Diensverhouding – wat kan foutgaan?

Diensverhouding – wat kan foutgaan?

Diensverhouding – wat kan foutgaan?

Aan die begin van die diensverhouding ken die partye mekaar nog nie, maar is daar reeds ‘n fidusiêre verpligting in plek wat vereis dat die werknemer in goeie trou en in die beste belang van die werkgewer optree. Dit is belangrik dat die werkgewer ‘n skriftelike dienskontrak met elke werknemer implementeer op die dag wat die werknemer se diens begin. ’n Geskrewe dienskontrak skep duidelikheid deurdat die diensbepalings en -voorwaardes waarop ooreengekom is bevestig word, en beskerm ook die werkgewer in terme van die diensverhouding vorentoe. Maak seker dat jy ‘n posbeskrywing insluit wat die werknemer se pligte en die werkgewer se verwagtinge uiteensit.
Die diensverhouding is ‘n vertrouensverhouding wat gebaseer is op wedersydse voordele en respek. As ‘n besigheidseienaar moet die werkgewer altyd antisipeer wat verkeerd kan gaan met betrekking tot die diensverhouding, om vorentoe die beste geposisioneer te wees om risiko te beperk. Swak werkprestasie, konflik, wangedrag en ‘n vertrouensbreuk kan hierdie verhouding in gedrang plaas en werkgewers moet proaktiewe stappe neem om die diensverhouding te reguleer en hul regte te beskerm.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!
Die volgende kwessies kan ‘n verbrokkeling van vertroue in die diensverhouding veroorsaak:

Konflik

The workplace is a very diverse environment in terms of culture, religion, beliefs, values, political views, frames of reference, work ethic, opinions, etc. Almal sal nie altyd met mekaar oor die weg kom nie en wanneer konflik ontstaan, moet die werkgewer inspring en help om die konflik op te los voordat dit eskaleer, of meer werknemers begin raak.

Wangedrag

Wangedrag kan beskryf word as ‘n werknemer se versuim om by die reëls en beleide van die werkgewer te hou. In basiese terme is wangedrag ‘n gedragskwessie van die werknemer. Sulke gedrag is gewoonlik doelbewus of nalatig, en werknemers kan verantwoordelik gehou word vir hul dade. Wangedrag kan verskeie vorme aanneem, insluitend diefstal, bedrog, oneerlikheid, insubordinasie, afwesigheid vanaf die werk sonder toestemming, ens.
Dit is baie belangrik dat elke werksplek ‘n relevante dissiplinêre kode het. Die dissiplinêre kode is noodsaaklik om te verseker dat daar duidelike reëls in die werksplek is, met toepaslike sanksies, wat werknemers kan volg. Wanneer hierdie reëls oortree word, kan die werkgewer progressiewe dissipline toepas. In gevalle van ernstige wangedrag kan werkgewers direk voortgaan met ‘n dissiplinêre verhoor. Dit is noodsaaklik om altyd die korrekte prosedure te volg, aangesien die versuim om dit te doen kan lei tot ernstige gevolge met ‘n groot finansiële impak.

Swak werksprestasie

Swak werksprestasie verwys na die onbevoegdheid van ‘n werknemer, deurdat ‘n werknemer nie daarin slaag om die werkgewer se werkprestasiestandaarde in terme van kwaliteit en kwantiteit te bereik en te handhaaf nie. Alle dienskontrakte impliseer dat die werknemer onderneem om volgens die werkgewer se redelike, wettige en haalbare werksprestasiestandaarde te presteer. Indien die werknemer hierdie plig versuim, ten spyte van bystand om die vereiste standaard te bereik, word gesê dat die werknemer onbevoeg is, en die werkgewer het die reg om hom/haar te ontslaan onderhewig daaraan dat die korrekte prosedure gevolg word. Swak werksprestasie behels ‘n konsultasieproses waar die werknemer ingelig word van tekortkominge en dan voorsien word van opleiding en leiding ten einde die gewenste uitkoms te bereik. Die werknemer word vir ‘n redelike tydperk gemonitor en verdere opleiding en leiding aangebied soos nodig. Indien verbetering nie voldoende is nie, kan ‘n formele dissiplinêre proses volg wat tot ontslag kan lei.
Dit is belangrik om ‘n goeie en gesonde werksverhouding in stand te hou. Grense/Perke moet vanaf die begin van die diensverhouding gestel word om enige onsekerhede vorentoe te vermy. Hou die kommunikasielyne oop vir alle partye om enige kwessies wat mag opduik, aan te spreek. Werkgewers moet sorg dat hulle die korrekte prosedures volg wanneer dissiplinêre stappe geneem word, of konsultasies gehou word.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

