan hierdie as growwe wangedrag gesien word en kan dit tot ’n ontslag lei na afloop van ’n dissiplinêre verhoor.
  • redelike en wettige instruksies uit te voer
    The employee is under the control of the employer. Die werknemer is onder die beheer van die werkgewer. Dit sal neerkom op ’n ernstige oortreding en as growwe insubordinasie beskou word indien ’n instruksie geweier word. ’n Instruksie moet redelik wees en binne die trefwydte van die werknemer se pligte.
  • na die werkgewer se beste belange om te sien:
    Die diensverhouding is gebaseer op vertroue en die werknemer het ‘n fidusiêre verpligting om altyd in goeie trou op te tree, lojaal te wees en om die werkgewer se beste belange op die hart te dra. Dit sluit ook die werknemer se plig in om enige oneerlike optrede van medewerkers aan te meld. Wanneer ‘n werknemer nie aan ‘n misdryf skuldig is nie, maar bewus was van die wangedrag en dit nie by die werkgewer aangemeld het nie, het die werknemer die vertrouensverhouding geskend en kan die werkgewer dissiplinêre stappe teen so ‘n werknemer neem.

Die dienskontrak reguleer beide partye se gedrag en is dit belangrik dat beide die werkgewer én werknemer hul verpligtinge nakom.

Voordele van ‘n geen-aantekening-polis:

  • Dit weerhou werknemers daarvan om gesprekke op te neem
  • Dit moedig vertroue en openhartige gesprek aan
  • Indien kennis van die opname eers plaasvind nadat litigasie ‘n aanvang geneem het, kan die werkgewer moontlik die na-verkryde bewyse gebruik om sy blootstelling te stuit vanaf die punt toe die verbreking van die maatskappybeleid ontbloot is.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Wanneer ‘n werknemer besluit om te bedank, beëindig die werknemer die dienskontrak en -verhouding vrywillig. Die werknemer se besluit om te bedank is ‘n eensydige handeling en die werkgewer het geen verpligting om die bedanking formeel te aanvaar sodat dit effektief kan wees nie. Die werkgewer kan nie die werknemer se bedanking weier of ontken nie, maar kan wel die werknemer aanspreeklik hou vir die kennistydperk.
Die duur van die kennistydperk sal afhang van wat arbeidswetgewing vir die spesifieke industrie voorskryf, maar die Wet op Basiese Diensvoorwaardes (Wet 75 van 1997) vereis:
  • een week kennis indien die werknemer vir ses maande of minder in diens was;
  • twee weke kennis indien die werknemer langer as ses maande maar minder as 12 maande in diens was;
  • vier weke kennis indien die werknemer vir meer as 12 maande in diens was.
Artikel 37(4)(a) van die Wet op Basiese Diensvoorwaardes stipuleer dat ‘n bedanking skriftelik moet plaasvind tensy ‘n werknemer ongeletterd is. Sakereg dui aan dat onder sekere omstandighede kan ‘n mondelingse bedanking deur ‘n werknemer geldig wees, mits die werkgewer duidelik kan bewys dat die werknemer se optrede ondubbelsinnig en duidelik die bedoeling toon om diens te beëindig. In praktyk kan dit egter probleme veroorsaak indien ‘n werknemer mondelings bedank omdat dit dikwels moeilik is om te bewys dat ‘n werknemer bedank het. In sulke gevalle is dit belangrik dat die werkgewer die werknemer se gedrag skriftelik dokumenteer en die werknemer formeel inlig dat die bedanking aanvaar word as vrywillig.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die bedanking

‘n Werknemer kan die diensverhouding om verskeie redes beëindig, insluitend ‘n nuwe werksgeleentheid, werksontevredenheid, om die ondersoek van ‘n dissiplinêre verhoor te vermy, of ‘n emosionele besluit in die hitte van die oomblik. Dit is belangrik om met die werknemer te ontmoet en die redes vir die bedanking en enige onderliggende probleme of toestande te bespreek. Indien die werkgewer vermoed dat die bedanking of die omstandighede daarvan verdag is, laat ‘n afkoelperiode toe om ‘n moontlike verwysing van konstruktiewe ontslag of selfs onbillike arbeidspraktyk te vermy.

Kan die werknemer die bedanking terugtrek?

Kortom: nee. Die werknemer het nie die reg om ‘n eensydiglik sy/haar bedanking terug te trek nie. Die werknemer moet eerder die werkgewer so gou moontlik nader en die moontlikheid daarvan om die bedanking terug te trek te bespreek.

Wat is die werkgewer se opsies?

Die werkgewer het nou ‘n keuse om óf die terugtrekking te aanvaar óf nie. Maak seker dat enige onderliggende probleme of toestande rakende die bedanking in ag geneem word.

