Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Verkoop (oordrag) van besigheid en arbeidsreg

Ingevolge die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) word ’n werknemer se dienskontrak outomaties oorgedra na die nuwe werkgewer wanneer ’n besigheid as ’n lopende saak (‘going concern’) verkoop word. Enige ontslag wat verband hou met so ‘n oordrag van besigheid, sal as outomaties onbillik geag word. ‘n Werkgewer wat sy besigheid verkoop, mag ook nie die werknemers afdank indien die koper nie die werknemers in diens wil behou nie.
Soos met enige vorm van beweerde outomatiese onbillike ontslag, sal die hof eers moet vasstel dat die ontslag kousaal verband hou met die oordrag van die besigheid. Indien die werknemer ‘n prima facie saak uitmaak dat die ontslag gekoppel is aan die oordrag van die besigheid, moet die werkgewer kan bewys dat die ontslag weens ’n geldige rede of billike operasionele vereiste was. Andersins kan die ontslag outomaties onbillik wees.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat van die nuwe werkgewer?

‘n Nuwe werkgewer is geregtig daarop om sy besigheid te herstruktureer tot so ’n mate as wat hy nodig ag om die verkryging van ’n ander onderneming te akkommodeer, selfs al sou dit die aflegging van ’n oorgeplaaste werknemer behels. Sulke herstrukturering kan wel voortgaan indien daar voldoende en billike redes bestaan om ‘n “oortollige” werknemer, kort na die samesmelting van die besigheid, af te lê mits die ontslag geregverdigbaar is. Dit is ook baie belangrik dat die werkgewer die voorgeskrewe proses nougeset volg in terme van arbeidswetgewing. Die enigste manier waarop werkgewers, wat by ‘n oordrag van besigheid betrokke is, ’n potensiële outomaties onbillike ontslag kan vermy, is om ’n ooreenkoms met die werknemers of hul erkende verteenwoordigers aan te gaan, voordat die besigheid oorgedra word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Weiering teen inenting – ontslaanbare oortreding?

Weiering teen inenting – ontslaanbare oortreding?

Weiering teen inenting – ontslaanbare oortreding?

Weiering teen inenting – In ‘n onlangse arbitrasiebevel is bevind dat dit substantief billik is om ‘n werknemer te ontslaan wat gekant is teen verpligte inenting in die werksplek.

Daar is drie erkende gronde van ontslag naamlik: wangedrag, operasionele vereistes (afleggings) en onbevoegdheid:

  • Indien ‘n werkgewer dissiplinêr teenoor ‘n werknemer wil optree, moet daar ‘n oortreding van ‘n reël in die werksplek wees. Wanneer daar byvoorbeeld ‘n beleid geïmplementeer word wat werkers se gedrag reguleer, kan die werkgewer dissiplinêre stappe neem indien die werknemer nie hierdie beleid eerbiedig nie.

  • Tweedens kan ‘n werkgewer weens sy operasionele vereistes ‘n werknemer aflê indien daar geen ander alternatiewe uitweg is nie, onderhewig aan artikel 189 van die Wet op Arbeidsverhoudinge.

  • Die derde erkende grond vir ontslag is onbevoegdheid. Hier word byvoorbeeld eers gekyk of die werker elders geplaas kan word en of sy pligstaat nie dalk aangepas kan word nie.

Met verwysing na verpligte Covid 19-inentings heers daar tans spanning tussen twee stelle wetgewing: die Grondwet en die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Die werknemer het die reg om sy keuse uit te oefen oor sy liggaamlike integriteit, maar die werkgewer het weer die reg en verpligting om ‘n veilige werksomgewing te verseker vir werknemers asook besoekers.. Die werkgewer is geregtig daarop om ‘n verpligte Covid-19 inentingsbeleid te implementeer, mits dit billik is en voldoen aan die vereistes en riglyne gestel deur die Departement van Gesondheid sowel as die regering.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Indien die werknemer ontslaan word as ‘n direkte gevolg van nie-nakoming van ‘n Covid-19 inentingsbeleid, of weens die feit dat hy/sy weier om die entstof te neem, kan die werknemer ‘n onbillike arbeidspraktyk geskil na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA).

Ons almal het ‘n grondwetlike reg om keuses uit te oefen veral as dit by liggaamlike integriteit kom. Die werklike vraag is of individuele regte op liggaamlike integriteit en geloof ingeperk mag word ten gunste van openbare belang. Hierdie vraag gaan op grondwetlike bepalings beslis moet word.

Die LWO is nie voorskriftelik ten opsigte van lede se COVID-19 inentingsbeleid nie. Ons glo in billikheid en adviseer lede om binne die riglyne gestel deur arbeidswetgewing besigheid te doen, veral ten opsigte van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

bedingingsraad – wat-daarvan?

bedingingsraad – wat-daarvan?

bedingingsraad – wat-daarvan?