OHSA (Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid) – basiese gedagtes

OHSA (Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid) – basiese gedagtes

OHSA (Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid) – basiese gedagtes

Basiese gedagtes oor nakoming van die Wet op Beroepsgesondheid en -veiligheid (OHSA) sluit in:

  • Om aan wetgewing te voldoen is nie onderhandelbaar nie en nie-nakoming kan die werkgewer duur te stane kom in die algemene bestuur van ‘n besigheid.
  • In ooreenstemming met wetgewing sowel as ISO 45001, kan werkgewers in hul persoonlike en besigheidshoedanigheid gedagvaar word en beide siviel en krimineel vervolg word. ‘n Skuldigbevinding kan lei tot groot boetes en selfs die sluiting van ‘n besigheid totdat dit ten volle voldoen aan die vereistes.
  • Nakoming dra by tot produktiwiteit deur werknemertevredenheid en inkoop.

Dit is belangrik dat werkgewers kundige advies en leiding kry om aan die OHSA te voldoen, veral wanneer jou besigheidsbedryf onderhewig aan bykomende regulasies is.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat is die gevare?

In terme van Artikel 8 van die OHSA, “moet elke werkgewer vasstel watter gevare vir die gesondheid of veiligheid van persone is verbonde aan enige werk wat verrig word.”

Die praktiese benadering:

  • Identifiseer die aktiwiteite wat in elke area van jou besigheid uitgevoer word Elke aktiwiteit sal veiligheidsverwante insette hê, bv. elektrisiteit, toerusting, ens.
  • Die assessering van die risiko kan gedoen word deur ‘n gradering op ‘n skaal van 1 (lae risiko) tot 5 (slegste) te gee, en die volgende punte aan te teken: erns, waarskynlikheid om te gebeur en wie aan die risiko blootgestel word.
  • Die bestuur en beheer van die risiko’s sal ‘n proses van uitskakeling, vervanging, ingenieursoplossings, administratiewe beheermaatreëls, en opleiding vereis onderhewig aan veiligheidstoerusting as die laaste uitweg.

Definisies

  • “Gevaar”: die voorwerp wat potensiële skade/besering kan veroorsaak
  • “Risiko”: wat kan gebeur as dinge verkeerd loop, bv. beserings, gesondheidsrisiko’s, ens.
“Ons fokus daarop om ons kundigheid met kliënte te deel en hulle deur die praktiese aspekte van die proses te help. Ons weet waar om te begin, watter assesserings nodig is en watter stappe geneem moet word om aan wetlike vereistes te voldoen. Die belangrikste is dat ons jou help om voldoening te handhaaf,” sê die HUB van Beehive OH&S, Leo van der Walt.