Eerstens kan die werkgewer die werknemer by die bedanking hou en weier om die versoek om dit terug te trek te aanvaar. Die werkgewer kan steeds die kennistydperk afdwing.

Tweedens kan die werkgewer instem om die werknemer se terugtrek van bedanking te aanvaar. Dit is nie nodig om ‘n nuwe dienskontrak te implementeer nie aangesien daar geen onderbreking in die dienstydperk was nie. Die diensverhouding sal voortgaan soos voorheen. Neem kennis dat die bepalings en voorwaardes van diens nie eensydig gewysig kan word nie. Enige veranderinge moet tussen die partye onderhandel word en onderling ooreengekom word op, waarna dit skriftelik vervat moet word en deur beide partye onderteken word.

Kontak die LWO by 086 110 1828 met enige arbeidsregnavraag – ons is 24/7 beskikbaar. Lede kan ook ‘n e-pos stuur na info@lwo.co.za vir bystand en ondersteuning.

Vrywaring: Neem kennis dat die inligting en materiaal wat gepubliseer word, nie regsadvies is nie, maar vir algemene inligtingsdoeleindes. Ons aanvaar geen verantwoordelikheid vir enige verlies of skade, hetsy direk of gevolglik, wat mag voortspruit uit die vertroue op die inligting op hierdie platform nie. Vir regsadvies, raadpleeg asseblief een van ons regsadviseurs oor enige spesifieke regsprobleem of aangeleentheid.

Voordele van ‘n geen-aantekening-polis:

  • Dit weerhou werknemers daarvan om gesprekke op te neem
  • Dit moedig vertroue en openhartige gesprek aan
  • Indien kennis van die opname eers plaasvind nadat litigasie ‘n aanvang geneem het, kan die werkgewer moontlik die na-verkryde bewyse gebruik om sy blootstelling te stuit vanaf die punt toe die verbreking van die maatskappybeleid ontbloot is.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

“Die groot bedanking”

“Die groot bedanking”

“Die groot bedanking”

‘Die Groot Bedanking’ is ’n wêreldwye tendens of neiging waar werknemers in die afgelope twee jaar hul werk bedank, op soek na meer vervullende en doelgerigte werk met beter betaling en voordele.
Die pandemie het drastiese werksveraderinge tot gevolg gehad waar werknemers faktore wat belangrik is in die werksplek heroorweeg, asook hul verwagtinge ten opsigte van ‘n werkgewer. Werknemers kyk met nuwe oë na hul loopbane, werksomstandighede en langtermyndoelwitte. Hierdie tendens blyk of dit beperk sal wees tot meer gesofistikeerde beroepe of nis-velde van spesialisasie. Die lae besoldigde werkersklas sal nie sommer bedank nie omdat daar nie altyd ’n alternatief vir hulle bestaan nie.

Volgens die McKinsey-meningsopname (onderneem in die VSA) is 40 persent van werknemers moontlik waarskynlik om hul werk in die volgende drie tot ses maande verlaat. Is Suid-Afrika in dieselfde bootjie wat hierdie werksuittog betref?

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

How companies can turn the Great Resignation into the Great Attraction | McKinsey

Suid-Afrika is ’n ontwikkelende land met ‘n werkloosheidsyfer van ongeveer 35% waar werk skaars is en kan ons nie ’n grootskaalse werksuittog bekostig nie. Daar is egter ’n kans dat hierdie tendens nie so groot in Suid-Afrika sal wees soos in ontwikkelde lande nie, maar wag ons op statistieke in die verband.

Hoofredes waarom werknemers groener weivelde soek

Moontlike oorsake sluit in vergoedingspakkette, byvoordele, stygende lewenskoste, langdurige werksontevredenheid, veiligheidskwessies van die COVID-19-pandemie en die begeerte om vir besighede met ‘n gevoel van eenheid en ‘n hernieude doelgerigtheid te werk.

Wat is die trekpleisters vir werknemers?

Oorweeg buigbare werksomstandighede en ontwikkelingsgeleenthede. Is dit nodig vir ’n werknemer om ten volle kantoorgebaseerd te wees of kan ‘n hibriede model geïmplementeer word? Tuiswerk is slegs ’n moontlikheid indien die werksplek dit toelaat. Wanneer die fokus skuif vanaf insette na uitsette, kan buigsame ure ook oorweeg word.

Druk op die werkgewer?