Arbeidswetgewing is van toepassing op alle werkgewers en werknemers. ie Wet op Basiese Diensvoorwaardes (WBDV) vervat die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname waarop die partye kan kontrakteer. Indien ‘n onderneming egter onder ‘n industrie val wat deel vorm van ‘n spesifieke Bedingingsraad se toepassingsgebied, sal die Bedingingsraad se kollektiewe ooreenkoms arbeidsverhoudinge in die industrie reguleer en is werkgewers wetlik verplig om hieraan te voldoen. Neem kennis dat sekere Bedingingsrade slegs op spesifieke streke van toepassing is. Die verpligting rus op die werkgewer om vas te stel onder watter industrie die onderneming resorteer en dan aan toepaslike wetgewing te voldoen.

Werkgewers wat binne die toepassingsgebied van ʼn geregistreerde Bedingingsraad val, se dienskontrakte moet opgestel word volgens hierdie wetgewing. Neem kennis dat die minimum bepalings en voorwaardes van indiensname soos vervat word in die Bedingingsraad se kollektiewe ooreenkoms, hoër rangeer as dié vervat in die WBDV. Indien daar enige arbeidsdispute ontstaan tussen die werknemer en werkgewer, sal ʼn Bedingingsraad jurisdiksie hê om hierdie dispute te hanteer, teenoor om die dispuut na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) te verwys.

ʼn Bedingingsraad se funksies sluit onder andere in om:

  • kollektiewe ooreenkomste te sluit en toe te pas ;
  • arbeidsdispute te voorkom en op te los;
  • ʼn fonds te stig en te administreer om geskille op te los;
  • opleiding en onderrig aan te moedig en daar te stel;
  • om pensioen-, voorsorg-, werkloosheid- en mediese fondse, asook siektebetaling, vakansiebetaling en opleidingskemas te stig en te administreer tot voordeel van een of meer van die Bedingingsraad se partye of hulle lede.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Seksuele teistering in die werksplek

Seksuele teistering in die werksplek

Seksuele teistering in die werksplek

Seksuele teistering is ‘n ernstige oortreding en word ook gesien as ‘n vorm van onbillike diskriminasie. Die Wet op Billike Werksgeleenthede (WBW) bepaal dat ‘n werkgewer die wet oortree indien hy/sy versuim om die nodige stappe te neem in gevalle van beweerde seksuele teistering. Artikel 60(3) van die WBW hou ‘n werkgewer aanspreeklik vir die onregmatige, diskriminerende gedrag van sy werkers.

Seksuele teistering word gedefinieer as “ongewenste gedrag van ‘n seksuele aard wat die regte van ‘n werknemer skend.” Hierdie gedrag sluit enige fisiese, verbale of nie-verbale seksuele optrede in wat die slagoffer ongemaklik laat voel.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Seksuele teistering skend die volgende regte van die slagoffer:

  • Die reg op ‘n werksomgewing wat vry is van seksuele teistering
  • Die reg om met respek en waardigheid hanteer te word in die werksplek
  • Die reg op gelykheid en om nie teen gediskrimineer te word as gevolg van geslag nie
Gedrag sal slegs as seksuele teistering geag word as dit ‘n seksuele ongewenste ondertoon het. Die ongewenste aard van seksuele teistering gedrag word onderskei van gedrag wat welkom en wedersyds is.

Seksuele aandag word seksuele teistering indien:

  • Die ontvanger dit duidelik gemaak het dat die gedrag nie welkom is nie
  • Die gedrag volgehou word
  • Die oortreder moes geweet het dat die gedrag as onaanvaarbaar beskou word
  • Seksuele teistering kan voorkom tussen enige geslagte, en staan onafhanklik van etniese herkoms. Die werkgewer sowel as die werknemer kan hom-/haarself daaraan skuldig maak. Selfs kontrakteurs en verskaffers spring nie verantwoordelikheid vry nie.

Werkgewers moet beleide en prosedures in plek stel om seksuele teistering die hok te slaan. Dit moet aan alle werknemers in die werksplek duidelik wees dat seksuele teistering nie geduld sal word nie, watter optrede as seksuele teistering beskou word, hoe dit gerapporteer moet word en hoe dit hanteer sal word. ’n Werknemer wat vermoedelik ’n slagoffer van seksuele teistering is, moet gerus gestel kan word dat alle gesprekke konfidensieel sal wees en met die nodige sensitiwiteit hanteer word. Benewens die feit dat dat sulke gedrag ’n slagoffer kan skade aanrig kan dit ook skade aan die reputasie van die onderneming rig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Staking – beskermd teenoor onbeskermd

Staking – beskermd teenoor onbeskermd

Staking – beskermd teenoor onbeskermd

Ingevolge die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, het elke werknemer die reg om te staak. ‘n Staking word in terme van die Wet op Arbeidsverhoudinge (WAV) gedefinieer as die gedeeltelike of volkome gesamentlike weiering om te werk, of die vertraging of belemmering van werk, deurwerknemers met die doel om ’n grief of die beslegting van ’n geskil rakende enige aangeleentheid van onderlinge belang.