Die LWO het ‘n samewerkingsooreenkoms in plek met Beehive OH&S om LWO-lede met betrekking tot nakoming van die OHSA by te staan. Kontak Leo van der Walt vir meer inligting by 072 594 5989, info@beehiveohs.co.za ofwww.beehiveohs.co.za.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Borsvoed en die werksplek

Borsvoed en die werksplek

Borsvoed en die werksplek

Suid-Afrika se Openbare Gesondheidsbeleid bevorder en moedig moeders aan om hul babas vir ten minste die eerste ses maande van die kind se lewe te borsvoed. Die Wet op Basiese Diensvoorwaardes en sy Goeie Praktykskode, maak voorsiening dat ‘n werkgewer ‘n borsvoedende ma ten minste twee breuke per dag van minstens dertig minute elk moet toelaat om melk vir haar baba uit te melk. Hierdie breuke moet bykomend tot haar normale tee- en/of middagetebreuke gegee word. Dit is die werknemer se plig om met haar werkgewer in gesprek te tree indien sy van voorneme is om langer as ses maande te borsvoed en om reëlings te tref om borsvoeding te ondersteun.
‘n Swanger werknemer moet vroegtydig kennis gee aan haar werkgewer van haar voorneme om te borsvoed, ten einde die werkgewer die geleentheid te bied om ‘n skoon en privaat area te reël waar die werknemer melk kan uitmelk. Dit is die werknemer se plig om met haar werkgewer of bestuurder in gesprek te tree sodra sy terugkeer van kraamverlof om haar werkgewer genoeg geleentheid te gee om borsvoeding in die werksplek te akkommodeer.
BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die Goeie Praktykskode versuim egter om ‘n paar belangrike punte aan te spreek, soos of:

  • die breuke vir uitmelk betaald of onbetaald sal wees;
  • die tydperk hoe lank ‘n werkgewer die werknemer moet toelaat om hierdie breuke te neem om borsmelk uit te melk; en
  • of die werkgewer voorsiening moet maak vir die berging en verkoeling van uitgemelke borsmelk.

Dit is belangrik dat die werkgewer en werknemer op dieselfde bladsy is. Kommunikasie speel ‘n deurslaggewende rol en werkgewers moet daarop let om met werknemers oor bogenoemde te konsulteer en ooreen te kom oor die pad vorentoe. Kultuur, geslag, waardes, oortuigings, ens. van alle partye moet ook in ag geneem word in die kommunikasieproses om effektiewe kommunikasie te verseker.

Die Goeie Praktykskode dien as ‘n riglyn vir werkgewers om te volg. Deur egter ‘n ondersteunende omgewing vir borsvoedende moeders in die werksplek te skep, bevorder die werkgewer die gesondheid van werknemers en hul babas.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Konsiliasie arbitrasie slaggate

Konsiliasie arbitrasie slaggate

Konsiliasie arbitrasie slaggate

Wanneer die diensverhouding beëindig word en die werknemer van mening is dat hy/sy onbillik ontslaan is, kan die werknemer die Kommissie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA) nader. Die saak sal eerste vir konsiliasie geplaas word en indien die saak nie geskik kan word nie, verwys word vir arbitrasie.

Wat is konsiliasie (versoening)?

Dit is ‘n informele proses waar ‘n kommissaris aangestel word om binne 30 dae na die verwysing met die partye tot die dispuut te vergader en maniere ondersoek om die dispuut deur onderlinge ooreenkoms te skik. Aparte vergaderings tussen die kommissaris en elke party kan ook gehou word. As die saak geskik word sal ‘n skikkingsooreenkoms onderteken word en die dispuut is afgehandel. Indien enige party die ooreenkoms verbreek mag die benadeelde party by die Arbeidshof aansoek doen om die ooreenkoms ‘n hofbevel te maak.

Oppas vir die slaggat:

Een van die grootste slaggate waarin werkgewers kan trap, is om nie ‘n konsiliasie by te woon nie. Een van die grootste slaggate waarin werkgewers kan trap, is om nie ‘n konsiliasie by te woon nie. Die saak sal dan vir arbitrasie verwys word. Dis belangrik om te onthou dat wanneer ‘n saak egter vir Con/Arb geplaas word en daar nie kapsie teen Con/Arb gemaak is nie, die kommissaris dadelik met arbitrasie kan voortgaan in die afwesigheid van die werkgewer en die werkgewer ‘n arbitrasiebevel in die gesig sal staar.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Wat is arbitrasie?