Werkgewers het reeds tydens die aanvang van die pandemie geweldige druk ervaar om op ‘n winsgewende en volhoubare basis besigheid te doen. Alhoewel ‘n bedanking weer ’n geleentheid vir iemand anders skep, is daar ‘n verlies aan kundigheid en het die opleiding en oriëntering van ‘n nuwe aanstelling ‘n definitiewe finansiële impak op die besigheid.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Boetes en toekennings by die KVBA – wat kan foutgaan…

Boetes en toekennings by die KVBA – wat kan foutgaan…

Boetes en toekennings by die KVBA – wat kan foutgaan…

Boetes en toekennings – Suid-Afrika se arbeidsomgewing is hoogs gereguleerd, wat dit vir werkgewers baie belangrik (en uitdagend) maak om op ‘n deurlopende basis aan arbeidswetgewing te voldoen. Nie-nakoming hou ‘n ernstige besigheidsrisiko vir enige werkgewer in met ‘n moontlike groot finansiële impak wat verhoed kon word.

Boetes en toekennings

Die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) gee die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) die mag om stappe te neem teen werkgewers wat ‘n onbillike arbeidspraktyk pleeg of ‘n werknemer onbillik ontslaan. Sodra die applikant ‘n dispuut na die KVBA verwys het, sal dit vir versoening neergelê word en ‘n kommissaris sal aangestel word om die dispuut te bereg. Indien versoening misluk, sal die saak vir arbitrasie uiteengesit word. Sodra die arbitrasieverhoor afgehandel is, sal die kommissaris binne 14 dae ‘n toekenning uitreik.

HET ‘N KOMENDE CCMA-SAAK?
LAAT LWO JOU HELP!

Boetes en toekennings wat ‘n werkgewer in die gesig staar kan die volgende insluit:

  • Heraanstelling:

    die werkgewer moet die werknemer terug in diens neem met terugwerkende effek tot en met die datum van ontslag. In sulke omstandighede sal die werkgewer die werknemer terugwerkend moet vergoed vir die tydperk vanaf die datum van ontslag totdat die heraanstellingstoekenning gemaak is.

  • Herindiensneming:
    die werkgewer word vereis om die werknemer terug in diens neem met ingang van die datum van die toekenning. In sommige gevalle kan dit ‘n vroeër datum wees.

  • Vergoeding:
    die KVBA kan tot 12 maande se vergoeding aan ‘n suksesvolle werknemer toeken. Een maand se vergoeding sal gelyk wees aan daardie spesifieke werknemer se maandelikse vergoeding. Indien die vergoedingsbedrag wat aan die werknemer toegeken is nie op of voor die voorgeskrewe datum betaal is nie, kan die werknemer sy/haar reg uitoefen om die toekenning af te dwing. Dit beteken dat die werknemer sal voortgaan om die toekenning ingevolge artikel 143 van die WAV te sertifiseer waarna dit afgedwing kan word asof dit ‘n bevel van die Arbeidshof is waarvoor ‘n lasbrief uitgereik is. Die werknemer kan nou ‘n balju opdrag gee om op die werkgewer se roerende eiendom beslag te lê.
Indien ‘n werkgewer versuim om die arbitrasieverrigtinge by te woon sonder ‘n geldige rede, sal die verrigtinge voortgaan in hul afwesigheid en ‘n verstektoekenning sal teen hul naam uitgereik word.
Indien daar bevind word dat dit ‘n outomatiese onbillike ontslag is (byvoorbeeld op grond van swangerskap), kan die KVBA tot 24 maande se vergoeding toeken.

Wat kan foutgaan, opeindig met bevele en toekennings?

‘n Werkgewer moet nooit enige dokumentasie wat direk van die KVBA ontvang is, of ‘n KVBA-verwysingsvorm wat van ‘n afgedankte werknemer ontvang word, ignoreer nie. Binne ‘n paar weke na ontvangs van so ‘n verwysingsvorm, sal die KVBA ‘n vasgestelde datum aan die werkgewer verskaf. Indien die werkgewer nie ‘n vasgestelde datum ontvang nie, is dit raadsaam om die KVBA te kontak om die vasgestelde datum op te volg. Die saak sal vir Con/Arb. Dit beteken dat die arbitrasie onmiddellik na die versoening sal begin. In die meeste gevalle kan die werkgewer beswaar maak teen Con/Arb, wat beteken dat die KVBA die verrigtinge sal verdeel om by afsonderlike geleenthede aangehoor te word.
KVBA-prosesse kan intimiderend wees en dit is ‘n goeie idee om kundige advies in te win. ‘n Werkgewer kan verteenwoordig word deur enige werknemer/direkteur van die besigheid, of deur ‘n beampte.

Wat neem die kommissaris in ag by die berekening van vergoeding?