Arbeidswetgewing tref onderskeid tussen ‘n beskermde staking en ‘n onbeskermde staking:

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Beskermde staking

Vir ‘n staking om as “beskermd” geag te word, stipuleer die WAV sekere bepalings en prosedures waaraan eers voldoen moet word:
  • Wetgewing vereis dat ontevrede werknemers eers die werkgewer se interne grieweprosedure moet volg om die grief te probeer oplos.

  • Indien die uitkoms van die werknemers se grief nie bevredigend is nie, moet die werknemer die saak verwys na die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Die KVBA sal daar ‘n kommissaris aanstel wat sal poog om die dispuut deur middel van versoening op te los.

  • Indien die dispuut nie opgelos kan word nie of die saak nie binne 30 dae na die verwysing van die dispuut na die KVBA bemiddel is nie, kan die kommissaris ‘n sertifikaat uitreik wat werknemers toestemming gee om met ‘n staking te begin.

  • Daar is egter steeds ‘n verpligting op die werknemers om die werkgewer van hul voorneme om te staak skriftelik in kennis te stel, welke kennis die werkgewer moet bereik minstens 48 uur voor die beoogde staking.
In Suid Afrika is dit algemene aanvaarbare praktyk dat werknemers betaal word vir die dienste wat hul lewer. Derhalwe sal die ‘geen werk – geen betaling’ beginsel geld en werkgewers hoef dus nie die werknemers te betaal wat deelneem aan die staking nie.

Onbeskermde staking

Indien ‘n staking nie aan die vereiste bepalings en prosedures in terme van die WAV voldoen nie, sal die staking as “onbeskermd” geag word. Werkgewers kan dissiplinêre stappe neem teenoor werknemers wat deelneem aan ‘n onbeskermde stakings, maar werkgewers bly steeds onderhewig aan wetgewing en moet as sulks die korrekte en regverdige prosedures volg. Om te verseker dat werkgewers so ‘n situasie reg hanteer is dit uiters belangrik dat hul van die begin af regsadvies inwin om hul risiko so ver moontlik te beperk.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

COVID-19 en dissiplinêre stappe teen werknemers

Alle werkgewers moet voldoen aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid. Hierdie wet vereis dat werkgewers so ver as wat redelikerwys doenbaar is ‘n werksomgewing moet verskaf en in stand hou wat veilig en sonder risiko is vir die gesondheid van werknemers, kliënte, lede, besoekers, kontrakteurs, ensovoorts wat direk deur hul aktiwiteite geraak kan word, of wat die werksplek betree.

Buiten hierdie algemene verpligting is daar addisionele regulasies in terme van COVID-19 gepubliseer wat nagekom moet word. Elke werksplek is uniek met verwysing na onder andere spasie, aktiwiteite, werkswyses, tipes interaksie, ensovoorts. Alhoewel COVID-19 regulasies wetlik afgedwing word, is dit ‘n goeie idee om ‘n COVID-19 beleid en prosedure in die werksplek te implementeer om duidelikheid te skep van die vereiste gedrag, asook die gevolge in gevalle van nie-nakoming. Ten einde dissipline in die werksplek te kan toepas, moet die werkgewer duidelike reëls implementeer en ook kan bewys dat werknemers bewus is van die reëls asook die gevolge indien hierdie reëls oortree sou word.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat moet in die COVID-19 beleid en prosedure vervat word?

  • Beskikbaarheid en aanwending van veiligheidstoerusting
  • Daaglikse “screening” (ondersoek)
  • Hantering van gedeelde geriewe, soos kombuis, badkamer, kafeteria, ens.
  • Prosedure wanneer ander persone die perseel betree
  • Reëls met ooreenstemmende sanksies

Pasop vir hierdie slaggate

Dit is ‘n gevestigde beginsel in arbeidsreg dat ‘n oortreding van die werkgewer se gesondheids- en veiligheidsbeleide en -prosedures tot dissiplinêre stappe sal lei en die beëindiging van die werknemer se diens kan regverdig. Pas dissipline toe in lyn met die dissiplinêre kode, maar pasop vir dié slaggate:
  • Wees regverdig en billik
  • Tree konsekwent op
  • Volg deurlopend die korrekte prosedure
Werkgewers moet kennis neem dat indien hulle versuim om aan die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid te voldoen, dit kan lei tot ernstige gevolge soos boetes, tronkstraf en ‘n bevel om besigheidsaktiwiteite te staak, afhangende van die aard en erns van die oortreding.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.