Dit is ‘n verhoorproses waar die partye die geleentheid het om hulle saak te stel. Tydens die proses word mondelinge getuienis aangebied asook enige ander vorme van getuienis ter ondersteuning van ‘n party se saak. Na afhandeling sal die kommissaris binne 14 dae ‘n arbitrasiebevel uitreik. ‘n Arbitrasiebevel is bindend en gelykstaande aan ‘n hofuitspraak. ‘n Bevel kan wees dat die saak van die hand gewys word of dat die werkgewer kompensasie moet betaal.

Oppas vir die slaggat:

Een van die grootste slaggate is om nie op te daag vir die arbitrasie nie. Indien die werkgewer nie vir arbitrasie opdaag nie, sal die proses in sy afwesigheid voortgaan. Die uiteinde is dat die KVBA in die guns van die werknemer sal beslis aangesien daar geen feite namens die werkgewer aangebied was nie. ‘n Verdere fout is om nie deeglik voor te berei nie – elke saak is so goed soos sy feite en getuienis. Konsulteer behoorlik met jou LWO-verteenwoordiger, berei getuies voor vir ondervraging en maak seker alle dokumentêre bewysstukke is volledig vervat in die bundel.

Moontlike bevele teen die werkgewer:

  • KVBA: 3-12 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname
  • Arbeidshof: 3-24 maande van die werknemer se salaris en/of herindiensname

(Die salaris word bepaal ooreenkomstig met die salaris soos op die datum van ontslag.)

KVBA-prosesse kan intimiderend wees en dit is ‘n goeie idee om kundige advies in te win. KVBA-prosesse kan intimiderend wees en is dit ‘n goeie idee om kundige advies te bekom. ‘n Werkgewer kan deur enige werknemer/direkteur van die onderneming, of deur ‘n ampsdraer/amptenaar van ‘n geregistreerde werkgewersorganisasie (soos die LWO) verteenwoordig word.
Werknemers mag verteenwoordig word deur ‘n medewerknemer of ‘n vakbond. Prokureurs het nie verskyningsreg in die KVBA nie. Die enigste tye wanneer ‘n regspraktisyn, soos bv. ‘n prokureur, tydens die verrigtinge toegelaat sal word, is slegs met arbitrasie wanneer:
  • Die kommissaris en al die ander partye daartoe instem.
  • Die kommissaris tot die gevolgtrekking kom dat dit onredelik is om van ‘n party te verwag om die geskil sonder regsverteenwoordiging te hanteer.
  • Indien ‘n party van ‘n prokureur wil gebruik maak, moet die applikant ingevolge reël 25 van die KVBA-reëls, ‘n aansoek vir regsverteenwoordiging bring.
Die LWO is as werkgewersorganisasie geregistreer by die Departement van Indiensneming en Arbeid en het outomaties die reg om LWO lede in forums soos die KVBA, Bedingingsrade en Arbeidshof te verteenwoordig.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Geheime opnames van gesprekke in die werksplek

Geheime opnames van gesprekke in die werksplek

Geheime opnames van gesprekke in die werksplek

Werkgewers staar baie uitdagings in die gesig in die werksplek. Een hiervan wat die werkgewer in ‘n baie kwesbare posisie plaas, is wanneer ‘n werknemer geheime opnames van vergaderings of gesprekke as getuienis wil indien in ‘n onbillike ontslagdispuut by die Kom-missie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Dit is baie belangrik om te onderskei tussen of hierdie geheime opnames wettig en toegelaat is, en of dit toelaatbaar is.

RICA en geheime opnames

Artikel 4 van die Wet op die Regulering van Onderskepping van Kommunikasie en Verskaffing van Kommunikasie-verwante Inligting,70 van 2002, soos gewysig (RICA), laat die opname of ‘onderskep’ van ‘n gesprek toe waar die persoon wat die gesprek opneem, deel is van daardie gesprek. Die wet verbied egter die geheime opnames van gesprekke waar die opnemer afluister.