Vergoeding gaan nie oor die werklike verlies wat gely is nie, maar eerder oor die aard en erns van die onreg wat gepleeg is. Die kommissaris kan diskresie uitoefen en sal altyd die volgende oorweeg:
  • Wat is regverdig en billik onder die omstandighede.
  • Was die ontslag substantief billik.
  • Was die ontslag prosedureel billik.
  • Wat is die meriete van elke saak tesame met sy eie unieke omstandighede, die verhouding van die partye en hul houding na die ontslag.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Reguleer die diensverhouding

Reguleer die diensverhouding

Reguleer die diensverhouding

Reguleer die diensverhouding – Die diensverhouding is gebaseer op gemeenskaplike voordele en respek. As ‘n besigheidseienaar moet die werkgewer altyd antisipeer wat verkeerd kan gaan met betrekking tot die diensverhouding, om vorentoe die beste geposisioneer te wees om risiko te beperk. Swak werkprestasie, konflik, wangedrag en ‘n vertrouensbreuk kan hierdie verhouding in gedrang plaas en werkgewers moet proaktiewe stappe neem om die diensverhouding te reguleer en hul regte te beskerm. Sleutelelemente om dit te doen sluit die dienskontrak en die toepas van dissipline in die werksplek in.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Reguleer: Dienskontrak

Die dienskontrak kan van onskatbare waarde vir die werkgewer wees indien dit doeltreffend gebruik word. Deur ‘n kopskuif oor dienskontrakte te maak van ‘n “administratiewe las” na “risiko-versagtende instrument” kan werkgewers oor die langtermyn baie tyd en geld bespaar.

Een van die grootste foute wat werkgewers maak is om nie ‘n skriftelike kontrak te implementeer nie, of om ‘n generiese dienskontrak te gebruik wat min beskerming bied wanneer daar ‘n dispuut is in die werksplek. ’n Geskrewe dienskontrak skep duidelikheid deurdat die diensbepalings en -voorwaardes waarop ooreengekom is bevestig word, en beskerm ook die werkgewer in terme van die diensverhouding vorentoe. Neem kennis dat arbeidswetgewing van toepassing is op alle werkgewers en werknemers, ongeag hoe die diensverhouding aangeteken is (via ‘n mondelinge of skriftelike ooreenkoms), of die termyn daarvan.

In plaas van ‘n generiese dienskontrak, moet werkgewers eerder ‘n doelontwerpte opsie implementeer wat ‘n werkgewer se spesifieke behoeftes aanspreek. ‘n Doelontwerpte dienskontrak moet die volgende blokkies merk:

  • Voldoen aan alle toepaslike arbeidswetgewing wat relevant is tot die spesifieke industrie.
  • Sluit proaktiewe klousules in om die besigheid te beskerm en risiko te beperk deur moontlike toekomstige dispute tussen die werkgewer en werknemer aan te spreek. Hierdie klousules sluit in:
    • Verwysing na beleide, prosedures en ‘n dissiplinêre kode wat die reëls en prosedures beskryf waaraan die werknemer en werkgewer moet voldoen Die dissiplinêre kode dien ook as riglyn vir die werkgewer met verwysing na toepaslike sanksies vir spesifieke oortredings. Die dissiplinêre kode verseker ook dat alle werknemers bewus is van die werksplek se reëls asook die gevolge wanneer hierdie reëls oortree word.
  • Voeg aanhangsels tot die kontrak om die besigheid vorentoe verder te beskerm. Tipiese aanhangsels sluit in:
    • Pligstaat – wat van die werknemer verwag word met betrekking tot pligte en die werkgewer se vaste operasionele standaard.

Reguleer: Dissipline in die werksplek

Dissipline in die werksplek is daarop gemik om gedrag aan te pas en te verbeter deur regstellende aksie, konsultasies en waarskuwings, eerder as om ‘n werknemer te straf of af te dank. Dit is baie belangrik dat ‘n werksplek ‘n relevante dissiplinêre kode het. Die dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is, met toepaslike sanksies, wat werknemers kan volg. Wanneer hierdie reëls oortree word, kan die werkgewer progressiewe dissipline toepas. In gevalle van ernstige wangedrag kan werkgewers direk voortgaan met ‘n dissiplinêre verhoor. Dit is uiters belangrik om altyd die korrekte prosedure te volg, aangesien die versuim om dit te doen kan lei tot ‘n KVBA-saak met ernstige gevolge en ‘n groot finansiële impak.

Deur arbeidsrisiko proaktief aan te spreek, kan die werkgewer grootliks bydra tot die besigheid se volhoubaarheid en winsgewendheid en ‘n werksomgewing met beperkte konflik, wrywing en misverstande verseker, wat weer ‘n gestruktureerde omgewing skep wat ontvanklik is vir groei.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.