Om te hersien: moet nie van die volgende vergeet nie…!
Om te hersien: moet nie van die volgende vergeet nie…!
Hersien maandeliks:
- Kommunikasie en gereelde konsultasie
Effektiewe kommunikasie is krities tot enige besigheid se sukses. it dra by tot die skep van ‘n omgewing met duidelike reëls en verwagtinge en word misverstande, ongelukkigheid en wrywing in die werksplek proaktief aangespreek. ‘n Positiewe werksomgewing is een van die faktore wat produktiwiteit kweek, wat direk impakteer op die besigheid se winsgewendheid en volhoubaarheid. Dit is belangrik dat daar ‘n platform is waarop beide die werkgewer en werknemers kan deelneem aan gesprekke, insette lewer, terugvoer verskaf, ongelukkigheid opper, ensovoorts. Kommunikasie op ‘n gereelde basis is belangrik om harmonie in die werksplek te bevorder.
- Teenwoordigheidsregister
Arbeidswetgewing vereis dat die werkgewer ‘n teenwoordigheidsregister op ‘n daaglikse basis byhou ten opsigte van elke werknemer. Tydens ‘n inspeksie van die Departement van Indiensneming en Arbeid, word hierdie register deur die inspekteur nagegaan. Maak seker dit word deeglik bygehou ten opsigte van alle ure gewerk.
Hersien jaarliks:
- Dienskontrakte
Die dienskontrak is die basis van die verhouding tussen die werkgewer en die werknemer en bevestig skriftelik die diensvoorwaardes waarop ooreengekom is. Dit is uiters belangrik dat die werkgewer die regte tipe dienskontrak (permanent of vaste termyn) implementer en seker maak dat die inhoud daarvan voldoen aan toepaslike arbeidswetgewing.
- Dissiplinêre kode, beleide en prosedures
Elke werksplek is uniek en ontstaan daar dikwels ‘n behoefte aan spesifieke reëls om orde en struktuur te verleen in die werksplek. Hersien hierdie reëls, insluitende beleide en prosedures, van tyd tot tyd om seker te maak dit is steeds relevant. Dit is belangrik dat die werksplek se dissiplinêre kode op datum is in terme van oortredings en sanksies. Progressiewe dissipline moet ook deurlopend toegepas word. Indien enige veranderinge gemaak word, is dit noodsaaklik om die werknemer daarvan in kennis te stel.
Werkgewers moet hul vinger op die pols hou. Arbeidswetgewing is ‘n spesialisveld en kundige advies is noodsaaklik om risiko te beperk. Arbeidsverhoudinge is ‘n emosionele omgewing en kan ‘n onpartydige derdeparty groot waarde toevoeg, veral met die toepas van dissipline of met prosesse soos swak werksprestasie, herstrukturering, personeelvermindering, vakbondonderhandelinge ensovoorts. LWO lidmaatskap bied aan werkgewers 24/7 kundige advies.
VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?
VIND NOU UIT.