Alhoewel dit wettig mag wees om ‘n gesprek in die geheim op te neem, is die ware toets of die handeling om ‘n privaat gesprek in die geheim op te neem, sonder om die werkgewer in te lig dat dit gedoen word, ‘n vorm van wangedrag is, selfs al is dit wettig in terme van RICA.

Dit skep spanning tussen die reg van enige persoon om ‘n gesprek op te neem waarvan hy deel is, en die gevestigde beginsel van wedersydse vertroue tussen ‘n werknemer en werkgewer.

BESKERM JOU REGTE AS WERKGEWER
LAAT LWO JOU HELP!

Die diensverhouding gebaseer op vertroue

Aangesien die diensverhouding gebaseer is op vertroue, sal die geheime opname van die werkgewer (sonder om die werkgewer daarvan in te lig of om toestemming te vra), selfs al is dit wettig in terme van RICA, uiteindelik ‘n negatiewe impak op die vertrouens-verhouding hê. Indien daar ‘n beleid of dissiplinêre kode is wat geheime opnames in die werksplek verbied, sal die maak van sulke opnames heel waarskynlik die vertrouensverhouding benadeel. Die omstandighede waar-onder die werknemer hierdie geheime opnames gemaak het, sal bepaal of dit as wangedrag geag sal kan word.

Gevallestudie – voorbeeld van geheime opnames

In onlangse Bedingingsraadverrigtinge moes die arbiter besluit of ‘n ontslag billik is waar ‘n werknemer in die geheim onderhandelinge tussen haar en haar werkgewer opgeneem het. Tydens hierdie onderhandelinge is sensitiewe kommersiële inligting gedurende die gesprekke uitgeruil, wat nie deur die werkgewer se bestuurders oorgedra sou word sou hulle geweet het dat hul gesprekke opgeneem word nie.

In die arbitrasieverrigtinge voor ‘n MIBCO-arbiter het die werknemer aangevoer dat RICA van toepassing was en dat die opname wettig was. Die arbiter het saamgestem dat die opname wettig was, maar het bevind dat, gegewe die inhoud en aard van die onderhandelinge tussen die partye, die werknemer se optrede manipulerend en in stryd was met haar plig tot goeie trou. Die arbiter het derhalwe bevind dat haar optrede ernstige wangedrag daargestel het, wat ontslag regverdig.

Dit is dus altyd belangrik vir ‘n werk-nemer om te oorweeg wat die gevolge van hul optrede kan wees. Deur geheime opnames in die werksplek te maak, kan dalk net tot ‘n ontslag lei.

Voordele van ‘n geen-aantekening-polis:

  • Dit weerhou werknemers daarvan om gesprekke op te neem
  • Dit moedig vertroue en openhartige gesprek aan
  • Indien kennis van die opname eers plaasvind nadat litigasie ‘n aanvang geneem het, kan die werkgewer moontlik die na-verkryde bewyse gebruik om sy blootstelling te stuit vanaf die punt toe die verbreking van die maatskappybeleid ontbloot is.

VOLDOEN JOU BESIGHEID AAN ARBEIDSWETGEWING?

VIND NOU UIT.

Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen. Ons help om enige leemtes te identifiseer ten einde te verseker dat jy binne wetlike riglyne besigheid doen.

Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Kan ‘n werknemer ‘n bedanking terugtrek?

Werkgewers staar baie uitdagings in die gesig in die werksplek. Een hiervan wat die werkgewer in ‘n baie kwesbare posisie plaas, is wanneer ‘n werknemer geheime opnames van vergaderings of gesprekke as getuienis wil indien in ‘n onbillike ontslagdispuut by die Kom-missie vir Versoening, Bemiddeling en Arbitrasie (KVBA). Wanneer ‘n werknemer besluit om te bedank, beëindig die werknemer die dienskontrak en -verhouding vrywillig.